Die VSA se oud-president Jimmy Carter het werklikwaar byna vir president Thabo Mbeki te lyf gegaan, omdat Mbeki geweier het om anti-retrovirale medisyne ook vir Zoeloes beskikbaar te stel.
U het reg gelees: tydens Thabo Mbeki se bewind is Kwazulu-Natal se lae lewensverwagting deur president Mbeki se “irrasionele” beleid bepaal.
Statistiek Suid-Afrika se mees onlangse post-Mbeki sensus bewys dit. Nadat Zuma sy politieke opponent Mbeki oorwin het en self ANC-president geword het in Mbeki se plek, het lewensverwagtinge in die land die meeste in Kwazulu-Natal gestyg.
Nie net het president Zuma persoonlik sy MIV-oorwinning bekend gemaak na sy strategiese omgang met ‘n MIV-positiewe persoon nie, maar daarna het hy ook Mbeki voortydig as staatspresident vervang, en so MIV se negatiewe impak op Kwazulu-Natal so gou as moontlik die nek in geslaan met moderne medisyne.
Ons skryf oor Afrikanervolksmoord en hou rekord van plaasmoorde, maar wie in Suid-Afrika skryf oor die verskil in Kwazulu-Natal onder die Mbeki- teenoor die Zuma-bewind? Feit is, honderduisende mense in Kwazulu-Natal se lewens is medies gesien onnodig kortgeknip, en honderduisende babas het in Kwazulu-Natal het absoluut onnodig tydens Mbeki se bewind gesterf.
Daarom wou Jimmy Carter vir Thabo Mbeki te lyf gaan.
Was die intellektuele Thabo Mbeki irrasioneel wat betref moderne ARM? President Mbeki was blykbaar nie dom en bygelowig nie. Dus was hy polities. Kwazulu-Natal as ANC-provinsie was president Mbeki se politieke vyand in ons demokrasie, waar die grootste etniese taalgroep, dit is Zoeloesprekendes, volgens die stemgetalle moet regeer.
Mbeki se politieke instink, onmenslik en oneties, was op sy eie oorlewing ingestem. Vandag is Kwazulu-Natal die Zuma-ANC se sterkste magsbasis, vanwaar hulle vir ten minste 30 jaar oor Suider-Afrika wil regeer. Kwazulu-Natal het nou nie net die hoogste styging in lewensverwagting nie, maar ook die meeste ANC-lede, takke en verteenwoordigers van alle provinsies in multi-etniese en meertalige Suid-Afrika.
Zuma het eers die ekstern-aangedrewe etniese burgeroorlog in Kwazulu-Natal gestop, en nou as staatspresident ook Mbeki se beleid omgekeer, en deur middel van ARM die lewensverwagting in Kwazulu-Natal verhoog.
Die meeste witmense lag vir Jacob Zuma, en die ex-ANC-Jood Shapiro het met sy simboliese stortkop die tradisionele Zoeloe van Nkandla as dom en onnnosel gebrandmerk. Tradisionele Afrikaners weet egter van beter, en dat daar ekonomiese en politieke kompetisie tussen Suid-Afrika se etniese groepe bestaan. Dit is wetenskaplik wel so dat stort direk na seks die MIV-virus kan afwas. Ons moet dus soos Zuma wees: te midde van spot en veragting, selfs van ons eie mense, wetenskaplik en wettig ons politiek pleeg.
En alhoewel tradisionele Afrikaners tereg protesteer teen gruwelike Boere-plaasmoorde en sogenaamde etnies-staatlose Afrikaneruitwissing, weens ons eie tuimelende geboortesyfers, is dit ter wille van ons kinders se toekomstige oorlewing ook van belang dat ons ander etniese uitwissings soos die van tradisionele Zoeloes onder Mbeki-Brittanje se bewind raaksien, en die politieke belang daarvan ook erken, net soos met die aanslag teen tradisionele Afrikaners.
Bogenoemde kan slegs gedoen word deur verskille in swart en wit velkleure te ignoreer, en politiese aksies eerder op kulturele tradisies te fokus van tradisionele Zoeloes en tradisionele Afrikaners.
Beide Paul Kruger en Jacob Zuma was tradisionele Afrikane wat as politieke leiers teen die etniese uitwissing van hulle onderskeie tradisionele groepe – hulle magsbasisse – moes opstaan. Net so ook Andries Pretorius en Ndlela kaSompisi. Hierdie mense met identiteit en tradisie het die geskiedenis van Suid-Afrika gemaak. Deur bloot net ‘n identiteitlose wit of swart te wees, is nie goed genoeg om geskiedenis te maak, om effektief politiek te pleeg nie, om te oorleef in die toekoms in nie.
Dit moes ons grootste protes teen “EE” en “SEB” wees: Die “wit” statistiek-klassifikasie, want dit groepeer, verpolitiseer en dus neutraliseer tradisionele Afrikaners saam met kosmopolitiese blankes soos Jode en Engelse, pleks van polities-effektief tesame met mede-tradisionele Afrikane soos Zoeloes van Nkandla – ‘n soort veilige volkstaat ter wille van die oorlewing van identiteit en tradisie.
100 Jaar na die stigting van die ANC, sowel as byna 20 jaar se demokratiese bewind, is die diepte van verdeeldheid in en om die ANC so groot soos die San Andreas fout.
Wat ook al met die verdeelde ANC en sy verdeelde alliansie in Gauteng en Limpopo gaan gebeur, gaan net die Zuma-ANC se etniese magsbasis in veral Kwazulu-Natal verder beklemtoon.
As tradisionele Zoeloes het die mense van Nkandla ‘n soort Messias opgelewer – een wat hulle van Mbeki se vyandige politieke anti-ARM beleid gered het.
Met behulp van Afrikaner-Rooivalke en Afrikaner-weermagdoktrines het Zuma ‘n deurbraak vir Suid-Afrikaanse belange in die Kongo gemaak. Soos wat die Westers-internasionale en wit kosmopolitaanse weerstand teen die suksesse van die tradisionele Nkandla eskaleer, soos nou alreeds voor die verkiesing gebeur, sal die noodsaaklikheid van ‘n tweede strategiese tradisie-alliansie in Suid-Afrika al hoe groter word.
Toe Jacob Zuma met Dan Roodt en ander plaaslike Afrikaners gebraai het, het hy laat blyk dat Afrikaners as potensiele Afrika-stam geen bruikbare politieke steunmag vir tradisionele Zoeloes is nie, omdat hulle nie as ‘n identifiseerbare tradisionele groep ge-organiseer is nie, ten spyte van al hulle tradisionele gebraaiery. Rugby is ook ‘n suiwer Engelse pleknaam, en rugby speel alleen, hoewel ‘n politieke Boere-tradisie sedert die ABO, is nie genoeg vir effektiewe Afrikanerpolitiek nie.
Maar wat ons ook benodig, is ‘n dik kleurblinde tradisie-bril. Een wat wit en Westerse kosmopolitane op ‘n afstand as politieke opposisie kan identifiseer, en terselfdertyd tradisionele Zoeloes reg langs ons as strategiese tradisie-bondgenote kan raaksien.
Andries Pretorius het dit so gesien. Danksy hom en sy geniale militere tradisies leef ons en bestaan Pretoria, ons gewese tradisionele Nkandla.
‘n Baie sterk en geskiedmakende tradisie van Pretorius, Kruger en ander Republikeinse en moderne Afrikaners, is uiters gevorderde vegkunste en wetenskaplik ontwerpte weermagdoktrines.
Tradisionele Nkandla-beheerde Suider-Afrika het ‘n akute behoefte aan hierdie gesogte Afrikanertradisie, soos nou in die Kongo, SAR, Mosambiek en Suid-Afrika met sy eskalerende sekuriteitsbehoeftes bewys. Kwazulu-Natal regimente veg tans in die voorste linies, maar maak staat op Afrikanertuig en kundigheid.
“Tradisionele” Afrikanermedia soos PRAAG kan ‘n bemarkingsrol speel om meer militere loopbane vir jong werklose Afrikaners in die Nkandla-beheerde SANW te beding.
M Jacobs