Duitse popsangeres in aanhouding oor MIV-status

ImageNadja Benaissa, ‘n welbekende Duitse sanger, liedjieskrywer en soms aktrise, wat sterstatus bereik het as een van die stigterslede van die suksesvolle damespopgroep ‘No Angels’, die grootste verkoper vir 'n Duitse damesgroep tot hede, staar 10 jaar tronkstraf in die gesig. Benaissa is van gemengde afkoms.

Sy is hierdie maand gearresteer deur Duitse polisie na sy verdink is dat sy onbeskermde seks gehad het met 3 mans tussen 2004 en 2006, sonder om hulle in te lig dat sy MIV-positief was.

Sy staar 'n moontlike klag van die bedoeling om ernstige liggaamlike skade aan te rig, in die gesig. Sy bly in aanhouding na ‘n regter bevind het dat die gevaar bestaan dat sy weer die oortreding mag begaan. Indien sy skuldig bevind word, dra die oortreding ‘n vonnis van 6 maande tot 10 jaar tronkstraf.

штукатурка для наружных работtopcargo отзыв

VN probeer anti-rassismekonferensie red

Met konferensiegangers wat weer Dinsdag bymekaargekom het by die VN se anti-rassimekonferensie, het top VN-amptenare probeer om die bohaai te beheer na die anti-Israel aanslag deur Iran se president. Ahmadinejad se toespraak het veroorsaak dat konferensiegangers die vergadering en masse verlaat het Maandag.

“Ek het gelet op wat gesê was in die president se toespraak, en dit het geen verband met die konferensie nie, en dus behoort dit niks te doen te hê met die uitslag nie,” het Navi Pillay, die VN se hoëkommissaris vir menseregte aan verslaggewers in Geneva gesê.

Pillay het gesê konferensiegangers behoort nie toe te laat dat die vyfdag Durbanse Hersieningskonferensie teen rassisme gesaboteur word deur een persoon wat onsmaaklike opmerkings gemaak het nie.

Sy het president Mahmoud Ahmadinejad beskryf as iemand wat tradisioneel ongure opmerkings maak.настенные светильники браданильченко юрій броніславович компромат

Kinders word rekenaarverslaafdes

Image‘n Studie deur die Nasionale Instituut vir Media en Gesin by die Iowa Staatsuniversiteit het vergelykings getrek tussen kompulsiewe dobbel en rekenaarspeletjies, en tot die gevolgtrekking gekom dat kinders lieg, geld leen van vriende en werk vermy om videospeletjies te speel.

“Die studie was ontwerp om te demonstreer of patologiese rekenaarspeletjies ‘n saak is wat verdere aandag moet geniet,” het instituutdirekteur en assistent professor in sielkunde Douglas Gentile in die verslag geskryf.

“Met amper 1 uit 10 jong spelers wat werklike probleme demonstreer vanweë hulle spelery, kan ons aflei dat dit wel doen.”

Navorsers het hulle bevindings gebaseer op ‘n nasionale steekproef van 1178 mense tussen die ouderdomme 8 en 18 jaar, met die groep wat amper ewe veel seuns en dogters bevat het.

Amper 90% van die Amerikaanse jeugdiges wat ondervra is het gesê hulle speel rekenaar speletjies.

Die gemiddelde tyd wat spandeer is aan rekenaar speletjies weekliks was volgens die verslag 16,4 ure vir seuns en 9,2 ure vir dogters.

Van die spelers het 8,5% “patologiese patrone van spel” vertoon gemeet aan die teenwoordigheid van ten minste 6 van 11 kliniese simptome wat skade toon aan familie, sosiale, skool of sielkundige funksionering.

“Alhoewel die persentasie met eerste oogopslag hoog kan wees, is dit baie soortgelyk aan die voorkoms wat getoon word in baie ander studies van patologiese rekenaarspelery in die ouderdomsgroep, insluitend studies in ander nasies,” volgens Gentile.

Die mees tipiese simptoom was dat kinders huishoudelike take mis om rekenaar speletjies te kan speel, het die verslag aangedui.

‘n Kwart van die spelers wat ondervra is, het gesê hulle speel om van probleme te ontsnap, en byna net soveel het toegegee dat hulle speel wanneer hulle veronderstel is om tyd aan huiswerk te spandeer.

‘n Vyfde van die spelers het gesê dat hulle swak gedoen het op skoolwerk en huiswerk, omdat hulle eerder tyd spandeer het om te speel as aan die akademie.

“Dit is sekerlik moontlik dat die patologiese speleryswak skoolprestasies tot gevolg het,” het die verslag voorts gelui.

“Maar dit is net so hoogs moontlik dat kinders wat swak doen op skool speletjies speel om ‘n bemeestering van iets te ervaar, of dat aandag probleme beide swak skoolprestasie en ‘n aantrekking na speletjies veroorsaak.”

Meisies sal meer waarskynlik as seuns minder speel om te fokus op hulle huis of skool verantwoordelikhede, volgens die navorsing.

Sommige van die kinders het gesê dat hulle gelieg het vir vriende en familie oor hoeveel hulle speel en paar het selfs gesê dat hulle gesteel het om die speletjies of geld daarvoor te bekom.

яхтенные турыдепутат лобановский

Spaar die pennies en trap eerder fiets

ImageIerse pendelaars is Maandag aangemoedig om hulle geliefde karre by die huis te los en terug te gaan na pedaalkrag toe, met die regering se onthulling van die land se eerste fietsry beleid.

Die inisiatief is daarop gemik om ‘n vyfvoudige toename te stel in die gebruik van fietse om Dublin se strate wat vol verkeer is effens leër te maak.

Gedurende ‘n dekade van “Keltiese tier” ekonomiese groei het die verkoop van karre gestyg, maar pendelaars se gebruik van fietse het gedaal tot minder as 2%.

Die hoeveelheid kinders wat fietse gebruik om na eerste vlak skole toe te gaan het in 20 jaar met 83% gedaal, en is af van 23,600 in 1986 tot 4,600 in 2006.

Minister van vervoer, Noel Dempsey het 109 geïntegreerde aksies belowe wat oor die volgende 12 jaar geneem gaan word om ‘n “kultuur van veilige fietsry” daar te stel.

Oorvol paaie in die middel van Dublin beteken dat fietsryers ‘n gemiddelde spoed van 12 km per uur behaal teenoor net 15 km per uur wat motors haal.

“Fietsryers maak ‘n verskil,” het Dempsey gesê. “Vandag reis minder as 2% van pendelaars met ‘n fiets werk toe, ten spyte daarvan dat meer as 100 000 mense minder as 4 km ry om net in Dublin te gaan werk.”

Hy het gesê daar was nog nooit ‘n beter tyd om fietsry ‘n hupstoot te gee nie.

“Ons is almal bewus van die beslommernis van langer reistye en verkeersknope, en die skadelike effekte van kweekhuisgasse wat voertuie vrystel.”

“Ons is net so bewus vn die gesondheidsvoordele verbonde aan die najaag van ‘n meer aktiewe lewensstyl. Dit is hoekom ‘n terugkeer na die fiets baie sin maak,” het Dempsey gesê.

big bangДанильченко Харьков

New York Times wen 5 Pulitzerpryse

Die New York Times het 5 Pulitzerpryse gewen vir joernalisme, insluitend een vir die warm nuus van ‘n prostitusieskandaal wat New York-goewerneur Eliot Spitzer sy politieke loopbaan gekos het.

Die Las Vegas Sun het Maandag die Pulitzerprys gewen vir openbare dienste weens die ontbloting van die hoë sterftesyfer onder konstruksiewerkers in die Las Vegas-strook.

Die Detroit Press het een gewen vir plaaslike verslaggewing ná hulle eksplisiete teksboodskappe bekom het wat die stad se burgemeester tot ‘n val gebring het.

Die toekennings is gemaak ná een van die mees depressiewe jare wat die koerantindustrie nog gesien het, met verliese van poste, bankrotskappe en sluitings.

Die Pulitzerpryse is van die mees gesiene toekennings in die Amerikaanse joernalistiek.

no deposit requiredалександр лобановский харьков класс

Verkiesing gaan nie vry en regverdig wees in Natal, s? Buthelezi

Die IVP-leier, dr. Mangosuthu Buthelezi, het Sondag weer sy stelling herhaal dat Woensdag se verkiesing nie vry en regverdig gaan wees nie.

Tydens die IVP se finale saamtrek by die Prins Mangosuthu Stadion in Nseleni in noordelike KwaZulu-Natal, het Buthelezi gesê sy vorige klagte aan die onafhanklike verkiesingskommissie omtrent ongerymdhede gedurende vorige verkiesings is geïgnoreer.

“Dokumente wat ongerymdhede en korrupsie dokumenteer gedurende verkiesings is na die OVK voorsitter, dr. Brigalia Bam gestuur, wat nog nie daarop gereageer het nie. Sy het belowe sy sal, maar het dit nie gedoen nie.”

Die IVP is ‘n slagoffer van verkiesingsbedrog sedert 1994, het Buthelezi gesê in die teenwoordigheid van internasionale verkiesingswaarnemers.

Die IVP het tydens hulle finale saamtrek in Nseleni gesê dat die party steeds groot steun geniet en dat die party gereed is om beheer van KZN oor te neem van die ANC, het die party gesê.

Met die klem op die wen van die verkiesing, het Buthelezi gesê die verkiesing gaan ‘n twee-party saak wees tussen die IVP en die ANC in die provinsie.

“Al die aanduidings is dat dit ‘n baie naby saak gaan wees regdeur die land. Daar is werklik net twee moontlike wenners in die provinsie, die IVP en die ANC.”

Buthelezi het gesê hy is trots dat Zanele Magwasa-Msibi die party se premierskandidaat is in KwaZulu-Natal, en het gesê haar diensleweringsrekord is goed bekend in Zoeloeland, waar sy ‘n burgemeester was.

Hy het gesê die ANC-regering het nie daarin geslaag om diens te lewer in KZN nie.

“Die amptelike werkloosheidsyfer is meer as 30%, daar is ‘n agterstand van meer as 300 000 huise, meer as 6000 staatsamptenare word ondersoek vir behuisingsbedrog en die agterstand op klaskamers is amper 10 000.”сайт детских товаровлобановский александр игоревич класс

Obama gekritiseer oor Chavez-handdruk

ImagePresident Barack Obama het Sondag sy eerste ontmoeting met Venezuela se leier en anti-Amerikaanse kritikus Hugo Chavez, wat deur kritici tuis as naïef en “onverantwoordelik” bestempel is, verdedig.

“Dit is onwaarskynlik dat as gevolg daarvan dat ek hande skud of ‘n beskaafde gesprek het met mnr. Chavez dat ek die strategiese belange van Amerika in gevaar stel,” het Obama aan verslaggewers gesê by die sluiting van die beraad van die Amerikas.

Maar, hy het beklemtoon dat hy steeds kommer het oor Venezuela en Chavez se gereelde hittige retoriek.

“Ek verskil baie met Hugo Chavez oor sake aangaande ekonomiese beleid en buitelandse beleid,” het Obama gesê.

“Daar is voorbeelde waarin ons gesien het dat Venezuela inmeng met sommige van die buurlande op maniere wat ek dink rede tot kommer wek,” het hy bygevoeg.

Obama en Chavez het Vrydag hier vir die eerste keer ontmoet by die opening van ‘n 34-nasies Amerikas-beraad, en foto’s van die ontmoeting wys die glimlaggende Amerikaanse leier terwyl hy Chavez se hand skud en hom op die skouer klop.

интернет магазин черкассыпрокурор харьковской области

Itali? gaan rassismekonferensie boikot

Italië het bevestig dat hulle nie gaan deelneem aan die groot VN konferensie oor rassisme wat Maandag in Geneva open nie. Die konferensie word ook geboikot deur Amerika en Israel.

Die besluit is Sondag aangekondig deur die minister van buitelandse sake, het die plaaslike ANSA nuusagentskap berig, na Rome dit vir ‘n paar dae laat blyk het dat hulle teenwoordigheid afhang van die uitkoms van gesprekke oor 'n voorlopige verklaring deur die organiseerders.

Italië is die tweede EU-lidland, na Nederland, om te sê dat hulle die Durbanse Hersieningskonferensie sal misloop, te midde van vrese dat dit ‘n forum kan word om Israel te kritiseer.

België se minister van buitelandse sake het vroeër Sondag gesê gesprekke duur steeds voort met die oog om soveel as moontlik EU-lidlande te kry om dit by te woon.

Amerika en Israel het reeds aangekondig dat hulle die 5 dae vorm gaan boikot, net soos die oorspronklike Durbankonferensie in 2001, oor ‘n poging om Sionisme te vergelyk met rassisme.

Die Vatikaan, wat die status van waarnemer het by die VN, het Sondag bevestig dat hulle die geleentheid sal bywoonджемперы и свитеры для мальчиков купитьтопкарго

DA glo steeds in baasskap, s? De Lille

Die DA het steeds ‘n “baasskap” mentaliteit, het die Onafhanklike Demokrate (ID) se leier, Patricia de Lille gesê by haar party se laaste verkiesingsaamtrek Sondag.

Die ID is ‘n waarskynlike koalisievennoot vir die DA in die Wes-Kaap na 22 April, en is tans die tweede grootste party in die DA-geleide koalisie wat Kaapstad beheer.

“Die DA se probleem is dat hulle steeds daardie baasskap mentaliteit het”, het De Lille aan joernaliste by die saamtrek gesê wat gehou is by Delft op die Kaapse Vlakte.

“As mens net opstaan volgens jou regte en die konstitusie, opstaan vir die mense wat jy verteenwoordig, dan neem hulle dit as ‘n belediging.”

Sy het gesê die DA moet leer dat partye verskillende kiesafdelings verteenwoordig.

“Indien die DA dus opstaan vir ons kiesafdelings, behoort dit nie die koalisie te affekteer nie.”

De Lille het gesê daar sal definitief ‘n koalisie in die provinsie wees na 22 April, maar dat haar party nog nie die saak met enige ander party bespreek het nie.прессылобановский александр игоревич класс

Blomme vir brandslagoffers van Paarl

Blomme gaan Maandag gelê word by Paarldrukkery na 9 van hulle werkers dood is in ‘n brand wat Vrydag uitgebreek het, het die maatskappy Sondag gesê.

Paarl Media Groep se woordvoerder Nelia Burger het gesê bestuur en personeel gaan om 8 uur ontmoet by die fabriek om blomme te lê en om verdere advies aan personeel te gee oor waar om te gaan aanklop vir mediese hulp of berading by die nuutopgerigte traumasentrum.

“Al die mense wat nog in die hospitaal is, is in 'n stabiele toestand, sommige is nog in die intensiewe sorgeenheid, maar stabiel en hulle is besoek deur ander personeel,” het Burger gesê.

Dit is nog nie bekend wat die brand veroorsaak het wat van die werkers beseer en ander gedood het nie.

Die polisie ondersoek steeds die saak.

медицинская справка москвалобановский александр компромат