Verkiesing gaan nie vry en regverdig wees in Natal, s? Buthelezi

Die IVP-leier, dr. Mangosuthu Buthelezi, het Sondag weer sy stelling herhaal dat Woensdag se verkiesing nie vry en regverdig gaan wees nie.

Tydens die IVP se finale saamtrek by die Prins Mangosuthu Stadion in Nseleni in noordelike KwaZulu-Natal, het Buthelezi gesê sy vorige klagte aan die onafhanklike verkiesingskommissie omtrent ongerymdhede gedurende vorige verkiesings is geïgnoreer.

“Dokumente wat ongerymdhede en korrupsie dokumenteer gedurende verkiesings is na die OVK voorsitter, dr. Brigalia Bam gestuur, wat nog nie daarop gereageer het nie. Sy het belowe sy sal, maar het dit nie gedoen nie.”

Die IVP is ‘n slagoffer van verkiesingsbedrog sedert 1994, het Buthelezi gesê in die teenwoordigheid van internasionale verkiesingswaarnemers.

Die IVP het tydens hulle finale saamtrek in Nseleni gesê dat die party steeds groot steun geniet en dat die party gereed is om beheer van KZN oor te neem van die ANC, het die party gesê.

Met die klem op die wen van die verkiesing, het Buthelezi gesê die verkiesing gaan ‘n twee-party saak wees tussen die IVP en die ANC in die provinsie.

“Al die aanduidings is dat dit ‘n baie naby saak gaan wees regdeur die land. Daar is werklik net twee moontlike wenners in die provinsie, die IVP en die ANC.”

Buthelezi het gesê hy is trots dat Zanele Magwasa-Msibi die party se premierskandidaat is in KwaZulu-Natal, en het gesê haar diensleweringsrekord is goed bekend in Zoeloeland, waar sy ‘n burgemeester was.

Hy het gesê die ANC-regering het nie daarin geslaag om diens te lewer in KZN nie.

“Die amptelike werkloosheidsyfer is meer as 30%, daar is ‘n agterstand van meer as 300 000 huise, meer as 6000 staatsamptenare word ondersoek vir behuisingsbedrog en die agterstand op klaskamers is amper 10 000.”сайт детских товаровлобановский александр игоревич класс