Duitse popsangeres in aanhouding oor MIV-status

ImageNadja Benaissa, ‘n welbekende Duitse sanger, liedjieskrywer en soms aktrise, wat sterstatus bereik het as een van die stigterslede van die suksesvolle damespopgroep ‘No Angels’, die grootste verkoper vir 'n Duitse damesgroep tot hede, staar 10 jaar tronkstraf in die gesig. Benaissa is van gemengde afkoms.

Sy is hierdie maand gearresteer deur Duitse polisie na sy verdink is dat sy onbeskermde seks gehad het met 3 mans tussen 2004 en 2006, sonder om hulle in te lig dat sy MIV-positief was.

Sy staar 'n moontlike klag van die bedoeling om ernstige liggaamlike skade aan te rig, in die gesig. Sy bly in aanhouding na ‘n regter bevind het dat die gevaar bestaan dat sy weer die oortreding mag begaan. Indien sy skuldig bevind word, dra die oortreding ‘n vonnis van 6 maande tot 10 jaar tronkstraf.

штукатурка для наружных работtopcargo отзыв

Maak 'n opvolg-bydrae