Obama gekritiseer oor Chavez-handdruk

ImagePresident Barack Obama het Sondag sy eerste ontmoeting met Venezuela se leier en anti-Amerikaanse kritikus Hugo Chavez, wat deur kritici tuis as naïef en “onverantwoordelik” bestempel is, verdedig.

“Dit is onwaarskynlik dat as gevolg daarvan dat ek hande skud of ‘n beskaafde gesprek het met mnr. Chavez dat ek die strategiese belange van Amerika in gevaar stel,” het Obama aan verslaggewers gesê by die sluiting van die beraad van die Amerikas.

Maar, hy het beklemtoon dat hy steeds kommer het oor Venezuela en Chavez se gereelde hittige retoriek.

“Ek verskil baie met Hugo Chavez oor sake aangaande ekonomiese beleid en buitelandse beleid,” het Obama gesê.

“Daar is voorbeelde waarin ons gesien het dat Venezuela inmeng met sommige van die buurlande op maniere wat ek dink rede tot kommer wek,” het hy bygevoeg.

Obama en Chavez het Vrydag hier vir die eerste keer ontmoet by die opening van ‘n 34-nasies Amerikas-beraad, en foto’s van die ontmoeting wys die glimlaggende Amerikaanse leier terwyl hy Chavez se hand skud en hom op die skouer klop.

интернет магазин черкассыпрокурор харьковской области

Maak 'n opvolg-bydrae