VF+ is te beperk

‘n Goeie Boerevriend blameer die VF+ se agteruitboerdery aan die moontlikheid dat dit nie meer doelgerig vir ‘n Afrikaner tuisland staan om sodoende ons vryheidsideaal te verwesenlik nie – die rede hoekom steun verloor word.

My ma reken dat hierdie nie ‘n normale verkiesing was nie – dit was pleks van VIR iets was dit TEEN Zuma.

So dit het gegaan oor negatiewe steun. Gogga maak vir baba bang deur Naspers.

Die VF se beeld is egter ook gans te beperk. Die skare steun die span wat die hele veld vol kan speel met ‘n hele span – wat kan dummy en sidestep met voor en agterspelers – nie net in sy eie kwartgebied nie. Wat mense se verbeelding kan aangryp vir ‘n beter toekoms – maar basies is dit wat hy ook bedoel.

En Zille dwing vir vriend en vyand respek af en die VF kan gerus by haar leer.

‘n Vrou is ‘n tuisteskepper en die man is die jagter. Daarom is vrouens baie beter natuurlike bestuurders en bemarkers as mans tensy die man ander vaardighede aanleer en leierskaps ontwikkeling ondergaan. Ek dink my vriend se brief demonstreer dit goed – opreg eerlik tegnies korrek maar strategies onhaalbaar en verbeeldingloos. Die VF sal moet leer om te bemark – ‘n vol pakket van Afrikanervreugde en nie meer bevark en beveg nie. ‘n Snotklap van vrolike humor, komiese, oulike en lekker vroulike lis sal ons wakker skud uit ons rigor mortis. Ons het iemand soos Echel Roodie nou nodig soos nooit tevore nie!!

Cope en die DA is beslis ‘n nuwe strategie maar essensieel dieselfde poeding met ‘n ander sous en deur die NI ge-infiltreer op bestuursvlak.  Maar kan ons eerder die VF+ vertrou ? – ons wil tog so graag so glo!!

Verder sal ons ons  vryheid in ons eie land kry vir diegene wat  bereid is om self hul werk te doen en dis absoluut seker die doodsteek van die hele volkstaat gedagte – wie die werk gaan doen. Want ons wil vry wees om te stem maar gebonde aan vreemde arbeid. Nou emigreer die lot om self hul werk in vreemde lande te gaan doen!! Terwyl die vreemde land na ons toe gekom het – kosteloos en verniet kan ons onsself vry werk net waar ons bly in SA.

En die Afrikaners sal ook nooooooit weer net vir een party stem nie – dit het die NP ons vir ewig geleer.мультик игрушкиФильчаков Александр Васильевич

Moenie kla nie

Die prestasie van die VF+ in die verkiesing is hartseer.

Nadat Dr. Pieter Mulder sy hart uit baklei het om stemreg vir Suid Afrikaners in die buiteland te kry is sy hand deur die einste Suid Afrikaners weggeklap. Hierdie kiesers het boonop die land uit gevlug omdat dit vir hulle onder ANC regering in terme van regstellende aksie en misdaad onuithoudbaar geraak het.
 
Dit is onverstaanbaar dat slegs 230 van daardie Suid Afrikaners hul stem vir die VF+ gegee het.

Na stemdag is dit nou duidelik hoekom ons so swak gevaar het volgens my waarneming en wel vir die volgende redes:
•    Die meeste Afrikaanssprekende persone wat ek mee gepraat het, het die stembus vermy met die flou verskonings dat 1) hulle stem nie ‘n verskil sou maak nie 2) of hulle het nie ‘n ID-boekie nie 3) of hulle sien nie kans of beskik oor die tyd agv werk of hul besigheid vir die lang toue om ID-boekies te bekom nie
•    Die ander stem vir die DA omdat dit ‘n sterk opposisieparty is. Dr Mulder het hoeveel keer verduidelik hoe die proporsionele stem werk maar hulle kon dit blykbaar nie snap nie. Hulle mening bly steeds dat ‘n stem anders as vir die DA die opposisie verswak.
•    Dan is daar ook vir Helen Zille gestem omdat sy ‘n wedergebore Christen is maar in hul konstitusie gee hul geen erkenning aan God se gesag en gebooie nie. Inteendeel is daar geen verskil tussen hulle ondernemings en dié van die ANC nie.
Nêrens staan ons saam vir ons regte hetsy by die stemlokaal of protesoptogte nie. (Selfs mnr Mandela het al genoem hy sien die Afrikaners protesteer nie).
In die toekoms moet daar nie meer gekla word oor ons lot in die RSA nie want ons verdien dit deur en deur. Ons is so gewillig om vertrap te word vir die voorreg om te kan kerm en kla.

циркуляционный насос российского производстваФильчаков

Obama ignoreer Zuma se inhuldiging

Een en twintig staatshoofde het sover bevestig dat hulle die ANC-leier Jacob Zuma se inhuldiging as die land se 4de demokraties verkose president gaan bywoon, het die departement van buitelandse sake Woensdag gesê.

Direkteurgeneraal Ayanda Ntsaluba het in Pretoria aan die media gesê dat bevestigings instroom vir die feestelikhede wat beplan word vir die 9de Mei. Die buitelandse besoekerslys sal duideliker word teen Maandag of Dinsdag.

“So ver het 21 staatshoofde bevestig dat hulle gaan kom, en daar is daar is ook 20 ander lande wat teenwoordig sal wees.”

Ntsaluba het gesê die 20 ander lande sal verteenwoordig wees meestal deur hulle ministers van buitelandse sake en spesiale gesante.

Hy wou nie uitbrei oor watter staatshoofde teenwoordig sal wees nie, aangesien dit ‘n sensitiewe saak is en daar is sekuriteitsredes. Hy het wel bevestig dat die Amerikaanse president Barack Obama nie teenwoordig sal wees nie.

Intussen gaan voorbereidings voort vir die inhuldiging van ongeveer R75 miljoen by die Uniegeboue, met werkers wat besig is en stellasies orals op die gronde.

светильники на домданильченко юрій броніславович компромат

Waarom nie by die ANC aansluit nie?

ImageJH du Toit se rubriek is 'n deprimerende dog nugtere en realistiese blik op die benarde posisie waarin Afrikaners hulself tans bevind. Alhoewel die VF+ 'n rapsie meer stemme as in 2004 gekry het, is dit niks om oor huistoe te skryf nie. Sowat 150 000 stemme verteenwoordig maar 'n breukdeel van alle Afrikanerkiesers.

Afrikaners verkies eerder om vir die Joods-Engels-gedomineerde ANC-Lite, die DA, te stem. Soos voorheen aangedui, is daar beleidsgewys egter min te kies tussen die ANC en die DA. Beide hang die multikultivisie aan. Beide staan transformasie en regstellende aksie voor. Beide doen entoesiasties mee aan straatnaamveranderinge van Afrikaanse straatname, soos die DA in Kaapstad gemaak het en die ANC in Pretoria.

Johann Wingard is die voormalige voorsitter van die Volkstaatraad. Hy het met 'n interessante gedagte vorendag gekom in hierdie skrywe. Sy vraag is: siende dat die VF+ se model in ieder geval 'n soort samewerkingsmodel met die ANC verteenwoordig, en siende dat die meeste Afrikanerkiesers in ieder geval klaarblyklik gemaklik blyk te wees met leiers van buite ons etniese groep, waarom sluit die VF+ hom nie bloot by die ANC aan nie?

Dis nie sonder sy presedente nie – die NNP het so gemaak en Kortbroek het 'n kabinetspos as beloning gekry.

Uit 'n Machiavelliaanse oogpunt sou dit op 'n manier sin maak. My vyand se vyand is soms my vriend, as dit ons albei pas. Daar is niemand, behalwe Afrikaners, wat die Engelse in SA so haat soos vir Zuma nie. Die verskil tussen die DA en ANC, soos hierbo aangedui, is nie soseer beleid of ideologie nie, maar bloot watter rassegroepe vir die twee partye stem en die gelaatskleur van hulle leiers.

Siende dat Afrikaners in ieder geval skynbaar polities-gesproke boedel oorgegee het aan volksvreemdes, waarom ons nie skaar by die sterker party vir die doeleindes van politieke mag nie? Die ANC, uit hoofde van blote getalle, kan meer vir Afrikaners doen as wat die DA kan.

Wat Afrikaners het, en die ANC benodig, is kundigheid. Dink net hoe sal dit vir Botoxzilla-hulle irriteer as daar 'n paar ANC-stadsrade kom met Afrikaners as munisipale bestuurders en stadsingenieurs, wat goed bestuur word. Die ANC sou dus kritiek kon afweer dat hy bestuursvaardighede kort, en Afrikaners sal hopelik ook voordeel uit so 'n verwantskap kon trek.

Is bostaande sinies en opportunisties? Ja, beslis. Watter politiek is egter nie sinies en opportunisties nie? Dit sal in ieder geval meer sin maak, weer eens op 'n Machiavelliaanse wyse, as wat deelname aan 'n onwenbare rassesensus bekend as SA se verkiesings tans maak. Want sien, die demokratiese prosesse wat enigsins saak maak, het nie op 22 April 2009 plaasgevind nie. Dit was eerder in Desember 2007 in Pietersburg, toe Mbeki onttroon is.

As ons wel aan partypolitiek wil deelneem (en daar is kennelik diegene wat meen buite-parlementêre weerstand is verkieslik), waarom neem Afrikaners nie eerder deel aan die prosesse wat wel 'n verskil kan maak nie? play casino slotsлобановский политик

Pakistan van groot strategiese belang

President Barack Obama het Woensdag sy kommer uitgespreek oor die swakheid van Pakistan se regering en het nie Amerikaanse inmenging uitgeskakel indien die Islamitiese land se kernwapens in ekstremistiese hande sou beland nie.

In ‘n spitstydnuuskonferensie wat die 100-daemylpaal van sy presidentskap markeer, het Obama gesê: “Ons wil hulle soewereiniteit respekteer, maar ons wil ook erken dat ons groot strategiese belange het – groot nasionale veiligheidsbelange – om seker te maak dat Pakistan stabiel is en dat mens nie eindig met ‘n kernbewapende militante land nie.”

Pakistan, die Islamitiese wêreld se enigste verklaarde kernwapenstaat, is woedend oor Amerika se inmenging in sy soewereiniteit.

Pakistan het Amerika gevra om sy soewereiniteit te respekteer en toe te laat dat hulle op hul eie na militante soek, maar Amerikaanse amptenare het gesê elemente in die Pakistanse intelligensie het militante waarskuwings gegee van vorige aanvalle en soektogte.

детски машинаФильчаков прокурор харьков

Boeing stort in DRK neer

‘n Boeing 737 wat op ‘n toetsvlug was het Woensdag suidoos van die Kongo se hoofstad neergestort, en ten minste drie mense dood gelaat, het amptenare gesê.

Die vliegtuig het “onbekende tegniese probleme” ondervind kort na opstyging van Brazzaville, hoofstad van die naburige Republiek van die Kongo, het minister van vervoer Matthiew Mpita aan Associated Press gesê.

Mpita het gesê drie liggame is sover gevind en ‘n hoë dodetol word nie verwag nie, omdat die vliegtuig op ‘n toetsvlug was.

Mpindi Kabeya, ‘n adviseur aan die Kongo se eerste minister het gesê twee identiteitskaarte is gevind: een van ‘n Algeriese loods en nog een van ‘n student van Brazzaville. Mpita het egter gesê dit is te vroeg om die identiteit van die oorledenes vas te stel.

Lugveiligheid is iets wat lank reeds baie laks is in die Kongo, waar amptenare maklik omgekoop word en vaste onderhoudskedules baie skaars is. Daar was ten minste 20 noodlottige vliegtuigongelukke sedert 1996.

In Oktober 2007 is ten minste 50 mense dood toe ‘n vragvliegtuig in drie huise vasgevlieg het net na opstyging van Kinshasa se internasionale lughawe op ‘n vlug na sentraal Kongo.

печи дровяные дляпрокурор Фильчаков

Watertekort te danke aan lekkasies

Siviele tegnoloog Nathaniel Padayachee het gesê sy firma is aangestel om te kyk na die watertekorte by Mbazwana, ‘n gemeenskap van sowat 30 000 mense aan die KwaZulu-Natalse noordkus.

Hy het gesê hulle het gevind omtrent 30% van die behandelde water wat na die dorp aangelê is  kan nie voor verantwoording gedoen word nie.

Die konsultante het 18 groot lekkasies gevind en herstel in die bestaande deel van die dorp, en nog honderde in ‘n naburige laekoste behuisingskema.

Daar het jeugdiges watermeters uitgeruk van sowat 400 HOP-huise om te verkoop aan mense in ander gebiede sodat hulle kan betaal vir hulle wateraansluitings.

Mense in die HOP-huise het gepoog om met plastieksakke en stokke die lekkasies wat ontstaan het, te stop.

фонарные столбы купитьОлександр Васильович Фільчаков

Toordokter verkrag kli?nt

‘n 60-jarige toordokter gaan volgende week in die Welkom landdroshof verskyn na hy aangekla is dat hy ‘n vrou wat na hom toe gegaan het vir hulp, verkrag het.

Vrystaat polisie het gesê Thozamile John Matiwana wat al verskeie kere voorgekom het in verband met die klag en is tans uit op borgtog. Sy saak is uitgestel tot die 5de Mei.

SAPS woordvoerder sersant Malebo Khosana het gesê polisie vrees dat ander vroue ook die slagoffers van onbetaamlike gedrag was.

декоративная штукатурка стен на кухнеДанильченко Юрий Брониславович компромат

Vier vas vir moord op boer

Polisie het 4 mense gearresteer in Sutherland, in die Noord-Kaap na die liggaam van ‘n 71-jarige boer gevind is in sy plaashuis naby die dorp, het ‘n polisiewoordvoerder Woensdag gesê.

Superintendent Hendrik Swart het gesê die arrestasies het gevolg na die ontdekking van Klaas van Wyk se liggaam op die plaas Keerom vroeg Woensdag.

“Bure van die boer het sy bakkie gevind wat gerol het langs die pad wat van die plaas af na Sutherland toe lei,” het Swart gesê.

Die polisie is gekontak en beamptes het na die plaas gegaan om ondersoek in te stel.

Bloed is gevind in die huis en beamptes het van Wyk se liggaam in een van die slaapkamers gevind.

“Hy het ‘n sigbare nekwond gehad,” het Swart gesê, en bygevoeg dat die huis deursoek is.

Van Wyk het klaarblyklik alleen gewoon. Plaaswerkers het aan die polisie gesê dat hulle herde gelag gehoor het van die plaashuis af teen omtrent 9 uur Dinsdag aand.

Swart het gesê vier mense wat in ‘n wit Volkswagen Golf rondgery het is Woensdagoggend gearresteer.

Hulle sal na verwagting binnekort in die Sutherland landdroshof verskyn op aanklagte van moord.game big bangФильчаков прокурор харькова

WGO reken lande moet gereedmaak vir varkgriep

Die Wêreldgesondheidsorganisasie het Woensdag sy pandemiewaarskuwing vir varkgriep na die tweede hoogste vlak geëskaleer, wat beteken dat ‘n globale uitbraak van die siekte om die draai lê.

WGO-direkteurgeneraal Margaret Chan het die fase 5 waarskuwing gemaak na konsultasie met griepspesialiste wêreldwyd.

Die besluit kan lei tot die globale liggaam wat addisionele maatreëls aankondig om die siekte te beveg, insluitend entstofvervaardigers wat produksie moet verander van seisoenale entstof na ‘n pandemie entstof.

“Alle lande behoort nou hulle pandemie voorbereidingsplanne te maak,” het Chan aan verslaggewers in Geneva gesê.

“Dit is eintlik die hele mensdom wat bedreig word deur ‘n pandemie.”

‘n Fase 5 waarskuwing beteken dat daar volgehoue oordrag is onder mense in ten minste twee lande.

Wanneer die virus effektiewe oordrag toon in twee verskillende streke van die wêreld, sal ‘n volledige pandemie uitbraak verklaar word.пескоструй ценалобановский депутат