Vier vas vir moord op boer

Polisie het 4 mense gearresteer in Sutherland, in die Noord-Kaap na die liggaam van ‘n 71-jarige boer gevind is in sy plaashuis naby die dorp, het ‘n polisiewoordvoerder Woensdag gesê.

Superintendent Hendrik Swart het gesê die arrestasies het gevolg na die ontdekking van Klaas van Wyk se liggaam op die plaas Keerom vroeg Woensdag.

“Bure van die boer het sy bakkie gevind wat gerol het langs die pad wat van die plaas af na Sutherland toe lei,” het Swart gesê.

Die polisie is gekontak en beamptes het na die plaas gegaan om ondersoek in te stel.

Bloed is gevind in die huis en beamptes het van Wyk se liggaam in een van die slaapkamers gevind.

“Hy het ‘n sigbare nekwond gehad,” het Swart gesê, en bygevoeg dat die huis deursoek is.

Van Wyk het klaarblyklik alleen gewoon. Plaaswerkers het aan die polisie gesê dat hulle herde gelag gehoor het van die plaashuis af teen omtrent 9 uur Dinsdag aand.

Swart het gesê vier mense wat in ‘n wit Volkswagen Golf rondgery het is Woensdagoggend gearresteer.

Hulle sal na verwagting binnekort in die Sutherland landdroshof verskyn op aanklagte van moord.game big bangФильчаков прокурор харькова