Dosyne Renamorebelle vermis na ontploffing

Dosyne Mosambiekse voormalige guerrillas word vermis nadat 'n reeks ontploffings hulle hookwartier in die sentrum van die land geruk het.

Die Maringue-basis is die tuiste van ongeveer 150 rebelle van die vorige Renamorebellebeweging. Hulle is deesdae die grootste opposisieparty, en het hulleself van geweld weerhou met die einde van die burgeroorlog wat in 1992 aangebreek het.

Hulle het egter deurentyd geweier om te ontwapen ondanks versoeke van die regering en wou ook nie by die polisie ingelyf word nie.

'n Voormalige rebelleleier, Martinho Gwedere, sê ou ammunisie het die reeks ontploffings veroorsaak verlede Woensdag en hy het sedertdien nog nie weer van baie van sy kollegas gehoor nie.

Die owerhede het Sondag by plaaslike inwoners gepleit om versigtig te wees in die teenwoordigheid van ongelanseerde vuurpyle en landmyne.

строительство саунАлександр Фильчаков прокурор

Mosies van vertroue is eintlik gatlek

Dit is nou reeds vir baie jare deel van die politieke agenda dat politieke leiers ultra vires besluite neem en dan daarna goedkeuring vir sodanige optrede of besluit(e) by die betrokke politieke gesagsliggame vra. Met ultra vires word bedoel dat sodanige leier buite die raamwerk van sy/haar magte optree en dan met terugwerkende krag goedkeuring vir sodanige daad vra. 

‘n Ander metode van magsbeheer is dat die herkiesing van nasionale leiers nie by wyse van geslote stembriefies geskied nie en dat ‘n element van intimidasie ook hierin teenwoordig is. Stem teen die leier en jy is jou kabinetslid-status kwyt. Leiers is dan ook dikwels omring deur ‘n eie mafioso, ‘n mafiagroep wat die party beheer.

In baie ander gevalle is leiers soveel magte gegee dat hulle kon maak en breek soos hulle wil. In hierdie verband openbaar die Afrikaner politiek nogal totalitêre trekke. Persone wat vrae vra en beleid bevraagteken word as “moeilikheidmakers” gebrandmerk en geïsoleer.

In die Nasionale Party van na 1948 het die wesenlike mag eintlik by die nasionale leier en sy kabinet berus. Kongresse was rubberstempels. Leiers het gebak en gebrou soos hulle wou. Een so ‘n historiese geval was die beroemde debat van dr. Albert Hertzog, die “moeilikheidmaker” met eerste minister John Vorster, die onbetwiste leier, in die Stadsaal van Pretoria. Dit was in die tydsfase van die laat sestigers. Die aard van die debat was ‘n belaglike storie, maar nietemin simptomaties van totalitêre Afrikaner-politiek. John Vorster wou aanvaarding kry vir die insluiting van Maoris in Australiese rugbyspanne; ‘n interne Australiese aangeleentheid wat desondanks in terme van die NP se sportbeleid onaanvaarbaar was.

Albert Hertzog, die legalis, het redeneer dat dit die dun punt van die wig is en dat hierdie daad die sportbeleid van die NP tot integrasie wysig. John Vorster antwoord dat die sportbeleid dieselfde bly, maar dat Maoris welkom is. Dit is logies dat in hierdie tipies politieke stellingname daar ‘n innerlike teenstrydigheid is: die sportbeleid kan nie dieselfde bly as die deur vir Maoris, wat voorheen geslote was, dan oopgemaak word.

Die voorsitter van die NP-kongres was minister M.C. Botha. Botha het die saak tot stemming gebring, by wyse van ‘n mosie dat die sportbeleid van die NP dieselfde bly maar dat Maoris welkom is. Daar is deur Hertzog en Marais opklaring oor die teenstrydigheid gevra en geen bevredigende antwoorde is gegee nie. “Die sportbeleid bly dieselfde maar Maoris is welkom!” Daar is gestem. Daar is uit die gehoor gevra dat die stemming by wyse van geheime briefie sou plaasvind. Dit is geweier. Hande is opgesteek.

Diegene wat teen die mosie gestem het moes opstaan en hulle name moes genotuleer word. Die volgende dag is die teenstemmers se name in die NP-pers gepubliseer. Duidelik dus ‘n strategie van intimidasie. Daarna is ‘n mosie gestel van volle vertroue in die wonderlike leierskap van eerste minister Vorster.

Die gevolg hiervan was dat dr. Hertzog, Jaap Marais, Willie Marais en ander uitgestap het en die eerste stappe geneem het in die daarstelling van die Herstigte Nasionale Party (HNP).

‘n Volgende voorbeeld is die hantering van die politieke onderhandelingsproses deur F.W. de Klerk. De Klerk en sy onderhandelingsraad het duidelik te veel magte gehad. Onlangs het drie voormalige NP-ministers (Fourie, Venter en Delport ) by ‘n vergadering van die FAK verduidelik hoe die onderhandelinge ontspoor het. Hulle was teen die uitkomste daarvan. Hulle het De Klerk gewaarsku. Die skuld is post facto vierkantig op die skouers van De Klerk en Roelfie geplaas. Hulle kon uitgestap en rumoer gemaak het. Hulle het nie. Stilswye is kondonasie, het reeds Sokrates gesê. Daar is op ‘n volkstemming besluit. Die mosie waaroor gestem moes word was sodanig dubbelslagtig geformuleer dat elke Jan Rap en sy maat dit sou wou ondersteun. De Klerk het egter die uitslag geïnterpreteer as ‘n mosie van volle vertroue in sy leierskap en in die proses wat uitgeloop het, soos ons dit nou ken.

Die jongste geval van ‘n mosie van volle vertroue is die manier waarop die Vryheidsfront die Mulder-toetrede tot die Zuma-kabinet post-facto gekondoneer het. Insgelyks is daar eenparige goedkeuring vir die besluit gegee, terwyl ons weet dat dit onwaar is. Daar is waarskynlik nie per geslote stembriefie gestem nie. Die metode wat gevolg is het die valse beeld van eenparigheid geskep.

Die lesse wat die geskiedenis ons leer is dat in ‘n grondwetlike demokrasie die magte van leiers duidelik omskryf, beperk en bepaal moet word. Insgelyks moet wye debat oor kernaangeleenthede plaasvind en ‘n geheime stemming oor sodanige saak gehou word. Die status van leiers moet van tyd tot tyd by wyse van geslote stemming getoets word. Kollektiewe saam-praat en saam-dink is beter as ‘n leier wat vir die groep wil besluit.

Suid-Afrika is vandag in die gemors waarin hierdie land is, as gevolg van die tipe leierskap en magte waaroor sodanige leiers beskik het.

Die groot vraag is wanneer die Afrikaner-politiek so volwasse sal word, dat van leiers verwag en selfs geëis sal word om intra vires op te tree, dus binne die beperking van die magte waaroor hulle beskik?

kong onlineлобановский политик

“Suid-Afrika” parasiteer op Afrikanersportprestasie

Die skouspel van die Blou Bulle wat oor die naweek die Chiefs van Nieu-Seeland 'n 61-17-loesing toegedien het, het ons weereens onder die indruk gebring van hoe die "reënboognasie", wat 'n verloornasie is, op Afrikanersportprestasie teer.

Die Afrikaner word in die skoolgeskiedenisboeke sleggemaak, gedurig van rassisme en ander euwels beskuldig en sy taal en kultuur misken, maar as 'n klompie Afrikaners in blou rugbytruie wen, dan word hul prestasie skielik die hele land s'n.

Volgens die TV is ons 'n Engelse land en die verrigtinge met Joel Stransky het Saterdag weereens uitsluitlik in Engels plaasgevind met die voortaan Britse maatskappy Vodacom wat as hoofborg medaljes oorhandig het. Maar tydens die wedstryd het die toeskouers van Pretoria voortdurend baniere in Afrikaans vertoon en in sy bedanking aan die skare het Victor Matfield insgelyks Afrikaans gepraat.

Selfs die kaptein van die Chiefs het – watter belediging vir die Engelse reënboognasie – in Afrikaans "baie dankie" gesê. Ook die pleknaam "Pretoria" is Saterdag dikwels gehoor.

Dit alles kon beswaarlik die goedkeuring van die Tshwane-burgemeester, dr. Gwen Ramakgopa, weggedra het wat self op die podium verskyn het om skynheilig die rugbyspelers se hande te skud.

Deur hul onbeskaamde gebruik van Afrikaans, het die Pretoriase toeskouers Saterdag getoon dat hulle nie langer met die Engelse neokolonialisme van die swart elite en die sakesektor gediend is nie.

Net soos die Bloubulrugbyspan Saterdag op die rugbyveld gewys het wie en wat hulle is, is dit hoog tyd dat die Afrikaner aan die lamsakkige, misdadige en korrupte reënboognasie begin toon wie en wat ons is.

Hoe gouer Pretorianers en Afrikaners in die algemeen op groter outonomie en selfbeskikking begin aandring, hoe gouer sal die ellende van reënboogparasitisme op Afrikanervoortreflikheid endkry.

Binnekort speel die Blou Bulle dalk nie meer vir "Suid-Afrika" – daardie anachronistiese en geusurpeerde oorblyfsel uit ons gehate apartheidsverlede – nie, maar vir 'n Afrikanerstadstaat wat die naam Pretoria waardig is.

LampДанильченко Юрий Брониславович Харьков

Obama verhoog druk op Israel

Barack Obama het vandeesweek die druk op Israel verskerp om hulle vestigingsbeleid te staak en die besoekende Palestynse leier, Mahmoed Abbas, verseker dat Amerika ’n Palestynse staat steun.

Obama se samesprekings met Abbas kom tien dae nadat hy die Israelse premier, Benyamin Netanyahu, ontvang het.

Israel het die Amerikaanse regering se jongste pleidooi dat die Joodse staat die bou van nedersettings staak, verwerp. Netanyahu en die Amerikaanse regering sit steeds vas oor ’n strategie vir vrede.

In ’n poging om die vredesproses weer aan die gang te kry, het Obama dit duidelik gemaak dat hy sal aanhou om druk op Netanyahu te plaas vir die algehele staking van die oprigting van Joodse nedersettings in die besette Wesoewergebied en dat hy die totstandkoming van ’n Palestynse staat nastreef.

“Ons kan nie meer talm nie . . . Ons moet hierdie ding weer op dreef kry,” het Obama Donderdag aan verslaggewers gesê terwyl Abbas, ’n Westers-gesteunde gematigde wat verswak word deur die meer onversetlike Hamas se beheer van die Gasastrook, langs hom in die Ovaalkantoor gesit het.

Obama het benadruk Israel se verpligtinge ingevolge die “padkaart” vir Midde-Oosterse vrede sluit die staking van Isreali vestings in, asook om te verseker dat daar ’n lewensvatbare Palestynse staat kom. Hy het gesê Palestyne moet meer doen om hul veiligheidsmagte te versterk en die anti-Israelse “opsweping” wat hy meen soms in skole en moskees voorkom, te bekamp.

Met sy eerste besoek aan Washington sedert Obama in Januarie aan die bewind gekom het, sou Abbas na verwagting redes aanvoer waarom die VSA ’n strenger houding teenoor Netanyahu moet inneem. Die Israelse premier lei ’n regsgesinde koalisie met kernpartye wat ten gunste van die setlaars is.

Netanyahu se regering het Donderdag Hillary Clinton, die Amerikaanse minister van buitelandse sake, se reguit opmerking dat alle nedersetting moet ophou, verwerp.

Beleidsverskille het seldsame onenigheid tussen die VSA en Israel aan die lig gebring, maar dit bly onduidelik hoe hard Obama bereid is om die Joodse staat te druk om toegewings te maak terwyl sy administrasie sy Midde-Oosterse strategie finaliseer.

casino slotАлександр Фильчаков Васильевич

Boesak onthul glo dat Manuel ook skenkersgeld misbruik het

Trevor Manuel, hoof van die beplanningskommissie in die presidentskantoor, is besig om regsadvies in te win oor ’n bewering dat hy geld ontvang het by Allan Boesak se destydse Stigting vir Vrede en Geregtigheid.

Boesak kan weer in die hof 'n draai maak weens onthullings in sy nuwe boek Running with Horses – Reflections of an Accidental Politician, oor watter van sy mede-struggleleiers almal geld in hulle sakke gesteek het.

Boesak, wat ’n Cope-lid van die Wes-Kaapse parlement is, is skuldig bevind en tot tronkstraf gevonnis nadat hy bedrog gepleeg het met skenkersgeld. Hy wou nie in hofsaak getuig nie, en het deurentyd volgehou dat belangrike ANC-leiers geldelik deur die stigting gesteun is.

Thabo Mbeki het uiteindelik aan die bruin predikant presidensiële kwytskelding gegee, waarmee sy misdaadrekord geskrap is.

Rapport het gister berig dat Boesak onder meer Trevor Manuel se vorige vrou asook Christmas Tinto, en sy familie gehelp het.

Boesak vertel ook van ’n besoek van regter Siraj Desai, ’n Kaapse regter met ’n struggle-agtergrond, en hoe die "werklikheid ingeskop het" met regter Siraj Desai wat gesê het hy moet tronkstraf sien as ’n 'laaste opoffering vir die struggle'.

Desai het gesê hy sal eers die boek lees voordat hy kommentaar lewer. Running with Horses word op 12 Junie bekend gestel. 

пескоструйка своими рукамиtopcargo отзыв

MDC eis Mugabe-binnekring se koppe

 Die Zimbabwiese beweging vir demokratiese verandering (MDC) het gister die stadige pas van verandering betreur en geëis dat Gideon Gono, president van die reserwebank, en Johannes Tomana, prokureur-generaal, onmiddellik bedank.

In resolusies wat die party op sy jaarlikse konferensie aanvaar het, het die MDC ook gevra vir ’n streekberaad om verskille tussen Morgan Tsvangirai, sy leier en die premier, en pres. Robert Mugabe op te los omdat dit die eenheidsregering kniehalter.

Die MDC kritiseer al lank Mugabe se besluit om Gono as hoof van die reserwebank en Tomana as prokureur-generaal te behou.

Tsvangirai het die kwessie verlede week probeer ontlont deur te sê die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap moet oor hul toekoms besluit. Nietemin het die MDC in sy resolusies, voorgelees deur mnr. Tendai Biti, MDC-sekretaris-generaal en minister van finansies, gesê albei moet hul poste onmiddellik ontruim in die nasionale belang.

Gono word wyd gekritiseer omdat hy Zimbabwe se ekonomiese vryval en rekord-inflasie nie kon keer nie en Tomana weens politiek gedrewe vervolgings ná verlede jaar se betwiste presidentsverkiesing.

Tsvangirai het sterk teenstand in MDC-geledere gekry oor die magsdelingsooreenkoms wat hy in Februarie met Mugabe gesluit het. Die resolusie maak dit duidelik die party is ongelukkig oor wat konferensiegangers as ’n gebrek aan hervorming en voortgesette intimidasie van hul aanhangers deur pro-Mugabe-militante beskou.

Die party het gesê die regering moet iets doen aan die “stadige pas van media-hervorming, die stadige instelling van die 100 dae-plan, voortgesette ontplooiing van soldate in dorpe en die teenwoordigheid van militante en spookwerkers se name op die regering se salarisstaat”.

Tsvangirai het sy ondersteuners aan die einde van die konferensie probeer paai en gesê hy het nie van die party se oogmerke afstand gedoen nie. “Die oorgangsregering, ’n koalisieregering, is ’n stap na ’n nuwe en demokratiese Zimbabwe.”

Hy het wel sy teleurstelling oor vertragings met die instelling van die koalisie-ooreenkoms uitgespreek. “Ons is teleurgesteld oor die pas van die instelling van party van die kwessies in die omvattende politieke ooreenkoms.

“Die regering se agenda moet nie die party se agenda verwater nie. Ons moet erken kompromieë is waarskynlik, maar ons moet nie demobiliseer nie. Ons moet ons partystrukture bly versterk in voorbereiding van die verkiesing.”
оборудование для сто краснодарАлександр Фильчаков прокурор

Politieke model antwoord op onderwyskrisis

“Afrikaanse skole kwyn”, berig Beeld (2009-05-29) op die voorblad. ‘n “Reddingspoging” is “nodig om afname te stuit”, lees die subhoof.

Die geleentheid is ‘n gesprek van die FAK met belanghebbendes oor die onderwys, waar die volgende gesê is:

  * Dr. Pieter Mulder moedig Afrikaners aan om vir skoolbeheerliggame te gaan stem.
  * Mnr Chris Klopper wys op die tekort aan onderwysers.
  * Klopper sê Afrikaanse ouers stuur hulle kinders na Engelse skole.

Dit blyk nie uit die berig asof die werklike probleem aangespreek is nie.

Die werklike probleem is dat daar by Afrikaners ‘n totale uitsigloosheid is oor hulle toekoms in hierdie Suiderland. Om hierdie rede plaas baie Afrikaners hulle kinders in skole met Engels as voertaal. Kinders word voorberei vir die “onafwendbare” dag dat hulle landuit vertrek. Vanuit hierdie perspektief gesien is dit verstaanbaar dat ouers so optree.

Wat dus gedoen moet word is om ‘n werkbare politieke model op die tafel te sit wat Afrikaners sal motiveer om betrokke te raak, nie te vertrek nie en ‘n roepingsbewussyn by hulle te skep. In hierdie verband het dr. Mulder se toetrede tot die amp van adjunk-minister ‘n nuwe dimensie na vore gebring. Soos reeds elders geskryf is, sou dit beter gewees het as die VF+ ‘n geskrewe ooreenkoms met die ANC aangegaan het, eerder as om gewoon gekoöpteer te word. Dit is egter nog nie te laat om as vierde komponent tot die ANC alliansie toe te tree nie, maar dan op die grondslag van spesifieke sake, waaronder kulturele selfbeskikking vir Afrikaners.

Belangrik is die aspek van Ouer-beheerliggame. Dr. Mulder weet waarskynlik nie dat alhoewel ouerbeheerliggame wel die magte het om die etos, kulturele inslag, religieuse rigting en taal van onderrig van ‘n skool te bepaal, genoemde liggame se magte reeds so deur wetgewing aan bande gelê word, dat Ouer-beheerliggame eintlik substrukture van die Onderwys-organe van die regering geword het.

In hierdie verband is die Ermelo-skool-saak van kardinale belang. Die Ouer-beheerliggaam het wel in die Appelhof sy saak gewen oor die magte van daardie Beheerliggaam, maar die Staat verwys die uitspraak na die Grondwetlike Hof. Dit gebeur in die bewindsfase van president Jacob Zuma. In ‘n gesprek van Afrikaners soos doktore Johann Wingard, Dan Roodt, Chris Landman en Danie Goosen met mnr. Zuma die belangrike stelling gemaak dat politieke kwessies liefs nie in die howe besleg moet word nie. Politieke kwessies moet deur politici in onderhandeling opgelos word.

Gesien die feit dat dr. Mulder se kritici van oordeel is dat hy Dingaan se stat sonder wapens binne gegaan het, is dit sy eerste toets om die President te vra dat die Appel na die Grondwetlike Hof gestaak word en dat die ANC as beleidstandpunt die beslissing van die Appelhof aanvaar. Sou dr. Mulder daarin slaag om die belangrike aangeleentheid van die magte van Beheerliggame in onderhandeling gunstig met die ANC te besleg, het hy die eerste toets van betrokkenheid by die ANC geslaag. Doen Mulder dit nie of slaag hy nie daarin nie, het hy ‘n belangrike toets sodanig gedop dat verdere betrokkenheid by ‘n ANC-regering futiel vir die VF+ sal wees.

Inmiddels is die tyd nou ook ryp dat die FAK ‘n groot kongres van meningsvormers byeen sal roep oor die vraag watter politieke model deur Afrikaners nagejaag sal word. Gerugte wil dit hê dat dr. Danie Goosen reeds etlike gesprekke met leidinggewende akademici gehad het oor die federale regstaat as antwoord.

пуско зарядногоtopcargo отзывы

Afrikaanse skole kwyn

Die Genootskap vir die Handhawing van Afrikaans het in 'n verklaring met dankbaarheid kennis geneem van die R12 miljoen leningskema (Beeld 29 Mei – Afrikaanse skole kwyn) wat die SAOU beskikbaar gestel het om die kommerwekkende kwyning van Afrikaanssprekende onderwysergetalle teë te werk.

Die GHA reken egter dat daar nog baie meer gedoen moet word om die situasie te beredder aangesien die gewese minister van onderwys, Naledi Pandor, verlede jaar verklaar het dat personeelkamers van Afrikaanse skole getransformeer moet word omdat dit nog te wit is. Volgens haar is daar hope swart onderwysers wat bevoeg is om vakke in Afrikaans aan te bied.

Die GHA is voorts van mening dat die Afrikaner moet agiteer vir sy eie Onderwysowerheid omdat elke volk die reg het om sy eie kinders op te voed en te onderrig in sy taal en volgens sy tradisies, kulturele waardes, godsdienstige beginsels en standaarde.

Daarnaas moet Afrikaanse Onderwyskolleges opgerig word, beurse beskikbaar gestel word en die status van ons opvoeders herstel word sodat dit aantreklik sal wees vir geskikte kandidate om onderwys as beroep te volg.

online casino freeлобановский александр биография

Kanadese GG eet robhart rou

ImageGoewerneur-generaal Michaelle Jean, Brittanje se koningin Elizabeth II se verteenwoordiger as staatshoof in Kanada, het dié week 'n stuk robhart uitgesny en dit rou geeët. Jean, 'n bruin vrou, se gebaar is deur die EU-woordvoerder as "te eienaardig om te noem" beskryf.

Die goewerneur-generaal wou Maandag haar ondersteunig vir Kanada se robjagters toon nadat die EU vroeër die maand gestem het om 'n verbod op robprodukte in te stel omdat dit so wreed is.

Toe sy Dinsdag gevra is of sy dit as 'n boodskap aan Europa bedoel het, het sy geantwoord dat 'n mens "daarvan kan maak wat jy wil".

Honderde lede van die inheemse gemeenskap was byeen vir 'n fees waar Jean gekniel het by 'n paar robkarkasse. Sy het daarna 'n tradisionele oeloelem gebruik om die vleis mee te sny. Nadat sy die vleis gesny het, het sy aan die vrou neffens haar gevra of sy die hart kan eet.

Sy het 'n stuk heel ingesluk en daarna verklaar dat dit soos soesji smaak en bygevoeg dat dit ryk is aan proteïen.

Rebecca Aldworth, direkteur van die Internasionale Menslikheidsvereniging in Kanada, sê Jean se optrede was misleidend omdat die inheemse bevolking reeds deur wetgewing beskerm word.

'n Robbejagter van Newfoundland het die gebaar geniet en gesê dit sal omgewingsbewustes skok, maar glo dat Jean sterk genoeg is vir om kritiek te weerstaan.

real activetopcargo

Duitsland se ‘wonderwapen’

ImageOnlangs tel ek weer PF van der Schyff se boek op, Die Ossewabrandwag: Vuurtjie in die droë gras, 1991, waarin hy beskryf hoe Dr JFJ van Rensburg op die dag van Duitse oorgawe in 'n "verskriklike" toestand was omdat hy tot op die laaste geglo het dat Duitsland danksy 'n geheime wapen 'n oorwinning sou behaal.

Van Rensburg, wat nou met Duitsland geskakel het deur die loop van die Tweede Wêreldoorlog, het trouens toe al vroeër soortgelyke uitsprake gemaak in die teenwoordigheid van twee Amerikaanse gesante, naamlik O Stephens en JS Harris tydens 'n onderhoud in 5 Junie 1944, terwyl Duitsland besig was om op sy knieë te sak. Hy het onwrikbaar in die Duitsers se oorwinning geglo en ook gemeen dat só 'n oorwinning 'n republiek in Suid-Afrika sou verseker.

Alhoewel sy ideaal van 'n republiek later bewaarheid is omdat Smuts nie 'n Nürnbergverhoor kon waag voor die 1948-verkiesing nie, word van Rensburg se vertroue in 'n Duitse oorwinning wat deur 'n geheime wapen teweeg gebring sou word, dikwels afgelag.

Dit het egter nou aan die lig gekom dat Hitler wel besig was om 'n "wonderwapen" te ontwikkel. Die Messerschmittstraalvegterprojek het ongelukkig vir Duitsland net te laat gekom om 'n verskil te maak.

Nadat die Geallieerdes lugaanvalle oor Duitsland se industriële en stadsgebiede verhoog het, het die Nazi's druk begin soek na 'n minder opsigtelike plek om hulle wapenbedryf heen te skuif. Op 20 Maart 1944, word van die aanlegte na Lausitz in die ooste van Duitsland geskuif.

Junkers, die vliegtuig en enjinvervaardiger van Dessau, het in 'n tekstielfabriek ingetrek van die Morasbroers in Zittau, naby aan die Poolse grens. Vermom as 'n maatskappy met die naam Zittwerke AG was dit nie 'n gewone wapenfabriek nie, maar die plek waar die eerste straalenjin aanmekaar gesit is wat Hitler se "geheime wapen" die Messerschmitt Me 262 straalvegter sou aandryf.

Jürgen Ulderup van Junkers in Dessau was die fabrieksbestuurder in Zittau. Hy het dadelik 'n hele netwerk van ondernemings in die gebied opgerig, alles hoogs geheim.

Die gebied se tekstielnywerhede, wat reeds mank gegaan het, is verder ondergedompel omdat sekere fabrieke geheel en al oorgeneem is deur die nuwe projek. 'n Uiteindelike oorwinning vir Duitsland was egter van groter belang en 2 500 werkers het onder lugvaartspesialiste geswoeg om die projek te voltooi.

Nie alleen is die Morasfabriek oorgeneem nie, maar ook Haeblerbroers, Rudolf Breuer se weefwerke in Reichenau, die Kreutziger & Henke maatskappy in Leutersdorf, die Ebersbachweefwerke, asook 13 ander fabrieke.

Die hart van die projek was egter in wat vandag in Pole lê, naamlik Porajów. Dié fabriek is deur die 17de SS "Totenkopf" bataljon opgepas.

Daar is van dwangarbeid, hoofsaaklik vanuit die Oekraïene afkomstig, gebruik gemaak. Die Neisseriviervallei het dag en nag weerklink met die geluid van metaal. Inwoners het opgewonde gefluister dat die "wonderwapen" daar gebou word, maar niemand kon beskryf wat dit sou wees nie.

'n Messerschmittvliegtuig, die Me 262-V 1, met 'n Junkers Jumo 004A-0 straalenjin, het op 2 Maart 1943 opgestyg en die toets was suksesvol. 'n Autobahn is vir die aanloopbaan gebruik. Daarna het die fabrieke in alleryl begin werk om die Luftwaffe te voorsien. Die fabrieke was ook goed verbind dmv 'n bestaande spoornetwerk.

Maar dit was reeds te laat. Aan die begin van 1945 was die Russe by die oostelike grens en die Geallieerdes in die weste. Die Nazi's wou nie moed opgee nie en op 28 Februarie 1945 kondig Joseph Goebbels aan dat die "wonderwapen" die oorlog se uitkoms gaan swaai.

Maar 'n dag voor Goebbels se toespraak val Görlitz noord van Zittau en lê die front digby die fabriek. Werkers kan die gedonder van Russiese wapentuig hoor waar hulle koorsagtig bly werk.

Op 7 en 8 Maart slaag die Duitsers daarin om die aankomende Rooi Leër tydelik te stuit, maar met swaar verliese. Die fabrieke moet noodgedwone sluit en die inwoners ontruim word. Die hele fabriek word, gegewe die uiterste belang van die projek, na 100km wes van Leipzig verskuif, na die dorp Nordhausen, maar die projek om Duitsland se oorwinning te verseker, sluit finaal.

и каминыалександр лобановский супермаркет класс