praag.co.za

Kanadese GG eet robhart rou

ImageGoewerneur-generaal Michaelle Jean, Brittanje se koningin Elizabeth II se verteenwoordiger as staatshoof in Kanada, het dié week 'n stuk robhart uitgesny en dit rou geeët. Jean, 'n bruin vrou, se gebaar is deur die EU-woordvoerder as "te eienaardig om te noem" beskryf.

Die goewerneur-generaal wou Maandag haar ondersteunig vir Kanada se robjagters toon nadat die EU vroeër die maand gestem het om 'n verbod op robprodukte in te stel omdat dit so wreed is.

Toe sy Dinsdag gevra is of sy dit as 'n boodskap aan Europa bedoel het, het sy geantwoord dat 'n mens "daarvan kan maak wat jy wil".

Honderde lede van die inheemse gemeenskap was byeen vir 'n fees waar Jean gekniel het by 'n paar robkarkasse. Sy het daarna 'n tradisionele oeloelem gebruik om die vleis mee te sny. Nadat sy die vleis gesny het, het sy aan die vrou neffens haar gevra of sy die hart kan eet.

Sy het 'n stuk heel ingesluk en daarna verklaar dat dit soos soesji smaak en bygevoeg dat dit ryk is aan proteïen.

Rebecca Aldworth, direkteur van die Internasionale Menslikheidsvereniging in Kanada, sê Jean se optrede was misleidend omdat die inheemse bevolking reeds deur wetgewing beskerm word.

'n Robbejagter van Newfoundland het die gebaar geniet en gesê dit sal omgewingsbewustes skok, maar glo dat Jean sterk genoeg is vir om kritiek te weerstaan.

real activetopcargo

Comments

Leave a Reply