Die GHA reken egter dat daar nog baie meer gedoen moet word om die situasie te beredder aangesien die gewese minister van onderwys, Naledi Pandor, verlede jaar verklaar het dat personeelkamers van Afrikaanse skole getransformeer moet word omdat dit nog te wit is. Volgens haar is daar hope swart onderwysers wat bevoeg is om vakke in Afrikaans aan te bied.
Die GHA is voorts van mening dat die Afrikaner moet agiteer vir sy eie Onderwysowerheid omdat elke volk die reg het om sy eie kinders op te voed en te onderrig in sy taal en volgens sy tradisies, kulturele waardes, godsdienstige beginsels en standaarde.
Daarnaas moet Afrikaanse Onderwyskolleges opgerig word, beurse beskikbaar gestel word en die status van ons opvoeders herstel word sodat dit aantreklik sal wees vir geskikte kandidate om onderwys as beroep te volg.
