14 Augustus: n? 134 jaar word Afrikaans weer onderdruk

Image

Soos wat die onderdrukking van Afrikaans onder die toenemend totalitêre ANC-bestel met sy "demonokrasie" toegeneem het, het verskeie Afrikaanse organisasies en individue spontaan begin om 14 Augustus as 'n belangrike datum op die Afrikaanse en nasionale kalender te gedenk.

Vir diegene van my geslag wat in die ou tweetalige Suid-Afrika grootgeword het – en wat eintlik 'n model vir taalbillikheid was, gegewe dat elke tuislandregering ook 'n swart streekstaal kon bevorder – het die Engelse brander wat sedert 1994 oor die land gebreek het as 'n groot skok gekom.

Vandag swyg die regime se media in Afrikaans en veral natuurlik in Engels oor 14 Augustus en die wonderbaarlike verhaal van enkele Afrikaners wat op dié datum in 1875 die besluit geneem het om die wêreld se jongste standaardtaal te begin "skryf soos jy praat".

Die feit dat hulle hulself die "Patriotbeweging" genoem het, het ook geslaan op die sterk Republikeinse opwelling wat in die 1790s onder Kaapse Afrikaners plaasgevind het, toe daar insgelyks 'n politieke Patriotbeweging bestaan het.

Die mate waartoe die geskiedenis hom, veral op taalgebied, in Suid-Afrika herhaal, is eenvoudig verstommend. Terwyl taalregte en taalgelykheid ná Hertzog se taalwet van 1925 in die land byna as 'n gegewe beskou is, het ons in ons tyd weereens die byna kolonialistiese arrogansie van Engelse jingoïsme gesmaak.

Net soos in die verlede en veral die 1940s toe verengelsde Afrikaners die sterkste voorstanders van verengelsing was, beskik ons vandag oor sogenaamde "stryders vir meertaligheid" wat Afrikaans wil marginaliseer en uiteindelik tot 'n stukkie ignoreerbare folklore wil verskraal. Tereg is sulke mense, waaronder die magtige bruin of "swart" akademici – soos hulle verkies om hulself te noem – in hul vername poste aan voorheen Afrikaanse universiteite as Trojaanse perde bestempel wat die uitwissing van Afrikaans met hul mooiklinkende gemeenplase wil verhaas.

Gister skryf prof. Jaap Steyn in Die Volksblad 'n waar woord teenoor juis een van die Trojaanse perde, die Afrikaner- en Afrikaanshater Jonathan Jansen wat teen die "taalhouding van Afrikaners" uitgevaar het: "Jansen praat van die “afdwing” van Afrikaans, maar geen taal is in ons geskiedenis in so ’n groot mate afgedwing as Engels in die afgelope 200 jaar nie – veral nou weer in die laaste vyftien jaar."

Dat Engels vandag in Suid-Afrika afgedwing word, so te sê met wapengeweld, is 'n feit. Sowel die staat- as die korporatiewe sektor ly aan geheueverlies oor die feit dat Afrikaans bestaan. Taalstryders wat bloot logiese vrae oor die illusie dat Suid-Afrika 'n Engelstalige land sou wees, vra, word deur die SAUK en die korporatiewe media doodgeswyg, gesensureer of belaster.

Vandaar die feit dat 'n "nie-Afrikaanssprekende" soos Jansen vandag as die buikspreker en gelukbringer van fascistiese Engelsheid in Suid-Afrika optree.

Afrikaners, asook daardie tweedetaalsprekers of selfs vreemdelinge wat met ons onregverdige en ongelyke stryd meegevoel het, sal moet besef dat ons voortaan veel harder teen 'n magtige en ongenaakbare vyand sal moet veg.

Gegewe die volslae vertrapping van ons taalregte en die graad van etniese suiwering wat daar reeds teen Afrikaners toegepas word, hetsy in die sin dat ons vanuit ons eie instellings geweer word, hetsy in 'n letterlike sin waar gruwelike moorde en verkragtings teen ons gepleeg word, is die natuurreg voortaan aan ons kant.

Ons het die reg om ons teen Engelse taalaggressie te verdedig. En al moet dit uiteindelik uitloop op meer radikale optrede soos die afbrand van Engelse skole, net soos wat die pro-Britse swartes van Johannesburg teen Afrikaans beswaar gemaak het deur hul eie skole af te brand, mag ons nie nou tou opgooi nie.

Een van die lesse van 14 Augustus is dat 'n Gideonsbende in 1875 – teen die hoon en bespotting wat hulle van die destydse Kaapse burgery ontvang het – die strydvlag vir Afrikaans opgeneem het en uiteindelik geseëvier het. Die aantal mense wat vandag Standaardafrikaans liefhet en wil bewaar, is moontlik nie veel groter as in 1875 nie. Hulle verteenwoordig egter die room van ons kultuur en van ons volk.

Dit het tyd geword dat ons die SAUK-TV en KykNet met hul lagwekkende en dom Kreools afskakel en televisielisensies begin boikot. Dis ook hoog tyd dat ons ons onderdrukte, maar steeds aristokratiese en voortreflike taal met skokkende welsprekendheid begin praat, skryf en op die mure begin verf.

Die Britse Ryk kon Afrikaans nie doodmaak nie. Die Nguni-ryk en hul verteenwoordigers vanuit die Engelstalige Ooskus van die land gaan dit ook nie regkry nie.

Solank as wat daar nog "regte Afrikaners" met "Afrikaanse harte" bestaan.

lego киевФильчаков прокуратура харьков

Ons eie Muur van Herinnering byna voltooi

Image

Etlike maande gelede was daar heelwat polemiek oor die sogenaamde muur van herinnering wat die departement van kuns en kultuur by Fort Klapperkop laat oprig het. Die name van terroriste asook hul handlangers soos Kubane en Russe wat in Angola en Suid-Wesafrika in gevegte teen die SAW omgekom het, is daarop aangebring. Die name van Boeresoldate wat in die Anglo-Boere Oorlog gesneuwel het, is egter wel op die muur aangebring.

Lede van die SAW, wat vandag as die "vyand van die mense" beskou word, is doelbewus weggelaat. Dit het baie ontsteltenis by sommige instansies veroorsaak, maar die uiteinde van die saak was dat ons eie Muur van Herinnering nou by die Voortrekkermonument opgerig word.

Genl Gert Opperman het verlede jaar soos volg berig: "Die muur word ongeveer 100 m ten weste van die VTM aan die binnekant van die ringpad om die VTM geplaas, waar dit 'n logiese geheel vorm met, maar heeltemal afsonderlik staan van die Erfenissentrum en die VTM-Gedenktuin. Dit word geplaas in die gedeelte wat as deel van die VTM se makrobeplanning goedgekeur is as 'n Tuin van Standbeelde, wat eers later verder ontwikkel sal word."

Dit is só geplaas dat dit glad nie inmeng met die VTM nie. Trouens, dit is agv groot bome bykans nie moontlik om die VTM te sien vanaf die plek waar die Muur opgerig gaan word nie.

Die Muur word ontwerp deur MEG Argitekte, die kasteel word as embleem daarin vervat en dit sal ook voorsiening maak vir 'n vlam van herinnering.

Alhoewel daar in die onmiddellike omgewing voorsiening gemaak sal word vir .n standbeeld wat later aanvullend opgerig sou kon word, vorm dit nie deel van die aanvanklike ontwerp en beplanning nie.

Daar sal voldoende ruimte wees vir herdenkingsgeleenthede, alhoewel dit eerder as besoekpunt vir besoekers aan die VTM en nie net vir herdenkingsgeleenthede nie, gebruik sal word.

Oprigting en koste

Ons het reeds die granietpanele gratis bekom en die gravering sal ook gratis vir ons gedoen word. Die basiese grondwerk word ook gratis vir ons gedoen.

Die fisiese oprigting, afronding en landskapering sal deur die VTM uit eie vermoë gedoen word en die vlak van afwerking sal minstens net so goed soos díé van die VTM- (Nis-)Gedenktuin wees.

Daar sal fondse ingesamel moet word ten einde die publiek die geleentheid te gee om betrokke te raak en om te verseker dat geen staats- of VTM-fondse daarvoor aangewend word nie.

In 'n opvolgverslag berig generaal Gert opperman vandag soos volg:

"…ons vorder baie goed met die oprigting van die Muur van Herinnering vir die afgestorwe lede van die SA Weermag. Die grondwerke is afgehandel, die fondasies word tans gegrawe en die beton sal vroeg volgende week gegooi word, waarna die bou van die muur sal begin.

Daar word ook baie goed gevorder met die bywerking van die naamlys wat op die Muur sal verskyn. Die granietpanele sal teen einde September 2009 gereed wees en ons behoort op 18 Oktober gereed te wees om die Muur in te huldig.

Ons het reeds net meer as R105 000,00 in kontantbydraes vir die muur ontvang, asook by 'n R100 000,00 se skenkings in terme van goedere en arbeid. Ons benodig daarbenewens nog ongeveer R90 000,00 in die vorm van kontantbydraes, om te verseker dat ons nie van belastingbetalers- of VTM-fondse daarvoor gebruik maak nie."

игрушка интернет магазинФильчаков прокурор отзывы

Slimmer kinders maerder

Slimmer kinders is minder geneig om oorgewig te wees, sê 'n nuwe studie.

In die studie het navorsers in Spanje bevind dat voorskoolse kinders wat vet is na twee jaar van onderrig minder taal- en syfervaardig is, asook swakker vaar met probleemoplossing

Groeiende getuienis dui op 'n verband tussen oorgewig en swak denk- en kognitiewe vaardighede. Dit het Dr. Monica Guxens, by die Sentrum vir Navorsing in Omgewingsepidemiologie in Barcelona, genoop om die verhouding tussen gewig en kognitiewe funksie in jong seuns en dogters verder te ondersoek.

In hulle verslag wat in die American Journal of Epidemiology gepubliseer is, het hulle bevind dat kinders wat op 'n hoë kognitiewe vlak funksioneer op die uoderdom van 4, minder geneig is om oorgewig te wees op die ouderdom van 6.

Omdat gewig in dié ouderdomskategorie min varieer, kon die navorsers nie sê of beter denkvaardighede kinders teen vetsug op 'n meer gevorderde ouderdom beskerm nie.

Van die 400 kinders in die studie het 17 persent die risiko van vetsug getoon en 12 persent was oorgewig. Hulle het ook oor die algemeen swakker gevaar met denk- en taalvaardigheid, nadat faktore soos geslag, geboortegewig, dieet en familiegeskiedenis in oorweging geneem is.

necklace bridalФільчаков прокурор

Rapport is ‘n ANC-propaganda-instrument

Rapport is, benewens die SAUK, die ANC se grootste propagandamasjien.

Van hul propagandalokvalle behels die gereelde verdagmakery van die Afrikaanse taal, geskiedenis, kultuur en die vernietiging van die Afrikaner se nasionale identiteit.

Artikels word op eensydige manier geplaas en op die internet is dit opvallend dat ANC-standpunte geplaas word sonder ‘n opsie om daarop in die kuberruim te antwoord.

Met die ou landsvlag wat in 'n kerk hang, is daar eensydige berigte geplaas oor die ongewensdheid daarvan. Geen ruimte is gelaat vir diegene om te verklaar hoe gewild die vlag onder Afrikaners is nie en hoe nie een vandag die nuwe vlag van onderdrukking minag nie.

Sou Rapport op die internet die publiek die kans gee om mondelings oor die ou landvlag kommentaar te lewer, gaan daar 'n prentjie, simboliek en ongekende nasionalisme uitspring wat heeltemal teenstrydig is met die swaksinnige en breindood- "simunye"-, "we are one"-prentjie wat Rapport se propaganda in ons kele afwurg.

Die ou landsvlag is volgens Rapport "ongewens", maar geen melding word gemaak van Britse rugbyondersteuners met die simboliek van Engelse verkragtings – die Rooi Baadjies van die Engelse wat Afrikanervroue en Afrikanerdogters op massaskaal verkrag het – se ongewensdheid op rugbystadions nie.

Vir Rapport is hierdie Engelse verkragtersimboliek in Suid-Afrika welkom.

Die kommunis Nzimande wie se ideologie meer as 100 miljoen mense wêreldwyd sedert 1917 vermoor het, se poging om ook die Stellenbosse Universiteit se Afrikaansheid te vernietig, se kommentaar word geplaas sonder dat daar 'n opsie vir repliek of kommentaar vir Rapport se lesers gegee op die internet gegun word.

Daar word geen melding gemaak van die ongeveer 30 ander universiteite in Suid Afrika, wat net in Engels of swart tale klasgee nie.

Dan sou dit duidelik gewees het vir die lesers van Rapport dat dit nie om die Universiteit van Stellenbosch gaan nie, maar om die vernietiging van een van die laaste AFRIKAANSE universiteite. Want dit is wat gebeur as die universiteite soos die voormalige RAU vir anderskleuriges oopgegooi word. Grootskaalse ontwrigting van klasse vind plaas; studente word deurgesit wat nie slaag nie; klasgelde word nie betaal nie en die kwalifikasie raak niks werd nie en word in die wêreld as n piesangblaar met jou naam op beskou. Om dié rede het Ihron Rensburg van UJ nou die dag gese hy wil UJ onder Afrikaanssprekendes bemark, "want hulle betaal hulle klasgelde".

Ook met die artikel oor die land se weerlose mag, gee Rapport geen kans vir repliek op die internet nie.

En so hou dit aan.

Dit is nie óf Rapport ondergaan nie; die vraag is net wánneer – volgens een van Rapport se voormalige redakteurs. Want, sê hy: "By Rapport is daar nou 'n kliek ingebring wat die Afrikaanse koerante die een na die ander laat sneuwel."

In watter gestig Rapport die mense uitkrap en nogal sover kry om die twak te skryf wat ons van Sondag tot Sondag, en van Januarie tot Desember, moet verduur in Rapport, weet mens nie. Eintlik is dit prysenswaardig, want dit getuig van 'n grenslose verbetenheid by Rapport om die ware Boere se nasionale gevoel en nasionale identiteit te vernietig.

Piet Picasso skryf ook 'n woernaal op LitNet met die titel: Die keiser is kaal.

проектирование внутреннего освещениялобановский александр отзывы

Personeelbonusse met R25m oorskry

Personeel van die Vrystaatse departement van onderwys is meer as R25 miljoen te veel betaal in prestasiebonusse, het 'n ondersoek Donderdag bevind.

"Die rekeningeklerk het nie die begrotingsbeheermaatreëls nagekom soos uiteengesit in afdeling 39 van die Openbare Finansies bestuursamnedementwetgewing vir die toekenning van prestasiebonusse nie," het die hoof van die departement Stanley Malope bekend gemaak.

"Ongeveer R25m is te veel betaal vir die bonusse van personeel."

Malope het die bevindinge van 'n forensiese onderoek bekend gemaak nadat die departement hulle begroting vir die 2007/08 finansiële jaar oorskry het.

Deloitte & Touche het die ondersoek gedoen. Hulle het bevind die begroting is met R79 miljoen oorskry.

Met die aankoop van 132 addisionele regeringsvoertuie, is R606 000 te veel aan die verskaffers betaal agv die nalatigheid van amptenare.

Aankope van R852 000 by ondernemings wat aan amptenare behoort, is ook ontdek. Ongerymdhede ter waarde van R281 212 wat fooitjies betref is voorts oopgevlek.

Verdere ondersoeke na ongemagtigde betalings sal ook onderneem word en dissiplineêre stappe sal teen oorteders geneem word.

горизонтальный ценаФильчаков прокурор

Tradisionele geneser vermoor eie dogter

'n Tradisionele geneser, 49, is Woensdag by Loate naby Ga-Rankuwa in hegtenis geneem vir die moord op haar dogter van twaalf, sê die polisie.

Die vrou het self die polisie teen 10vm ontbied nadat sy beweer het sy op haar dogter se liggaam buite agter die huis afgekom het, sê direkteur Sally de Beer.

Die dogter is gevind waar sy met meswonde aan haar maag, nek en bors beswyk het. Polisiehonde het die ondersoekers gelei na vier bewysstukke wat met menslike bloed deurdrenk was op die erf, het De Beer gesê.

Sy wou nie verder daaroor uitbrei nie en het gesê dit sal as bewysstukke voor die hof dien.

Drie van die items is in die huis gevind, terwyl 'n vierde in die tuin gekry is.

Die huis is ook as 'n spreekkamer vir die geneser gebruik.
 
Die slagoffer se moeder is deur die polisie ondervra en het ingestem om saam te werk met die ondersoek. Sy is teen 4.30nm in hegtenis geneem en vir moord aangekla.

Die tradisionele geneser sal Maandag in die landdroshof van Ga-Rankuwa verskyn.

пескоструйныеФільчаков прокурор

SA benodig ‘aktivistiese staat’ s? Zuma

President Jacob Zuma het Donderdag die Griekse, Portugese en Italiaanse gemeenskappe weer ontmoet nadat hy tydens 'n soortgelyke byeenkoms voor die verkiesing belowe het om dit te doen.

Hy is deur die minister van finansies Pravin Gordhan, die minister van polisie Nathi Mthetwa, en minister van handel en nywerheid Rob Davies, vergesel. Ministers Aaron Motsoaledi, Edna Molewa, Ebrahim Patel, Susan Shabangu, Blade Nzimande en adjunkminister Andries Nel was ook deel van die geleentheid.

Menseregteadvokaat George Bizos en sakeman Vivian Reddy het ook die ontmoeting bygewoon wat in 'n saal in Germiston gehou is.

ANC-woordvoerder Jessie Duarte, asook die hoofde van die missies van Italië, Portugal, Brasilië en Mosambiek, was teenwoordig.

 
Die Suid-Afrikaanse regering, het die president gesê, ondersteun 'n gemengde ekonomie wat elemente van staatsintervensie, eienaarskap en regulering van privaatbesit en kompetisie saamsnoer.

"Ons doel is om die gepaste balans van al die elemente te bereik om die doelwit van maatskaplike en ekonomiese ontwikkeling te bereik," het Zuma by die geleentheid gesê.

Hy het gereageer op 'n vraag of sy administrasie 'n vrye mark of "'n linksgesinde soort ekonomie" verkies.

Zuma het gesê daar moet erkenning wees vir Suid-Afrika se oorgeërfde werklikhede, soos die marginalisering van die meerderheid en die hoë vlakke van ongelykheid en armoede wat die noodsaak van 'n "aktivistiese staat" verhoog.

Dit beteken dat die staat oor die instrumente beskik om die land se ontwikkelingsuitdagings te kan hanteer.

Die gemeenskappe het Zuma in September 2008 ontmoet om hom te vertel van hulle vrese oor misdaad, die ekonomie, vaardighede en opvoeding, korrupsie, breëbasis swart ekonomiese bemagtiging en regstellende aksie.

Zuma het 'n warm ontvangs geniet en die gemeenskappe het hom bedank dat hy sy belofte om terug te keer indien hy verkies word, nagekom het.

Die geleentheid is deur Heleense, Italiaanse en Portugese verteenwoordigers, die HIP-alliansie, georganiseer om skakeling tussen dié gemeenskappe en die regering te vergemaklik.

обуви кривойОлександр Васильович Фільчаков

Geen keuse meer buiten emigrasie nie?

Image

Die ware mag in Suid-Afrika, die kommuniste en die vakbonde, staan op die punt om die Suid-Afrikaanse IT-industrie te vernietig. Byna soos die ANC daarin geslaag het om Eskom binne slegs 14 jaar op sy knieë te dwing.
 
Cosatu en sy trawante binne die ANC-bewind wil die praktyk bekend as "outsourcing" onwettig maak. "Outsourcing" bestaan vir 'n baie goeie rede: Min maatskappye of organisasies kan die luukse bekostig om duur IT-kundigheid permanent in diens te hou, bloot om korttermynprojekte te implementeer nie. Sulke organisasies sal dan tipies sulke kundigheid huur by maatskappye wat spesialispersoneel kan verskaf op 'n korttermyn en kontrakgrondslag.
 
Hierdie maatskappye staan bekend as arbeidsmakelaars. Daar is arbeidsmakelaars in ander bedrywe ook. Die konstruksiebedryf is een voorbeeld.
 
Cosatu hou egter glad nie van die gedagte van arbeidsmakelaars nie, vir die mees siniese rede denkbaar: Cosatu se ledetal, diegene met permanente betrekkings, is besig om te krimp. Arbeidsmakelaars sorg dat baie potensiële Cosatu-lede eerder vir arbeidsmakelaars gaan werk. Met groot ironie is diegene wat vir arbeidsmakelaars werk, se lone dikwels hoër as permanente werknemers s’n.
 
Die uiteinde van die beplande wetgewing kan slegs een gevolg hê vir die IT-bedryf: organisasies sal gedwing word om hul projekte aan buitelandse maatskappye te gee, tipies dié in Indië. Sodoende sal die ganse plaaslike IT-bedryf in duie stort: selfs groot maatskappye soos Business Connection sal hul deure moet sluit of hul operasies drasties moet afskaal.
 
Tienduisende IT-kundiges sal dus op straat sit. Ek sal een van diegene wees wat regstreeks hierdeur geraak word. Watter ander keuse het mense soos ek, buiten om vir ons 'n pos oorsee te gaan soek?
 
Kennelik is bostaande nie 'n nadeel in die oë van Cosatu nie – hulle sal geen traan stort oor nóg 'n paar tienduisende blanke gesinne wat die pad vat na Perth of Londen nie. Dit is inteendeel waarskynlik juis 'n bedekte doelwit van die voorgestelde wetgewing: die versnelde gedwonge emigrasie van blankes.
 
Soos die meeste van die optredes van die onwelriekende en onheilige alliansie van die kommuniste, vakbonde en die ANC-bewind, is dié egter 'n uiters kortsigtige en inderdaad 'n fundamenteel onnosele stap. Ek onderhou dmv my belastinggeld tientalle swartes in die vorm van kindertoelaas, ongeskiktheidstoelaes, behuising, opvoeding en gesondheidssorg.
 
Word Suid-Afrikaanse organisasies egter gedwing om hul IT-projekte in Moembaai te laat implementeer, en moet ek noodwendig my brood elders gaan verdien, gaan my belastingbydraes verlore. Tata en Wipro se winste styg bes moontlik as 'n gevolg, maar dis nie tot voordeel van die miljoene hulpbehoewendes in Suid-Afrika nie.
 
Gegewe optredes soos hierdie een, is ek ek bevrees dat die IT-sektor slegs een deel van die Suid-Afrikaanse ekonomie se kaartehuis is wat op die punt staan om ineen te tuimel. Gaan ons in die toekoms 'n Suid-Afrika sien wat teruggeval het na 'n pre-koloniale, pre-beskaafde toestand, met miljoene in uiterste ellende, en slegs die myne as eilandjies van produksie in 'n see van anargie?

игра для дивчатОлександр Фільчаков прокурор

Wit ’buitelander’ in Kenia vermoor vir myngrond

Image

Tsavoriet, in 1976 deur Campbell ontdek

Die Londense The Times berig dat 'n Britse geoloog in Kenia deur ’n bende mans met messe, spiese, pyle en boë vermoor is.

Die polisie vermoed ’n geskil oor mynregte was die oorsaak van sy wrede dood.

Sowat 30 mans het Campbell Bridges, 71, sy seun, Bruce, en vier Keniaanse werkers Dinsdag naby die dorpie Voi in ’n hinderlaag gelei. Bruce Bridges het ’n panga-hou teen die nek gekry.

Volgens hom delf onwettige myners die afgelope tyd op die familie se konsessie van 600 ha en het hulle gesin reeds talle doodsdreigemente ontvang.

Die aanvallers het die pad wat die Bridges sou neem met groot doringtakke versper en agt mans gewapen met kapmesse, spiese, knuppels, messe, pyle en boë het op hulle toegesak toe hulle voertuig tot stilstand gekom het.

Campbell Bridges is met ’n mes doodgesteek. Die res van die party het daarna op vlug geslaan.

Swartes meen glo die Campbells is buitelanders en dat die edelstene op die grond nie aan hulle behoort nie.

“Ons vermoed die moordenaars is dalk werkers van ander mense wat hier wil myn,” het John Leshindoro, adjunkpolisiehoof, volgens Sapa-AP gesê.

для поршневыхОлександр Васильович Фільчаков