Rapport is ‘n ANC-propaganda-instrument

Rapport is, benewens die SAUK, die ANC se grootste propagandamasjien.

Van hul propagandalokvalle behels die gereelde verdagmakery van die Afrikaanse taal, geskiedenis, kultuur en die vernietiging van die Afrikaner se nasionale identiteit.

Artikels word op eensydige manier geplaas en op die internet is dit opvallend dat ANC-standpunte geplaas word sonder ‘n opsie om daarop in die kuberruim te antwoord.

Met die ou landsvlag wat in 'n kerk hang, is daar eensydige berigte geplaas oor die ongewensdheid daarvan. Geen ruimte is gelaat vir diegene om te verklaar hoe gewild die vlag onder Afrikaners is nie en hoe nie een vandag die nuwe vlag van onderdrukking minag nie.

Sou Rapport op die internet die publiek die kans gee om mondelings oor die ou landvlag kommentaar te lewer, gaan daar 'n prentjie, simboliek en ongekende nasionalisme uitspring wat heeltemal teenstrydig is met die swaksinnige en breindood- "simunye"-, "we are one"-prentjie wat Rapport se propaganda in ons kele afwurg.

Die ou landsvlag is volgens Rapport "ongewens", maar geen melding word gemaak van Britse rugbyondersteuners met die simboliek van Engelse verkragtings – die Rooi Baadjies van die Engelse wat Afrikanervroue en Afrikanerdogters op massaskaal verkrag het – se ongewensdheid op rugbystadions nie.

Vir Rapport is hierdie Engelse verkragtersimboliek in Suid-Afrika welkom.

Die kommunis Nzimande wie se ideologie meer as 100 miljoen mense wêreldwyd sedert 1917 vermoor het, se poging om ook die Stellenbosse Universiteit se Afrikaansheid te vernietig, se kommentaar word geplaas sonder dat daar 'n opsie vir repliek of kommentaar vir Rapport se lesers gegee op die internet gegun word.

Daar word geen melding gemaak van die ongeveer 30 ander universiteite in Suid Afrika, wat net in Engels of swart tale klasgee nie.

Dan sou dit duidelik gewees het vir die lesers van Rapport dat dit nie om die Universiteit van Stellenbosch gaan nie, maar om die vernietiging van een van die laaste AFRIKAANSE universiteite. Want dit is wat gebeur as die universiteite soos die voormalige RAU vir anderskleuriges oopgegooi word. Grootskaalse ontwrigting van klasse vind plaas; studente word deurgesit wat nie slaag nie; klasgelde word nie betaal nie en die kwalifikasie raak niks werd nie en word in die wêreld as n piesangblaar met jou naam op beskou. Om dié rede het Ihron Rensburg van UJ nou die dag gese hy wil UJ onder Afrikaanssprekendes bemark, "want hulle betaal hulle klasgelde".

Ook met die artikel oor die land se weerlose mag, gee Rapport geen kans vir repliek op die internet nie.

En so hou dit aan.

Dit is nie óf Rapport ondergaan nie; die vraag is net wánneer – volgens een van Rapport se voormalige redakteurs. Want, sê hy: "By Rapport is daar nou 'n kliek ingebring wat die Afrikaanse koerante die een na die ander laat sneuwel."

In watter gestig Rapport die mense uitkrap en nogal sover kry om die twak te skryf wat ons van Sondag tot Sondag, en van Januarie tot Desember, moet verduur in Rapport, weet mens nie. Eintlik is dit prysenswaardig, want dit getuig van 'n grenslose verbetenheid by Rapport om die ware Boere se nasionale gevoel en nasionale identiteit te vernietig.

Piet Picasso skryf ook 'n woernaal op LitNet met die titel: Die keiser is kaal.

проектирование внутреннего освещениялобановский александр отзывы

Maak 'n opvolg-bydrae