"Die rekeningeklerk het nie die begrotingsbeheermaatreëls nagekom soos uiteengesit in afdeling 39 van die Openbare Finansies bestuursamnedementwetgewing vir die toekenning van prestasiebonusse nie," het die hoof van die departement Stanley Malope bekend gemaak.
"Ongeveer R25m is te veel betaal vir die bonusse van personeel."
Malope het die bevindinge van 'n forensiese onderoek bekend gemaak nadat die departement hulle begroting vir die 2007/08 finansiële jaar oorskry het.
Deloitte & Touche het die ondersoek gedoen. Hulle het bevind die begroting is met R79 miljoen oorskry.
Met die aankoop van 132 addisionele regeringsvoertuie, is R606 000 te veel aan die verskaffers betaal agv die nalatigheid van amptenare.
Aankope van R852 000 by ondernemings wat aan amptenare behoort, is ook ontdek. Ongerymdhede ter waarde van R281 212 wat fooitjies betref is voorts oopgevlek.
Verdere ondersoeke na ongemagtigde betalings sal ook onderneem word en dissiplineêre stappe sal teen oorteders geneem word.
