Tradisionele geneser vermoor eie dogter

'n Tradisionele geneser, 49, is Woensdag by Loate naby Ga-Rankuwa in hegtenis geneem vir die moord op haar dogter van twaalf, sê die polisie.

Die vrou het self die polisie teen 10vm ontbied nadat sy beweer het sy op haar dogter se liggaam buite agter die huis afgekom het, sê direkteur Sally de Beer.

Die dogter is gevind waar sy met meswonde aan haar maag, nek en bors beswyk het. Polisiehonde het die ondersoekers gelei na vier bewysstukke wat met menslike bloed deurdrenk was op die erf, het De Beer gesê.

Sy wou nie verder daaroor uitbrei nie en het gesê dit sal as bewysstukke voor die hof dien.

Drie van die items is in die huis gevind, terwyl 'n vierde in die tuin gekry is.

Die huis is ook as 'n spreekkamer vir die geneser gebruik.
 
Die slagoffer se moeder is deur die polisie ondervra en het ingestem om saam te werk met die ondersoek. Sy is teen 4.30nm in hegtenis geneem en vir moord aangekla.

Die tradisionele geneser sal Maandag in die landdroshof van Ga-Rankuwa verskyn.

пескоструйныеФільчаков прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae