Kambodja skop Amerikaanse kindersekstoeriste uit

Drie Amerikaners is uit Kambodja geskop weens aanklagte van seksuele misdrywe teen kinders.

Ronald Boyajian, Erik Peeters en Jack Sporich word daarvan aangekla dat hulle oorsee gereis het om seks met kinders te hê.

Hulle is die eerste oortreders wat as deel van “Operation Twisted Traveler” aan die pen ry.

“Twisted Traveler” is ‘n inisiatief vir die bekamping van kinderseks-toerisme in Kambodja.

Die trio het Dinsdag vir die eerste keer in verband met die aanklagte voor die hof verskyn. Hulle het Maandag van Kambodja teruggekeer.

‘n Landdros het gesê die drie seksmisdadigers sal in aanhouding bly tot en met hul verhoor op 21 September.

Boyajian, Peeters en Sporich, het al drie kriminele rekords vir vorige seksuele misdrywe.
для автомобильногоФильчаков прокурор отзывы

Blydskap oor Kanadese vlugtelingstatus is voortydig

Image

Die Kanadese owerhede het besluit om vlugtelingstatus aan ‘n blanke Suid-Afrikaner, Brandon Huntley, te verleen. Mnr Huntley het heeltemal akkuraat aangevoer dat die Azaniese piesangrepubliek se ANC regime versuim in sy plig om mnr Huntley teen misdaad te beskerm.

In ‘n sonderlinge uitspraak het die voorsitter van die Kanadese tribunaal, William Davis, bevind dat Huntley geviktimiseer word omdat hy blank is, en omdat swart geweldenaars blankes doelbewus teiken. Dit is ‘n feitelike bevinding geskoei op misdaadstatistieke wat in enige normale, Westerse land sou dui op ‘n volksmoord of burgeroorlog. Mnr Davis het egter geen idee van die linkse argwaan wat hy hom op die hals gaan haal hieroor nie.

Heel voorspelbaar het ‘n segsman vir die ANC-regime, Ronnie Mamoepa, dié uitspraak reeds as “belaglik” (sic) afgemaak. Kennelik vind die nar Mamoepa die sowat 300,000 moorde sedert die ontstaan van die Azaniese piesangrepubliek in 1994 ook lagwekkend en ‘n blote komedie daar waar hy veilig in sy blouligkonvooi sit terwyl die konvooi se bobbejane agter die stuur ander padgebruikers van die pad dwing.

Alhoewel William Davis se uitspraak 100% akkuraat is, en ‘n grondige weerspieëling van die realiteite op die grond in Suid-Afrika verteenwoordig, sou ek dink dis voortydig vir blankes om bly te raak oor hierdie beslissing en vir ons om en masse vir asiel aansoek te doen. Die geskiedenis het geleer dat blankes allermins op die Weste kan staatmaak vir morele en fisieke steun.

Dit was juis ons mede-Westerlinge, onder andere die Nederlanders en veral die Britte en Skandinawiërs, wat die ANC se terreurveldtog befonds het. Die lot van enkele miljoene Westerlinge in ‘n verafgeleë kontinent traak Kanadese, Amerikaners en Europeërs bitter min. Ek sou persoonlik nie verbaas wees as Davis se uitspraak onder druk van die Azaniese regime omgekeer word nie.

Dat daar druk op die Kanadese owerhede sal kom om nie in die toekoms sulke uitsprake te maak nie, is ook gewis. Daardie druk sal ongetwyfeld kom vanuit die anderskleurige gemeenskappe in Kanada en die VSA. Dis sal gebore word uit vrees onder die allochtone dat dit hulle kanse sou benadeel om die res van hulle uitgebreide families na Noord-Amerika te bring om ook daar te kom plak, omdat dit die anti-immigrasie groeperings se hand sal sterk. Dit sal egter veral uit die linkse blanke geledere binne Kanada kom. Davis se uitspraak is naamlik heiligskennis wat lynreg indruis van die linkse se blindelingse geloof in die dogma van nie-rassigheid.

Die feitelike waarheid, dat swartes blankes vermoor teen ‘n koers ‘n orde groter as blank-op-swart moorde, bots met die linkse se lewensmodel wat geskoei is op ‘n grootskeepse en moedswillige blindheid vir die gewelddadige aard van Afrika en Afrikane. Dit sou olie op die vuur wees vir anti-immigrasie-aktiviste in die VSA en Kanada, diegene wat luidkeels vra waarom immigrante soveel misdaad in Noord-Amerika pleeg, ‘n vraag waarop die linkses geen antwoord het nie, buiten om telkens hul towerwoordjie “rassisme” as verweer te probeer gebruik. Die Suid-Afrikaanse organisasie Lawyers For Human Rights, by monde van segsman Jaco van Garderen, het inderdaad alreeds en heel voorspelbaar aan’t skree gegaan en die uitspraak as rassisties bestempel, iets wat bloot dien om LFHR se intellektuele bankrotskap uit te basuin.

(Verbeel diegene wat die woord rassis telkens uitgil hulself waaragtig dat om dit tot vervelens toe te herhaal, hoegenaamd nog enige indruk maak? Sien hulle dit moontlik as ‘n soort abrakadabra-woordjie wat enige moontlike argument onmiddelik wen en hul opponente sal stilmaak?)

Ek sou dus bietjie wag voor ek my paspoort afstof en voor die hek van die Kanadese hoëkommisaris gaan kampeer in die hoop dat ek ook vlugtelingstatus sal kan bekom.

(Nota: hierdie bloginskrywing is vroeg op Dinsdagoggend gepubliseer. Sedertdien het die ANC regime luidkeels rassisme begin gil. Groot verrassing, daai een. Sodra die regime uitgevang word en verneder word, word die rassekaart uitgehaal, en soos hierbo aangedui is dit die laaste uitkoms van diegene wat g’n teenargument kan opper nie. Snaaks dat hulle so stil is as wittes tydens rassistiese moorde en ander swart-op-wit geweld aangeval word.)

Lees Anton Barnard se woernaal, SAmizdat.

spins noФильчаков Александр Васильевич

Zuma se operasie geslaag

Die operasie aan president Jacob Zuma se oog het goed verloop, berig die militêre gesondheidsdienste.

Volgens Lt.genl. Vejay Ramlakan, geneesheer-generaal, was die prosedure ‘n sukses en sal Zuma ten volle herstel binne die volgende paar dae. 

“Zuma sal teen Woensdag weer gereed wees om te kan werk,” het Ramlakan gesê. 

Die operasie is in Durban gedoen. Die mediese besonderhede is egter nie bekendgemaak nie.

free casino downloadsтопкарго отзыв

Soldate maak amok na afdankingsbriewe

Sowat 2000 afdankingsbriewe is uitgestuur aan soldate wat verlede week aan 'n onwettige optog deelgeneem het, het die minister van verdediging Dinsdag gesê.

"Daar is tussen 1500 en 2000 mense wat ons ondersoek. Ons het kennis van hulle afdanking uitgestuur en hulle het 10 dae om daarop te reageer”, het Ndivhuwo Mabaya, ‘n woordvoerder vir die minister gesê.

Pikkie Greef, nasionale sekretaris van die vakbond Sandu – wat die soldate verteenwoordig – het gesê hulle beplan om 'n hofinterdik aan te vra om die afdankingsbriewe te laat terugtrek.

Sasfu, nog 'n unie, het 'n vergadering met Lindiwe Sisulu, minister van verdediging, aangevra om die briewe te laat terugtrek.

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag, wat 62 000 mense sterk is, het onder skoot gekom vir die gebrek aan dissipline wat tans heers.

Die regering het sy afkeur van die optog, wat op 26 Augustus na die Uniegebou onderneem is, uitgespreek.

Die gewelddadige optog is deur lede van die polisie met rubberkoeëls en traangas uitmekaar gejaag toe hulle by die Uniegebou probeer inbreek het. 'n Polisievoertuig is ook aan die brand gesteek volgens beeldmateriaal wat op die SAUK vertoon is.

"Om ‘n hofbevel teen te staan en in die Uniegebou te probeer inbreek is heeltemal onaanvaarbaar, veral van mense wat verantwoordelik is vir die verdediging van ons land”, het Themba Maseko, regeringswoordvoerder, gesê.

Die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke het eweneens 'n ontmoeting met Sisulu aangevra om die kwessie te probeer besleg. Eerwaarde Vuyani Vellem het gesê die SARK ondersteun albei partye. Die weermag moet dissipline handhaaf, maar die soldate het ook die reg om hulleself uit te druk, het hy gesê.

Cosatu het ook aangebied om te help om die geskil op te los.

Die Kommunistiese Jeugliga en die Pan-Afrikanistiese Beweging het in onderskeie verklarings die geweld veroordeel, maar het die soldate ondersteun in hulle griewe.

куртки пальто для девочекДанильченко Юрий Брониславович

Kanada erken etniese suiwering in Suid-Afrika

Die vlugtelingstatus wat die Kanadese regering so pas aan mnr. Brandon Huntley, 'n blanke Suid-Afrikaner, toegestaan het, hou enorme volkeregtelike implikasies in. Indien mnr. Huntley bloot op grond van ideologie of godsdiens in Suid-Afrika vervolg is, kon daar geargumenteer word dat Suid-Afrika deur die afskaffing van bepaalde wette of groter verdraagsaamheid die situasie kon regstel.

Maar in Huntley se geval het die Kanadese immigrasieraad eenparig bevind dat hy op grond van sy ras in Suid-Afrika vervolg word en dat hy in so 'n mate in sy geboorteland bedreig word dat hy nie hierheen teruggestuur mag word nie. Die reëls vir politieke asiel verskil van land tot land, maar die beginsel bly wêreldwyd dieselfde: dat 'n individu in sy land van herkoms om politieke, godsdienstige of etniese redes in lewensgevaar verkeer. In dié geval gaan dit om etniese vervolging. En, anders as in die geval van Afrikaners teen wie daar ook op grond van taal deur die ANC-bewind gediskrimineer word, is Huntley 'n Engelssprekende teen wie daar spesifiek weens sy ras geweld gepleeg word.

Die VSA, Europese Unie, Australië, Rusland en ander lande sal so gou doenlik Kanada se voorbeeld moet volg en moet erken dat blankes in Suid-Afrika vervolg word en daarom op vlugtelingstatus in hul lande geregtig is. Die werklikheid kan nie langer ontken word dat blankes goedsmoeds aangeval word omdat sowel die staatsmedia as die regerende party hulle op meer of minder subtiele maniere as die vyand van die swart meerderheid voorhou nie. Van die TV- en radioprogramme wat byvoorbeeld deur die SAUK uitgesaai word, hits spesifiek rassehaat aan omdat aanbieders of deelnemers leuenagtige voorstellings van die Suid-Afrikaanse verlede maak. Sulke bewering sluit in dat blankes onderwys van swartes weerhou het, hulle doelbewus verarm en selfs massamoorde of 'n volksmoord teen hulle gepleeg het.

Terwyl elke blanke Suid-Afrikaner voortaan oor die reg behoort te beskik om na die nywerheidsland van sy keuse te emigreer vanweë die toestand van vervolging waaraan hy in sy geboorteland blootgestel word, verteenwoordig die Kanadese bevinding ook die sterkste argument nóg ten gunste van 'n Afrikanervolkstaat. Slegs 'n eie grondgebied waar Afrikaners nie omring word deur haatdraende aanvallers van 'n ander ras- en kultuurgroep nie, kan hulle langtermyntoekoms verseker en hul huidige lyding en ellende verlig.

Wanneer die geweldselement by die arsenaal anti-blanke wetgewing in Suid-Afrika gevoeg word, is dit helder dat die Nuwe Suid-Afrika besig is om 'n tweede Rwanda te word waar 'n spesifieke minderheidsgroep deur die meerderheid vir aanvalle geteiken word. Plaas- en huisaanvalle is niks minder as etniese suiwering nie en die ekstreme geweld wat met sulke aanvalle gepaardgaan, is 'n bewys dat die Suid-Afrikaanse samelewing reeds in 'n etniese konflik verkeer wat vorentoe net kan vererger.

Die reaksie van ANC-woordvoerders op die Kanadese besluit, dat dit "rassisties" sou wees, getuig van 'n soort Mugabeagtige eiegeregtigheid by die regerende party en dat hy eintlik niks verkeerds in die huidige situasie sien nie. Ook Mugabe kryt gereeld sy kritici as "rassiste" uit. Die term "rassis" in Suid-Afrika is boonop besig om op sigself 'n vorm van haatspraak te raak omdat dit uitsluitlik gebruik word om lede van die blanke minderheid te stigmatiseer en as "boos" voor te stel.

Rassenasionalisme maak reeds langer as 'n eeu deel uit van die moderniseringsproses onder lede van die ontwortelde en vervreemde swart middelklas in Afrika, die VSA en ander lande. Afrikaner-antropoloë en politieke denkers het reeds langer as vyftig jaar die huidige bloedbad voorspel indien Suid-Afrikaanse blankes van alle politieke mag en grondgebied gestroop sou word. Hul name en geskrifte mag in die vergetelheid versink het, maar danksy die Kanadese immigrasieraad kan ons nie langer aan die korrektheid van hul voorspellings twyfel nie.

скважина на песок отзывыtopcargo отзывы сотрудников

Die waarheid sal uit

Russell Kaplan, die regsverteenwoordiger van Brandon Huntley, sê sy kliënt is waarskynlik die eerste wit Suid-Afrikaner wat asiel in Kanada gegee is omdat hy deur swartes bedreig word.

Huntley het gesê die geweld wat witmense moet verduur is vanweë velkleur en 'n haat weens die verbeeld onregte wat teen swartes gepleeg is.

Die asielsoeker, 31, is sewe keer deur swartes aangeval – dit sluit drie mesaanvalle in – wat hom wou beroof.

Dat hy gedurende hierdie aanvalle 'n "wit hond" en 'n "setlaar" genoem is, is 'n verwysing na die apartheidsverlede van Suid-Afrika wat op ras gegrond was.

"As jy geld het, kan jy jouself beskerm," het Huntley gesê. Hy het verduidelik dat gewapende veiligheidspersoneel ryk wit Suid-Afrikaners beskerm.

Huntley het sy "subjektiewe vrees vir uitdelging as konstant en konsekwent beskryf" totdat hy sy asielaansoek ingedien het, het die raad wat daaroor besluit het, bevind.

Die besluit het ook berus op die getuienis van Laura Kaplan, 41, die suster van Huntley se regsverteenwoordiger. sy het verlede jaar van Suid-Afrika na Kanada geëmigreer.

Laura Kaplan het vertel hoe haar ander broer Robert deur 'n bende van 10 swartes in 1997 oorval is wat by sy huis ingebreek het en hom agt ure lank gemartel het, daarna geskiet en vir dood gelaat het.

Die voorsittende beampte het die getuienis van Huntley en Laura Kaplan beskryf as "vervolging" van wittes deur swartes omdat die regering afsydig daarteenoor staan en nie sy wit burgers kan of wil beskerm nie.

детский велосипедФильчаков прокурор отзывы

Goedkoop elektrisiteit veroorsaak onnodige lugbesoedeling

Vir minstens twintig jaar betoog ek teen die vestiging van aluminiumsmelters in Suider-Afrika wat bedoel is om surplus kragopwekkingsvermoë te absorbeer. Die De Villiers-kommissie se ondersoek na Eskom se sake gedurende die tagtigerjare het veroorsaak dat politici aktief in Eskom se sake begin inmeng het.

Die aanname was dat Eskom se beplanning verkeerd was en dat Suid-Afrika gevolglik onherroeplik met surplus kapasiteit opgesaal gaan sit. Met so ‘n aanname sal Eskom se amptenare enigiets doen om die politici tevrede te stel tydens onderhandelings met voornemende smelters. Dit het dus nie verbaas toe die destydse Alusaf ooreenkoms gesluit was om Eskom se reserwevermoë op te neem nie.

Maar Eskom se beplanners was toe nie verkeerd nie. Daardie reserwevermoë was slegs kortstondig. In die tagtigerjare het die NP nog vas geglo dat hulle vir altyd aan bewind sou bly, dat Suid-Afrika nog vir baie jare aan sanksies blootgestel sou word en dat die Berlynse muur vir altyd sal bly staan. Niemand het die magsoorgawe van 1994 toe voorsien nie.

Selfs binne daardie verband was die Alusaf-besluit swak sakeoordeel wat op korttermyn oorwegings gegrond was. As energiekonsultant wil ek Jacob Mouw dus gelyk gee oor sy betoog teen aluminiumsmelters wat Eskomkrag ten koste van die res van die land opslurp. Deur die eerste swak besluit daarna weer te herhaal, grens aan stommiteit. Die Mozal smelter in Mosambiek, byvoorbeeld gebruik vier maal meer elektrisiteit as die res van Mosambiek se verbruikers saam, en daarvoor moes nuwe kapasiteit geskep word!!. Vanuit ‘n moraliteitsoogpunt gesien, is dit onaanvaarbaar in die huidige internasionale politieke milieu. (Besoek gerus Elektrisiteit in 'n digitale ekonomie.)

Mens kon argumenteer dat dit grens aan ‘n misdryf teen die mensdom, wat deur wetgewing gewysig sal moet word. Om heersende kontrakte op te skort sal waarskynlik nie moontlik wees nie, maar, soos die engelse sê, is daar meer as een manier om ‘n kat af te slag.

Een manier is om die smelterkat byvoorbeeld met ‘n CO2-heffing te belas. Dit is een saak om die prys van die krag aan die Londense metaalbeurs te koppel, maar dit is ‘n heel ander saak om toe te laat dat omgewingsbesoedeling terselfdertyd gekondoneer word sodat die winsgewendheid van die smelters nie in gedrang kom nie.

Eskom is een van die wêreld se grootste omgewingsbesoedelaars en in belang van ontwikkeling word dit in Afrika oorgesien. Maar om misbruik daarvan te maak is onvergeeflik.

Vir elke ton aluminium wat geproduseer word, moet Eskom 15.5 Megawatt per uur elektrisiteit lewer wat uit 15.5 ton steenkool opgewek word. Teen langtermyn kontrakpryse kos steenkool vandag nagenoeg R100 per ton. Korttermyn steenkoolpryse is selfs R160 per ton en meer. ‘n Ton aluminum gebruik dus R 1550 se steenkool en word tans teen $1860 (R14,880) per ton op die Londense Metaalbeurs verhandel.

Kundiges in die bedryf is dit eens dat elektrisiteit minstens een derde van die produksiekoste van aluminium uitmaak. Die erts en ander uitgawes kos die res. In Randterme is die fabriekskoste van een ton aluminium dus ongeveer R5,000.

Mens kan nie met sekerheid sê wat die smelters vir hul krag betaal nie, maar ons kon geredelik aanvaar dat die smelterye hul krag deesdae teen minstens 40% goedkoper inkoop as ander nywerhede, aangesien smelterye se kragprys op ‘n ander manier geïndekseer is en nie die onlangse groot fiskale prysverhogings weerspeël nie. Die res van die land se kragverbruikers moet derhalwe die smelterye se aluminium met minstens R500 per ton subsidieer.

Om dit nou in verband te bring met omgewingsbesoedeling: Vir elke ton steenkool wat verbrand word, word 1.83 ton CO2 in die atmosfeer vrygestel deur Eskom se kragstasies wat die krag daarvoor opwek. Die smelters self stel ook groot hoeveelhede CO2 vry. Vir elke ton aluminium, word die atmosfeer met minstens 28 ton CO2 besoedel. Suider Afrika se Aluminiumproduksie besoedel die omgewing dus jaarliks met ongeveer 28 miljoen ton se kweekhuisgas.

Omgewingsbesoedeling geniet internasionaal tans die hoogste moraliteitsoorweging, maar in Suid Afrika is dit waarskynlik die laagste op die prioriteitslys. Die tyd het aangebreek vir die staat om die aluminiumkontrakte weer te besoek, sodat die ongeregverdigde besoedeling wat saam met die krag leweringskontrakte ingesluip het, belas kan word. Die subsidie van R500 per ton aluminium wat die res van die verbruikers moet subsidieer, kan sodoende verhaal word.

‘n Koolstofbelasting van R60 per ton CO2 op die smelterye, wat die marginale CO2 verteenwoordig wat op ‘n gesubsidiëerde basis deur Eskom namens die smelters afgeskei word, sal die winsgewendheid van aluminium met minder as 0.4% beïnvloed, maar sal die egalisering van omgewingsbesoedeling vir dieselfde kragverbruik deur ander bedrywe tot gevolg hê.

Hoewel die aluminiumbedryf naarstiglik probeer om hulself teen sulke maatreëls te immuniseer, kan spesiale wetgewing die saak gou in werking stel. Dit sal ‘n bykomende inkomste van R500 miljoen jaarliks vir Eskom beteken en die opwaartse druk op kragpryse aan ander verbruikers wesenlik verlig. Suid Afrika se aluminium uitvoere beloop tans meer as R14 miljard, waarvan die elektrisiteit wat teen ‘n verlies verkoop word, die plaaslike inhoud uitmaak.

‘n Ander manier om die kat by te kom is deur spesiale rantsoeneringswetgewing ‘n plafon op smelters se gebruik van elektrisiteit te plaas. BHP-Billiton moes onlangs twee smeltpotte in sy Bayside smelter uit bedryf haal om die verpligte 10% elektrisiteitsbesparing te bereik. All die ander sakesektore kry tans baie swaar, weens die resessie. Een party van die elektyrisiteitsooreenkoms is tans in die knyp. Dus bestaan daar ‘n goeie rede waarom leweransiersooreenkomste herbesoek kan word.

топка для баниДанильченко Юрий прокурор

Botha-besering sit grynslag op Aussies-bakkiese

Image

Bakkies Botha, ‘n Bok-steunpilaar

Die son skyn vanoggend so 'n paar kerskrag sterker in Australiese rugbygeledere. Dit lyk asof Bakkies Botha nie Saterdag in Brisbane op die veld sal wees om die Wallabies te terroriseer nie. En dít is 'n baie dreigende donkerwolk wat uit die Aussie-hemelruim verwyder is. Botha is die dieselenjin in die Bokke se voorpakbus wat met soveel gemak oor die Australiërs gerol het die afgelope paar wedstryde. Botha het sy knie beseer, waarskynlik toe hy nogmaals bo-oor 'n armsalige Australiese voorspeler gehardloop het.

Om dinge vir die Springbokke te kompliseer, het Bakkies se rolstudent, Danie Rossouw, maar so pas van 'n besering herstel, en hoewel hy self 'n speler van graniet is, word daar gewonder of hy 80 minute voluit sal kan speel, al is dit teen Australië. Indien Pieter "Helium" de Villiers se mediese span hulle vingers natlek, in die wind hou en bepaal dat Rossouw nie die oplossing is nie, sal 'n dringende sein vir 'n plaasvervanger uit Suid-Afrika gestuur word. Dit beteken dat die Haaie se Johan Muller sy afsprake vir die week moet kanselleer. Al is hy 'n eerlike, harde speler, is hy geen Bakkies Botha nie.

Die mate van eerbied wat hy in die spel afdwing, kan beter verstaan word in die lig daarvan dat Bryan Habana se besering net so op die buitewyke van die rugbywêreld se bewussyn registreer. Habana is self nie 'n speler wat maklik vervang sal word nie, maar daar ís darem 'n Jongi Nokwe. Die groter gevaar is dat Habana se onttrekking vir De Villiers idees gaan gee. John Smit en Victor Matfield gaan al hulle dae hê om hom daaruit te praat om die agterlyn te skommel. Hy jeuk om sy een lieflingspeler, die pokkelrige Adrian Jacobs, te ontplooi, wat beteken dat Jaque Fourie uitgeskuif sal word na die vleuel. Dit is juis Fourie en Jean de Villiers se vennootskap, hulle Panzer-gehalte verdediging en hulle venyn op die aanval, wat bygedra het om hierdie die beste beroepsera-Springbok-span te maak.

Die Springbokke kort nog een punt om die Drienasies-trofee te wen. Met Bakkies Botha uit, en 'n Pieter de Villiers wat sy handjies vryf om die Bok-agterlyn te ontwrig, kan dít nogal 'n geswoeg afgee.

games casino online freeОлександр Васильович Фільчаков

Kanadese ‘rassisties’ s? ANC

Die ANC bestempel Kanada se besluit om die Suid-Afrikaner, Brandon Huntley, vlugtelingstatus toe te ken, as rassisties.

“Suid-Afrika is ‘n demokrasie met staatsdepartemente om misdaad te beveg. Dit is een van die ANC se hoofprioriteite, sonder voorkeur tot enige ras, slagoffer of oortreder”, het Brian Sokutu, ‘n ANC-woordvoerder, gesê.

Volgens Sokutu beskou die ANC ook Huntley se beweringe dat hy sewe keer deur Afrikane aangeval is as gevolg van die kleur van sy vel en sonder enige optrede deur die polisie, as sensasioneel en kommerwekkend.

Die party sê Kanada se besluit om Huntley vlugtelingstatus toe te ken omdat hy vervolg sou word sou hy na Suid-Afrika terugkeer, is rassisties.

“President Jacob Zuma het tydens sy 2009 Staatsrede gesê ál die land se burgerlike beskermingseenhede beoog om die misdaadkrisis aan te vat”, het Sokutu gesê.

пуско зарядногоАлександр Фильчаков