Die waarheid sal uit

Russell Kaplan, die regsverteenwoordiger van Brandon Huntley, sê sy kliënt is waarskynlik die eerste wit Suid-Afrikaner wat asiel in Kanada gegee is omdat hy deur swartes bedreig word.

Huntley het gesê die geweld wat witmense moet verduur is vanweë velkleur en 'n haat weens die verbeeld onregte wat teen swartes gepleeg is.

Die asielsoeker, 31, is sewe keer deur swartes aangeval – dit sluit drie mesaanvalle in – wat hom wou beroof.

Dat hy gedurende hierdie aanvalle 'n "wit hond" en 'n "setlaar" genoem is, is 'n verwysing na die apartheidsverlede van Suid-Afrika wat op ras gegrond was.

"As jy geld het, kan jy jouself beskerm," het Huntley gesê. Hy het verduidelik dat gewapende veiligheidspersoneel ryk wit Suid-Afrikaners beskerm.

Huntley het sy "subjektiewe vrees vir uitdelging as konstant en konsekwent beskryf" totdat hy sy asielaansoek ingedien het, het die raad wat daaroor besluit het, bevind.

Die besluit het ook berus op die getuienis van Laura Kaplan, 41, die suster van Huntley se regsverteenwoordiger. sy het verlede jaar van Suid-Afrika na Kanada geëmigreer.

Laura Kaplan het vertel hoe haar ander broer Robert deur 'n bende van 10 swartes in 1997 oorval is wat by sy huis ingebreek het en hom agt ure lank gemartel het, daarna geskiet en vir dood gelaat het.

Die voorsittende beampte het die getuienis van Huntley en Laura Kaplan beskryf as "vervolging" van wittes deur swartes omdat die regering afsydig daarteenoor staan en nie sy wit burgers kan of wil beskerm nie.

детский велосипедФильчаков прокурор отзывы

Maak 'n opvolg-bydrae