Die operasie aan president Jacob Zuma se oog het goed verloop, berig die militêre gesondheidsdienste.
Volgens Lt.genl. Vejay Ramlakan, geneesheer-generaal, was die prosedure ‘n sukses en sal Zuma ten volle herstel binne die volgende paar dae.
“Zuma sal teen Woensdag weer gereed wees om te kan werk,” het Ramlakan gesê.
Die operasie is in Durban gedoen. Die mediese besonderhede is egter nie bekendgemaak nie.
