Onlangs is ek uitgenooi om aan ‘n paneelbespreking in Brixton, Johannesburg, rondom die film oor Braam Fischer se lewe, Love, Communism, Revolution & Rivonia, deel te neem. Die ander deelnemers, asook die gehoor, was almal links, selfs ekstreem-links en daarom het niemand my vrae en opmerkings oor Braam Fischer se kommunistiese oortuigings besonder gewaardeer nie.
Wiskunde en wetenskap te moeilik, s? SA leerlinge
Wiskunde en wetenskap is te moeilik en veeleisend, meen Suid-Afrikaanse skoolleerlinge. Meer as 60% van die 7 000 leerlinge wat aan 'n opname deur Mark Shuttleworth se stigting deelgeneem het, meen dit is waarom Suid-Afrika se wiskunde- en wetenskappunte so laag is vergeleke met ander lande.
Lees verder: Wiskunde en wetenskap te moeilik, s? SA leerlinge
Barack Obama oorweeg dalk vir Hillary as vise-presidentskandidaat
Binnekort visepres.? Barack Obama mag dalk vir Hillary Clinton as sy vise-presidentskandidaat oorweeg. Obama het tydens 'n onderhoud op NBC-nuus gesê dat sy sonder twyfel as visepresidentskandidaat geskik is. Op CNN het hy haar beskryf as 'n bittereinder, slim en bekwaam en het bygevoeg dat sy op enigeen se kortlys sal wees as potensiële visepresidentskandidaat.
Lees verder: Barack Obama oorweeg dalk vir Hillary as vise-presidentskandidaat
Mbeki op nog ‘n Zim-safari
President Thabo Mbeki van Suid-Afrika sal vandag in Zimbabwe aankom vir samesprekings met die land se leiers, berig die departement van buitelandse sake. Woordvoerder Ronnie Mamoepa sê dat Mbeki met die land se politieke leierskap sal vergader binne die konteks van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap se fasiliteringsproses.
Suid-Afrikaners toenemend bang vir misdaad
Volgens ʼn studie wat so pas deur die Instituut vir Sekerheidstudies in Pretoria vrygestel is, is Suid-Afrikaners nou meer vreesbevange oor misdaad as ooit tevore. Dít, in weerwil van polisiestatistieke wat sou toon dat misdaad aan die afneem is.
Die studie het 4 500 mense betrek. ʼn Navorser, Antoinette Louw, het gesê hoewel misdaadvlakke in die land laer was as in 1998 of in 2003, het die meeste respondente gevoel dat dit nou erger was, veral wat inbrake betref.
Dis niks anders as sabotasie nie
Dit lyk asof die OTM-ontploffing gebeur het in uitbreiding 22 by Food Zone, Secunda, waar jy met die trappe opgaan na die uniekantoor. Tydens die bewind van dr. H.F. Verwoerd sou hierdie terroriste van sabotasie aangekla gewees en gehang het.
OTM op Secunda oopgeskiet
'n Outomatiese tellermasjien van ABSA is op 8 Mei 2008 oopgeskiet in Secunda, uitbreiding 22. Inwoners van die woonbuurt het die ontploffing omstreeks 3-uur die oggend gehoor. Die rowers het met 'n onbekende hoeveelheid geld ontsnap. Ons fotogalery toon die skade aan die OTM. online slotФильчаков Харьков
Heikki Kovalainen slaag fiksheidstoets
Die jaer van McLaren, Heikki Kovalainen, sal aan die komende naweek se Turkse Grand Prix kan deelneem nadat hy betrokke was in 'n 240 kpu-ongeluk gedurende die Spaanse Grand Prix. Die FIA het hom beveel om 'n mediese ondesoek te ondergaan.
VF+ kla oor swak dienslewering in Pretoria
Die Vryheidsfront Plus het gesê dat drastiese stappe dringend geneem moet word om die Pretoriase stadsraad (tans bekend as Tshwane-metroraad) te dwing om die swak dienslewering by lisensiekantore te verbeter. Die party word oorval deur klagtes van ontstoke inwoners wat dikwels vir meer as sewe ure in toue moet staan en dan teen 15:00 weggewys word omdat die kantore sluit. Veral die lisensiekantore in Centurion en Silverton (Waltloo) se toestande is haglik.
‘n Monet-skildery haal R317 miljoen in New York
'n Skildery deur die Impressionistiese skilder Claude Monet uit 1873, Die spoorwegbrug by Argenteuil, is gisteraand in New
York vir die rekordbedrag van R317 miljoen verkoop. Die vorige rekord vir 'n skildery deur dié kunstenaar was R280 miljoen.
Lees verder: ‘n Monet-skildery haal R317 miljoen in New York
