Onlangs het Suid-Afrika, Sjina en Rusland sterker optrede deur Westerse lede van die VN se Veiligheidsraad teen Zimbabwe teengestaan.
Zimbabwiërs het op 29 Maart gestem, maar die uitslag van die presidensiële verkiesing is eers vyf weke later deur die Zimbabwiese verkiesingskommissie bekendgemaak met geen volstrekte meerderheid vir een van die kandidate nie.
Die uitslae wat verlede Vrydag aangekondig is, toon dat Morgan Tsvangirai 47,9% van die stemme ontvang het, teenoor 43,2% vir Robert Mugabe.
