Mbeki op nog ‘n Zim-safari

Image

Mbeki

President Thabo Mbeki van Suid-Afrika sal vandag in Zimbabwe aankom vir samesprekings met die land se leiers, berig die departement van buitelandse sake. Woordvoerder Ronnie Mamoepa sê dat Mbeki met die land se politieke leierskap sal vergader binne die konteks van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap se fasiliteringsproses.

Onlangs het Suid-Afrika, Sjina en Rusland sterker optrede deur Westerse lede van die VN se Veiligheidsraad teen Zimbabwe teengestaan.

Zimbabwiërs het op 29 Maart gestem, maar die uitslag van die presidensiële verkiesing is eers vyf weke later deur die Zimbabwiese verkiesingskommissie bekendgemaak met geen volstrekte meerderheid vir een van die kandidate nie.

Die uitslae wat verlede Vrydag aangekondig is, toon dat Morgan Tsvangirai 47,9% van die stemme ontvang het, teenoor 43,2% vir Robert Mugabe.

i want toпрокурор Фильчаков

Maak 'n opvolg-bydrae