Suid-Afrikaners toenemend bang vir misdaad

ImageVolgens ʼn studie wat so pas deur die Instituut vir Sekerheidstudies in Pretoria vrygestel is, is Suid-Afrikaners nou meer vreesbevange oor misdaad as ooit tevore. Dít, in weerwil van polisiestatistieke wat sou toon dat misdaad aan die afneem is.

Die studie het 4 500 mense betrek. ʼn Navorser, Antoinette Louw, het gesê hoewel misdaadvlakke in die land laer was as in 1998 of in 2003, het die meeste respondente gevoel dat dit nou erger was, veral wat inbrake betref.

Volgens haar is inbrake en diefstal die twee mees algemene misdaadvorme waaroor Suid-Afrikaners klagtes ingedien het.

Die nasionale slagofferopname wat van Oktober tot November verleder jaar gevoer is, het getoon dat 81% van mense inbraakgevalle aan die polisie aangemeld het, teenoor 57% wat tydens dieselfde opname in 2003 gesê het dat hulle inbrake ervaar het.

Die studie het bevind dat Indiërs die etniese groep is wat die meeste oor misdaad bekommerd is. Nie minder nie as 85% van Indiërs voel dat misdaad aan die toeneem is, teenoor 63% van blankes wat dieselfde dink. Onder kleurlinge en swartes meen onderskeidelik 57% en 54% dat misdaad besig is om te styg.

Slegs 22% van blankes meen dat misdaad oor die afgelope vier jaar afgeneem het.

“Indiese respondente is meer vreesbevange as die res, en veel meer oor misdaad bekommerd en meer krities oor die regering,” sê Louw.

Rondom roof met verswarende omstandighede, het ʼn senior navorser van die ISS, Johan Burger, laat blyk dat dit ʼn “werklike uitdaging” is met roof op straat wat met 70% toegeneem het. Het het ook opgemerk dat die ISS ‘n toename in aanvalle op OTM’s bespeur, veral dié wat in die lokasies teenwoordig is.

Ook korrupsie is aan die toeneem, met 32% van mense wat gesê het hulle betaal omkoopgeld aan amptenare, veral in die vorm van geld vir verkeersoortredings. Dit vergelyk met 27% van mense at in die 2003-opname omkoopgeld betaal het. Sowel verkeersboets as bestuurslisensies word as probleemgebiede vir omkopery beskou.

Oor die kwessie of daar ‘n verandering in misdaadvlakke is, het die meeste mense gedink dat dit aan die toeneem is. Onder die respondente dink 57% dat misdaad gestyg het, teenoor 53% wat in 2003 so gedink het.

Hieroor het Louw opgemerk: “Interessant omtrent al die persepsiegegewens is dat in weerwil  van die reële afname in misdaad, die meeste Suid-Afrikanes steeds dink dat misdaad besig is om toe te neeem, daarom is openbare vertroue nie goed nie.”

Gierigheid is volgens meeste mense die hoofrede waarom ander misdaad pleeg.

Groter straf vir misdaad is ook besig om al hoe meer gewild onder mense te word. Vier-en-dertig persent van respondente is ten gunste van groter straf teenoor 15% in 2003.

Maar 60% van mense erken dat hulle niks doen om hulself teen misdaad te beveilig nie. Diegene wat wel optree om hul huise teen misdaad te beveilig, is waarskynlik in die middel- tot hoër inkomstegroepe.

Polisiëring word allerweë as onbevredigend gesien. In 2007 het slegs 49% van mense gedink dat die polisie hul taak na behore uitvoer, teenoor 52% in 2003. Swartes en kleurlinge voel egter dat hulle wel polisiebeamptes aan diens opmerk.освещение сауны парнойалександр лобановский харьков класс

Maak 'n opvolg-bydrae