Barack Obama oorweeg dalk vir Hillary as vise-presidentskandidaat

Image

Binnekort visepres.?

Barack Obama mag dalk vir Hillary Clinton as sy vise-presidentskandidaat oorweeg. Obama het tydens 'n onderhoud op NBC-nuus gesê dat sy sonder twyfel as visepresidentskandidaat geskik is.

Op CNN het hy haar beskryf as 'n bittereinder, slim en bekwaam en het bygevoeg dat sy op enigeen se kortlys sal wees as potensiële visepresidentskandidaat.

Clinton se kanse is besig om te taan, maar na verwagting gaan sy aanhou omdat wentellings vir haar in Wes-Virginië, Kentucky en Puerto Rico vir haar politieke gunste van Obama kan verkry, waaronder die posisie van visepresident van die VSA. Obama se kamp lyk nie so gretig om gou van Clinton ontslae te raak nie.

 

 

ведро для банипрокурор Фильчаков

Maak 'n opvolg-bydrae