Volgens mnr. Conrad Beyers, VF Plus-raadslid, is dit 'n skande dat wetsgehoorsame burgers op hierdie wyse gestraf word omdat hulle die wet nakom.
"Dit is tyd dat inwoners hulle stemme dik maak hieroor. Drastiese stappe, wat regsaksie kan insluit, is nodig om die ANC tot sy sinne te roep hieroor en die VF Plus sal hulle hierin bystaan. 'n Mens staan selfs langer tou by die metroraad se lisensiekantore as wat Zimbabwiërs moet toustaan om brood te koop", het Beyers gesê.
Volgens die VF Plus behoort geen inwoner langer as 15 minute in 'n ry te staan nie. Om mense te dwing om meer as 7 ure in 'n ry te staan en hulle dan weg te wys, grens aan die kriminele.
Ander klagtes sluit die volgende in:
- Dikwels is daar slegs een kassiere en slegs een oogtoetsstasie wat beman word. Hierdie enkeling verlaat dan soms die toonbank vir teetyd terwyl almal wag.
- Om jou lisensie te kry moet jy 'n dag verlof neem, asook 'n halwe dag verlof om dit te gaan afhaal. Dit affekteer produktiwiteit.
"'n Swak stadsraad soos hierdie moet deur die kiesers verwerp word. Daarom is dit moeilik om te verstaan waarom soveel inwoners telkens weer vir die ANC stem in verkiesings. Dit lyk asof sommige burgers al hoe meer tuis voel hoe slegter dit gaan", het Beyers bygevoeg.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.