‘n Polisieman wat aan diens was is op Sondag in Durban se Umlazi-omgewing doodgeskiet, het die polisie Maandag berig. Superintendent Daniela Veldhuizen het gesê die 52-jarige speurder, inspekteur Simpiwe Manyoni, was besig om ‘n klaer te help.
Lekota se Bloemfonteinvergadering gestop
Voormalige ANC-voorsitter, Terror Lekota, het Sondag gesê dat die toets vir ondersteuning vir ‘n wegbreekparty van die ANC op 2 November gehou gaan word in Bloemfontein tydens 'n nasionale konvensie.
Russiese weermag wil moderniseer
Die Russiese weermag beoog om oor die volgende aantal jare hulle mag te moderniseer en sommige veranderinge lyk baie na dié wat die Amerikaners die afgelope paar dekades onderneem het. Grondmagte gaan voortaan in kleiner brigadesterkste eenhede ontplooi word, eerder as die lomp divisies van voorheen.
Geen simpatie met Zimbabwe
07:26:54 Vanoggend op BBC World 'n lang, huilerige relaas oor die hongersnood in Zimbabwe; dit word selfs deur een kommentator 'n "tweede Ethiopië" genoem.
Holomisa striem sportowerheid
United Democratic Movement leier Bantu Holomisa sê die Suid-Afrikaanse regering het jammerlik daarin gefaal om sportontwikkeling in townships en op die platteland te bevorder.
Wildroof of genadedood ? Is daar ‘n ander oplossing vir die Springbok?
17:06:38 Naas Botha in sy speeljare was 'n flinkvoetige, vlughandige, visionêre voetbalgenie. Sy span kon altyd op hom staatmaak.
Lees verder: Wildroof of genadedood ? Is daar ‘n ander oplossing vir die Springbok?
Bush verdedig inmenging in markte
16:46:28 President George Bush het Vrydag die Amerikaanse regering se buitengewone reeks ingrypings in die finansiële krisis verdedig deur dit die "laaste uitweg" te noem wat uiteindelik ekonomiese stabiliteit teweeg sal bring.
Politieke herrangskikking en Afrikaners
16:26:51 Vandag se politieke onstuimigheid is reeds etlike jare gelede deur ontleders voorspel. Die wesenskenmerk van ‘n politieke party is daardie gemeenskaplike gom wat sy lede saambind. Met veranderende persepsies word sterker gom benodig, en dikwels verval die party tot die beeld van sy leier wat die party se ideale versinnebeeld. Die huidige Amerikaanse verkiesing is ‘n sprekende voorbeeld hiervan.
Honderd betoog teen armoede by Uniegebou
15:35:37 Ongeveer 'n honderd mense het Vrydag by die Uniegebou in Pretoria byeengekom om teen armoede te protesteer. Die betogers het, onder meer, gevra dat armoede beeindig word en dat BTW op basiese voedselsoorte verminder word.
84 behuisingsamptenare van bedrog aangekla
Vier-en-tagtig staatsamptenare wat daarvan beskuldig word dat hulle die staat met miljoene rande in behuisingsubsidies bedrieg het, gaan na verwagting in Oktober in howe regoor die land verskyn.
