Bush het net voor die opening van die aandelebeurs gesê hy sou onder gewone omstandighede sulke maatreëls teenstaan maar hierdie is nie gewone omstandighede nie. Hy het gewaarsku soos telkemale tevore, dat die regering se pogings daarop gemik is om te verhoed dat die probleme vererger en nie as 'n onmiddellike oplossing vir die gehawende ekonomie gesien moet word nie.
Bush sê dit het tyd geneem vir die markte om te vries en dit sal vir die kredietstelsel tyd neem om te ontdooi. In 'n poging om die wilde rondomtaliemarkte – en meestal afwaarts –te kalmeer, het Bush gesê die stappe is groot genoeg en moedig genoeg om te werk en Amerikaners daarvan verseker dat dit gaan werk.
Die stukrag van Bush se boodskap was egter gerig teen konserwatiewes en lede van die publiek wat versigtig is oor soveel regeringsinmenging in die private markte. Bush sê hy is 'n aanhanger van die vryemarkstelsel wat in die situasie ingetrek is, en wat hy verdedig het as beperk in grootte, omvang en tydsduur.
Hy sê dit is moontlik dat die belastingbetaler op die lange duur nog daarby baat gaan vind.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.