Die behuisingsdepartement sê die amptenare gaan in howe in Mdantsane, Mthatha, Pietermaritzburg, Vryburg, Pretoria, Potchefstroom en Polokwane verskyn. Die department sê 9 van die 11 beskuldigdes in Mpumalanga is skuldig bevind en met R1 500 beboet of 90 dae gevangenisstraf opgelê, wat vir 5 jaar opgeskort is.
Dit bring die aantal regeringsamptenare wat bedrog met die behuising-subsidieskema gepleeg het op 220 te staan. Die department het in Mei vanjaar begin met 'n inisiatief om mense te vervolg en staatskuld te herwin.
