Hy het in Maputo gesê ryk lande het die laaste dekades ander lande daarvan oortuig om hulle ekonomiese- en finansiele sake beter te bestuur, maar het jammerlik in die bestuur van hulle eie sake gefaal.
Da Silva sê die huidige finansiele krisis is te wyte aan die onverantwoordelikheid van die ryk lande, wat in die dekades van die 80's- en 90's al hulle tyd daaraan bestee het om andere op te lei om hulle lande te administreer sonder om na die administrasie van hulle eie lande om te sien.
Hy stel 'n nuwe globale ekonomiese- en handelsorde voor wat deur arm- en ontwikkelende lande gelei moet word om die Westerse modelle teen te werk. Da Silva sê dit is hoog tyd dat almal moet besef dat die sogenaamde Suidelike-groep 'n nuwe ekonomiese- en handelslogika in die wêreld tot stand moet bring.
Daar kan nie langer op die Westerse lande staatgemaak word nie.
