Europese Unie loods sy weergawe van Bantoe-administrasie

Die Europese Unie het n plan bedink soortgelyk aan Hendrik Verwoerd se tuislandontwikkeling. Dit gaan gepaard met veel strenger instromingsbeheer na EU-lande.

Die Europese Unie het verlede week beheer oor onwettige immigrasie verskerp deur vir die eerste keer 'n kantoor in Afrika op te rig, die eerste van vele beplande sentra van waar dit gaan poog om die migrasievloed na Europa te stuit.

Louis Michel, die EU se ontwikkelingskommissaries, het na Bamako, die hoofstad van Mali en een van die armste lande ter wêreld, vertrek en het 'n loodsprogram onthul om swartmense vanuit Afrika te ontmoedig om al die gevaarlike roetes na Europa te neem.

Die sentrum baan die weg vir beter bestuur van die migrasiepatrone," het Michel gesê. Pleks van die migrasieverskynsel te demoniseer, behoort dit geondersteun, gestruktureer en optimaal bestuur te word."

Mali is 'n bymekaarkomplek vir tienduisende swartes uit Afrika wat poog om elke jaar onwettig na Europa te gaan deur aan die Weskus van Afrika op bote na Spanje se Kanarie-eilande te klim. Vele van hulle sterf onderweg.

Mali is die wêreld se vyfste armste land en 'n beraamde vier miljoen van sy 12 miljoen inwoners leef buite die land.

Benewens die stuit van instroming na die EU, gaan die nuwe sentrum in Bamako ook funksioneer as ontvangspunt vir onwettige immigrante wat teruggekeer het of wat na Afrika gedeporteer is, asook 'n verwerkingsentrum vir wettige immigrante, baie soortgelyk aan die Bantoe-administrasie wat voorheen in Suid-Afrika toegepas is.

Die doelwit is dat individuele EU-lande, byvoorbeeld Frankryk en Spanje, die sentrum sal gebruik om seisoenwerk aan tydelike wettige immigrante te verskaf.

Die kommissie hoop dat die Mali-projek die eerste van 'n netwerk van Europese migrasiesentra dwarsoor Wes-Afrika sal word. Maar hulpwerkers en NRO's is skepties dat daar aan Afrika-verwagtinge oor werksaanbiedinge en indiensnemingsentra voldoen sal word.

Die Vereniging van Maliese Gedeporteerdes, 'n hulporganisasie vir teruggekeerde immigrante, het gekla dat die nuwe sentrum opgerig word om die EU se grense teen onwettige immigrasie te verterk en om die doeltreffender uitsetting van immigrante uit Europa te vergemaklik.

10 online casinosФильчаков

Maak 'n opvolg-bydrae