18:07:04 Die voormalige sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, Kofi Annan, steun oproepe dat 'n internasionale tribunaal mense vervolg wat by na-verkiesingsgeweld in Kenia betrokke was.
Lees verder: Annan stem saam met vervolging van skuldiges aan post-verkiesingsgeweld in Kenia

Senator Barack Obama het Sondag 'n verdere hupstoot gekry met die aankondiging van Colin Powell dat hy die eerste swart presidentskandidaat gaan steun. Obama se veldtogfinansies vir September toon intussen boonop 'n reusevoorsprong bo dié van Senator McCain. Obama het reeds meer as $600 miljoen ingesamel, 'n nuwe kerf vir die VSA se presidentskandidate.