Tsvangirai boikot SAOG vergadering oor Zim regering

16:17:39 Zimbabwe se opposisieleiers het Maandag 'n streeksberaad geboikot omdat hulle glo dit is te beperk om Robert Mugabe tot sy sinne te bring en die voorgestelde  eenheidsregering te realiseer.  

 

Leiers uit Suid-Afrika, Angola, Botswana, Kongo en Mosambiek vergader in Swaziland as 'n komitee van die SA Ontwikkelings-gemeenskap om Zimbabwe se politieke krisis te probeer oplos. Die opposisie se hoofonderhandelaar, Tendai Biti, sê die beraad in Swaziland gaan niks oplos nie en hulle dring aan op 'n volle sitting van die SAOG.

'n Woordvoerder van president Robert Mugabe wat die beraad bygewoon het, was nie onmiddellik beskikbaar om kommentaar op die boikot te lewer nie. Arthur Mutumbara, leier van die kleiner opposisiefaksie het aan verslaggewers gesê sy teenwoordigheid op die beraad was net om daarop aan te dring dat geen vordering gemaak kan word sonder die hoofopposisieleier, Morgan Tsvangirai, nie.

Mugabe en Tsvangirai het verlede maand 'n ooreenkoms oor magsdeling onderteken. Hulle het egter 'n dooiepunt bereik oor die toekenning van ministeries in 'n eenheidskabinet van 31 lede. Tsvangirai beskuldig Mugabe se Zanu-PF-party daarvan dat hy probeer om beheer oor te veel van die sterkste ministeries, insluitend dié van finansies en polisie, oor te neem.

Biti sê die gebrek aan vordering met verlede week se  onderhandelings om die dooiepunt op te los, bevraagteken dit of Mugabe vertrou kan word om by die ooreenkoms van 15 September te hou.

Hy sê die werklike probleem is dat Zanu-PF nie gereed is om in 'n  regering met Tsvangirai saam te werk nie. Biti sê die opposisie gaan uiteindelik by die Afrika-unie appèl aanteken maar die SAOG bly steeds die beginforum waar 'n oplossing vir die krisis gevind moet word.

игр для девочокФильчаков

Maak 'n opvolg-bydrae