Joe Slovo se vrou se dood was dus eintlik te danke aan sy eie gedrag en lewenstrategie. Maar wat hom interessant maak, is dat hy nie net blank was en 'n blanke vrou gehad het nie (net soos die oorbodige Jeremy Cronin), maar eintlik vanuit Oos-Europese tradisies en opvoeding afkomstig was, van waar hy sy strategiese benadering verkry het. Verder het hy gely aan die anti-Amerikanisme van die linkervleuel in Engeland.
Voorwaar 'n deurmekaarspul.
In 'n terugblik na die Kemptonpark situasie is dit eerstens duidelik dat die ANC heelwat meer passie aan die dag gelê het, asook 'n meer internasionaal gebaseerde wegspringpunt gehad het. Tweedens was hulle doelwit bo alles om te “wen” en daarom was hulle goed voorberei ná hul eerste gesprekke met Afrikaanse kerke en koerante.
Aan die ander kant was die Afrikaner minder passievol en glad nie internasionaal nie maar eerder “maatskappy”-gebaseer. FW de Klerk het ook die “wen-wen”-benadering probeer najaag. Die indruk wat mens vandag kry, is van die onderhandelingsnaïwiteit van die Afrikaners.
Toe kom die tweede deurmekaarspul.
Vandag begin die Afrikaner effens uit sy blokke te kom deur meer besigheids- en beleggingsgeoriënteerd te raak, meer internasionaal te kyk en die vermoë te ontwikkel om as tussenganger op te tree tussen internasionale belange en die plaaslike demografies korrekte kwotas.
Dit is amper asof daar 'n gees van “wen” uiteindelik weer na vore kom, al is dit nodig om psigoanalitiese hulp te verkry. Die bietjie sielkunde doen niemand skade nie.
Want wat met die ANC gebeur, is die teenoorgestelde. Nie net is die ANC se alomteenwoordige hebsug en lae-intellegensiekwota verantwoordelik vir hul langtermynglybaan na versuiping nie, hulle “werklike” onderhandelingsvaardighede is besig om sigbaar te word
Hierdie werklikheid is nie net sigbaar in die Zimbabwe-fiasko nie, maar ook sigbaar in die hantering van arbeidsverwante dissiplinêre sake en veral sigbaar in die benadering van die CCMA, derdepartybeheer, regbanke, dronk regters en staats-inmenging in kriminele vervolgings.
In die geval van Zimbabwe, was/is die Afrika-strategie om aspris te beweeg na die punt om onderhandelinge te laat vasval, sodat beide partye dan kan kyk wie eerste ingee en daarom die meeste het om te verloor. Die huidige situasie sluit in dat die derde partye elk 'n “staatsdepartement” kan kies – een op 'n keer – en so rondom die tafel beweeg tot all die “portefeuljes” “uitgedeel” is. Dit is natuurlik alles behalwe 'n onafhanklike regering.
Nou kom die derde deurmekaarspul.
Gaan die ou en nuwe ANC ook so onderhandel aangesien die Suid-Afrikaanse regering reeds verdeel is soos wat nou eers in Zimbabwe gebeur? Maar wat hulle ook al doen, dit kan net hulle orintasie en onderhandelingsposisie verswak terwyl die Afrikaner sterker en sterker gaan word.
