“Monster” later verhoor

16:20:23 Annanias Mathe, die veroordeelde verkragter en mislukte moordenaar, die enigste persoon wat nog uit Pretoria se C-Max Gevangenis ontsnap het, se verhoor is in die Johannesburgse Hooggeregshof uitgestel. Dit is om die regshulpraad geleentheid te gee om 'n besluit oor sy fooie te neem.

Advokaat Liz Serrao sê die saak is tot 4 November uitgestel sodat die raad 'n besluit kan neem oor onderhandelings rakende sy regskostes. Sy sê daar is voorheen ooreengekom dat die raad se bestuurshoof die besluit sou neem, maar in stede daarvan moes 'n spesifieke komitee daaroor beslis. Die komitee sal waarskynlik op 30 Oktober 'n beslissing neem.

Serrao het berigte ontken dat Mathe se verteenwoordiger nie in die hof was nie. Mathe staar 77 aanklagte insluitend verkragting, poging tot moord, dieremishandeling en huisbraak in die gesig.   

free online games.co.ukлобановский политик