Holomisa striem sportowerheid

United Democratic Movement leier Bantu Holomisa sê die Suid-Afrikaanse regering het jammerlik daarin gefaal om sportontwikkeling in townships en op die platteland te bevorder.

 

Holomisa sê sportkodes moet fokus op ontwikkeling en voeding van talent regoor die land – in stede daarvan is die huidige benadering lukraak en stuksgewys. Baie gemeenskappe het nie die fasiliteite nie terwyl die paar bestaande fasiliteite leegstaan en verniel word omdat daar nie werklike pogings vir ontwikkeling aangewend word om spelers wat dié fasiliteite kan gebruik, te voed nie.

 

 

Holomisa het die regering, en in die besonder die departement van sport, gekritiseer omdat hulle oor transformasie raas, maar versuim om hulle kant te bring of iets daaraan te doen. Hy sê die departement van sport moet in sy geheel opgeknap word.

 

Die owerhede het 'n slegte gewoonte om altyd na ras te verwys wanneer die vooruitgang van sport, en veral rugby, ter sprake kom. Holomisa sê wanneer vrae egter gevra word oor die strategieë en begrotings om sport te transformeer, krap hulle in hulle neuse sonder om 'n reguit antwoord te gee.

 

Hy het ook die sportowerhede daarvoor gekritiseer dat hulle op sportkodes fokus in stede daarvan om talent uit grondvlak op te bou. Holomisa sê dit het die norm van die huidige regering geword om suksesvolle instellings te teiken deur hulle af te kraak in stede daarvan om op instellings wat gefaal het, te fokus – hulle teiken nou die Springbok terwyl mens sou verwag het dat hulle eerder daaraan aandag sou gee waarom Suid-Afrika onlangs in Beijing so gefaal het.

no deposit betsДанильченко Харьков