Stormwinde waai plakkershutte weg

Die Vrystaat en Limpopo is deur stormwinde gelooi wat plakkershuise weggewaai het. Deneysville in die Vrystaat, is deur die erge storms getref wat ongeveer 500 mense oor die naweek dakloos gelaat het en die munisipaliteit het sakeondernemings gevra om hulp te verleen. Die storm het oornag Sondag gewoed. Volgens die woordvoerder by die Metsimaholo-munisipaliteit, is

Lees verder: Stormwinde waai plakkershutte weg

Daggaboer in gegoede buurt vasgetrek

‘n Verdagte, wat in hegtenis geneem is in verband met die kweek van daggaplante en in besit van verwerkte dagga was, het Maandag in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn. Provinsiale woordvoerder van die Valke, S’Fiso Nyakane, sê die Valke en lede van die polisie se Taktiese Reaksie- en Misdaadintelligensie-eenheid het ‘n 36-jarige man by sy woning

Lees verder: Daggaboer in gegoede buurt vasgetrek

Dodetal in Kameroen-treinramp styg

Die dodetal in verlede week se treinongeluk in Kameroen het tot 79 gestyg, het die staatsmedia in die land gister berig. Owerhede in Kameroen is steeds besig om deur die wrakstukke na die oorskot van passasiers te soek. Sondag is nog 11 liggame gehaal uit die puin van die passasierstrein wat ten tyde van die

Lees verder: Dodetal in Kameroen-treinramp styg

Venezuela se referendum afgestel

Wetgewers in Venezuela is woedend oor ‘n besluit deur die verkiesingsowerhede om voorbereidings vir ‘n referendum te staak en sê daar is ‘n “aftakeling van grondwetlike orde” aan die orde van die dag. Die aankondiging is tydens ‘n noodsitting oor die ekonomiese en politieke krisis in die olieryke Suid-Amerikaanse land gemaak. Die sitting is vir

Lees verder: Venezuela se referendum afgestel

Hillary maak asof sy gewen het terwyl Trump voorloop

Volgens die jongste meningspeiling van IBD/TIPP loop die Amerikaanse presidensiële kandidaat, Donald Trump, voor. Hy het die voortou geneem met 2 persentasiepunte teen die Demokratiese kandidaat, Hillary Clinton. Volgens die peiling het Clinton se gewildheid onder belangrike kiesergroepe gedaal omdat sy opgehou het met stemwerwing en optree asof sy reeds gewen het. Hillary is ver

Lees verder: Hillary maak asof sy gewen het terwyl Trump voorloop

SA glo toegerus vir nuwe kernsentrales sê Eskom

Suid-Afrika is goed toegerus om kernkragsentrales te hê en het ‘n kernveiligheidskultuur met Koeberg wat veilig bedryf is vir meer as 32 jaar, het Eskom gister gesê. Die prestasie van die Koeberg-kragstasie was ook konsekwent een van die sterkstes in Eskom se vloot van kragstasies, het die semistaatsinstelling in ‘n verklaring gesê wat duidelik daarop

Lees verder: SA glo toegerus vir nuwe kernsentrales sê Eskom

Zuma bekommerd oor sy veiligheid

Media 24 berig dat president Jacob Zuma nou deur die polisie se spesialis taakmag-eenheid én swaar gewapende weermagsoldate opgepas gan word. Dit is glo ‘n aanduiding dat daar kommer heers oor sy veiligheid. Rapport het berig dat die nuwe veiligheidspersoneel beteken dat Zuma se motorgevolg nou gereeld uit meer as 20 voertuie en motorfietse bestaan.

Lees verder: Zuma bekommerd oor sy veiligheid

Motor ploeg in betogers in, dood studenteleier

Die ANC-jeugliga (ANCYL) het ‘n beroep op die regering gedoen om dadelik gehoor te gee aan die implementering van gratis onderwys omdat dit nou glo meer dringend is as ooit tevore. Die jeugvleuel van die regerende party het gereageer ná die dood van die Tshwane Universiteit van Tegnologie se studenteleier, Lesego Benjamin Phehla. Die student

Lees verder: Motor ploeg in betogers in, dood studenteleier

Hoër belastings kom vir SA

Die Minister van Finansies, Pravin Gordhan, sal waarskynlik Woensdag met sy mediumtermyn-begrotingsrede, ‘n verhoging in belasting aankondig. ‘n Ekonoom van Investment Solutions sê ‘n hoër belastingkategorie en ‘n welvaartbelasting kan verwag word. Hoër korporatiewe belasting is ook in die vooruitsig gestel met die doel om belastingvoordele te verskuif na diegene wat minder verdien. Belasting wat

Lees verder: Hoër belastings kom vir SA

Leon Lemmer: Allister Sparks se outobiografie

Die berugste Afrikaanse koerant is seker Max du Preez se Vrye Weekblad (1988-1994), wat ‘n geweeklaag teen die blanke politieke bewind was, dikwels uitgedruk in bedenklike Afrikaans. Die skandaligste plaaslike Engelse koerant was die Rand Daily Mail (RDM, 1902-1985), wat later op die internet herleef het. Die RDM was in berugtheid ‘n kortkop voor die

Lees verder: Leon Lemmer: Allister Sparks se outobiografie