Chavez stoom voort op sy internasionale toer

ImagePresident Hugo Chavez van Venezuela is nog steeds besig om vriende en bondgenote te besoek. Hy noem die reis wat hy tans onderneem van "groot strategiese belang". Hy sal volgende in China, Rusland, Kuba, Belarus, Portugal en Frankryk aandoen om sy land se "potensiaal" en internasionale verhoudinge uit te bou.

Lees verder: Chavez stoom voort op sy internasionale toer

Dis kulturele onteiening, s? VF Plus

16:27:51 Die Vryheidsfront Plus het gesê dat die plaaslike ANC totaal geisoleerd is in sy pogings om 27 histories belangrike straatname in Pretoria te

Image

Conrad Beyers

verander.  Volgens die VF Plus bestaan daar breë konsensus dat straatname met historiese waarde behoue moet bly.

Lees verder: Dis kulturele onteiening, s? VF Plus

ANC se einde in sig

Image11:25:01 Met verwysing na al die gissinge in die media oor Thabo Mbeki se skouspelagtige politieke vernedering wat oor die afgelope 10 maande plaasgevind het, het dit duidelik geword dat hy ook maar mens is. En nadat hy November/Desember verlede jaar die ruk-in-die-bek gekry het, het hy tog geprobeer om dinge weer "reg" te doen – synde Zimbabwe. Dis die normale sielkundige reaksie nadat jy met die vingers in die koekblik gevang is.

Lees verder: ANC se einde in sig

Rusland, China en Duitsland teen Iran-sanksies

Frankryk het dié naweek die VSA soos Brittanje gesteun met 'n nuwe oproep om verdere sanksies teen Iran in te stel. Aan die ander kant was Rusland, China en Duitsland onwillig om die VSA te volg en het gesê hulle verkies onderhandeling.

Lees verder: Rusland, China en Duitsland teen Iran-sanksies