President Mbeki het Maandag met ’n dringende aansoek om appèl in die konstitusionele hof gebring teen die hofuitspraak in Pietermaritzburg wat in Zuma se guns beslis is. Daarmee het die afgedankte president sy voornemens om Jacob Zuma die stryd aan te sê, duidelik gemaak.
Nicholson het vroeër dié maand in 'n uitspraak in die KwaZulu-Natalse hooggeregshof bevind dat Zuma geen kans gegee is om sy kant van die saak te stel voordat besluit is om hom weer van bedrog en korrupsie aan te kla nie.
Mbeki hoop om met die appèl regter Chris Nicholson se kommentaar oor sy ondersteuners se politieke en onbehoorlike inmenging in regspleging tersyde te laat stel. Nicholson het sy verbasing in sy uitspraak te kenne gegee dat Bulelani Ngcuka, voormalige nasionale direkteur van die nasionale vervolgingsgesag, openlik vir Penuell Maduna by 'n perskonferensie vir sy ondersteuning kon bedank, terwyl die instansie veronderstel is om onafhanklik te funksioneer.
баня турецкаялобановский депутат