Dis kulturele onteiening, s? VF Plus

16:27:51 Die Vryheidsfront Plus het gesê dat die plaaslike ANC totaal geisoleerd is in sy pogings om 27 histories belangrike straatname in Pretoria te

Image

Conrad Beyers

verander.  Volgens die VF Plus bestaan daar breë konsensus dat straatname met historiese waarde behoue moet bly.

Dit kom nadat die Inkatha Vryheidsparty (IVP), asook 40 Afrikaanse organisasies, hul teenkanting teen die beplande naamveranderings uitgespreek het.  Die 40 Afrikaanse organisasies sluit in Afriforum, die FAK, die ATKV, TLU SA en die Afrikanerbond.

Die IVP se Pretoria-streeksbestuur het gesê dat die beplande naamveranderings nie in die belang van Pretoria se inwoners is nie.  Die IVP het bygevoeg dat strate soos Paul Krugerstraat en Pretoriusstraat spesiale historiese waarde het vir ‘n groot deel van Pretoria se inwoners.

Volgens mnr. Conrad Beyers, VF Plus- raadslid en lid van die Tshwane Metroraad se plek-en-straatnamekomitee, is dit verblydend om van die IVP se standpunt te verneem.  Beyers sê dit bevestig dat dit nie slegs “wit” groeperinge is wat die naamsveranderinge teenstaan nie.

Die VF Plus het tegelykertyd die DA veroordeel vir sy flou en ambivalente standpunte rakende die straatnaamveranderinge en het die DA daarvan beskuldig dat hy die naamveranderings in beginsel ondersteun. 

“Die VF Plus stem saam met TLU SA se standpunt dat die naamsveranderinge op kulturele onteiening neerkom.  Net soos wat die kontroversiële onteieningswet gekelder is vanweë kragtige openbare teenkanting, kan hierdie nuwe kulturele onteieningsplan ook sneuwel,” het Beyers bygevoeg.

куклы барбілобановский александр досье

Maak 'n opvolg-bydrae