Die Oos-Kaapse polisie sê ANC-lede het Sondag klippe na mekaar begin gooi by die vergadering wat by die Lusikisiki Training College gehou is.
Die klipgooiery is glo met geweerskote beantwoord. 'n Veertigjarige man is in die kop gewond en die ander twee in die bene.
Die man met die kopwond verkeer in 'n kritieke toestand in die hospitaal, maar die ander twee is reeds ontslaan.
Alhoewel die polisie die saak ondersoek kon hulle nog geeneen vastrek in verband met die voorval nie.
