Wie is Kgalema Motlanthe?

Kgalema Motlanthe is vir vele 'n onbekende faktor. Alhoewel hy hy 'n groot aanhang het onder die ANC se provinsiale sekretarisseen die armes, hou die sakemense ook van hom vanweë die rustige indruk wat hy maak.

Motlanthe woon tans op 'n gholflandgoed, ry 'n Jeep Cherokee en is glo 'n jazz-liefhebber. Hy was tien jaar lank 'n gevangene op Robbeneiland.
 
Hy word dikwels in Zoeloe aangespreek as "Mkoeloe", maar sy werklike identiteit is nie bekend nie. Daar was reeds beweringe dat Motlanthe nie 'n Suid-Afrikaanse burger is nie maar uit Lesotho afkomstig is. Biografiese inligting oor die ANC se tweede magtigste man is om die waarheid te sê maar skraps.

Hy ontken byvoorbeeld dat hy getroud is omdat hy glo nie sy privaatsake wil openbaar nie, terwyl hy 'n vrou en drie kinders het.

Hy is Zuma se arms gedryf deur Mbeki se regterhand, Joel Netshitenzhe, wat verantwoordelik was vir die pogings om Motlanthe en Zuma te diskrediteer. Motlanthe glo vas dat die e-posse om hulle swart te smeer, werklik deur Mbeki versoek is.

тамбов системыtopcargo отзывы

Maak 'n opvolg-bydrae