praag.co.za

Tsvangirai ontmoet sy 1994

Written by

in

Net soos FW de Klerk, het die Zimbabwiese opposisieleier Morgan Tsvangirai drome oor magsdeling gedroom en gemeen dat die ooreenkoms vir sy opponent 'n wesentlike kompromie beteken het.

Tans blyk dit helder dat Robert Mugabe steeds al die leisels in sy hande hou. Hy beheer steeds die weermag en polisiediens as voorsitter van die Nasionale Veiligheidsraad in Zimbabwe, soos elders hier berig word.

Ondanks sy 13 kabinetsposte en adjunkpresidentskap, beskik Tsvangirai grotendeels oor raadgewende magte terwyl Mugabe steeds die uitvoerende gesag monopoliseer.

Brittanje en die res van die internasionale gemeenskap is deur die oëverblindery in Zimbabwe gerusgestel en die land dra nou die stempel van "demokrasie" waaroor almal so begaan is.

Magsdeling bestaan nie in Afrika nie. Inteendeel, sover ons kan sien bestaan daar net verskillende grade van oorheersing en diktature op ons vasteland.

Die Zimbabwe-voorbeeld, asook Suid-Afrika waar die ANC 'n soortgelyke magsmonopolie as ZANU-PF geniet, toon aan ons dat ooreenkomste dikwels nie die papier werd is waarop dit geskryf is nie.

Die Harare-ooreenkoms van 2008 lyk reeds baie soos die grondwet wat by Kemptonpark bereik is. Woorde op papier kan nie 'n oppermagtige leier en sy guerillabeweging wat hom as politieke party voordoen aan bande lê nie.

паркет на полтопкарго отзыв

Comments

Leave a Reply