Ná afloop van die vergadering het die VSA nietemin 'n verklaring uitgereik wat lui dat "al ses lande betrokke [die vyf permanente Veiligheidsraadlidlande en Duitsland] die moontlikheid van verdere sanksies sal ondersoek".
Die vergadering wat Vrydag plaasgevind het was daarop gemik om die weg vir die komende byeenkoms tussen die betrokke staatshoofde voor te berei.
Die IAEA in Wene het aangedui dat Iran nie hulle uraanverrykingsaktiwiteite gestaak het soos die VN versoek het nie. Die IAEA beweer dat Teheran in die verlede planne op die tafel gehad het om 'n kernkop te vervaardig.
Drie stelle VN-sanksies is reeds van krag op Iran omdat hulle nie verryking gestaak het nie. Die IAEA het oor die naweek dokumente en foto's aan hul lede gewys om Iran se beoogde aanpassing van hulle Sjahab-3 missiel om kernkoppe te dra, aan te toon.
Iran beweer dat die dokumente en foto's vervals is om Iran in 'n slegte lig te plaas en om hulle te dwing om staatsgeheime bekend te maak.
Die Franse eerste minister François Fillon was die naweek 'n gas van die Russe in Sotsji en het aan die einde van sy kuier gesê die Franse en Russe is op mekaar aangewese. Hy het gesê daar is geen alternatief as goeie verhoudinge tussen die twee lande nie.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.