AU vra gladde oorgang

Die voorsitter van die Afrika-Unie, President van Tanzanië Jakaya Kikwete, eis 'n gladde oorgang in Suid-Afrika nadat Mbeki bedank het. Indien die oorgang nie glad verloop nie kan dit die hele Afrika destabiliseer aangesien Suid-Afrika se ekonomie die grootste op die kontinent is en dit verreikende gevolge kan hê buite sy grense.

Lees verder: AU vra gladde oorgang

Bugatti Veyron GT, nuwe monster in die buurt

Is die Bugatti Veyron nie vinnig of eksklusief genoeg vir jou nie? Wel die ouens by Bugati het ‘n spesiale uitgawe van dié monster

Image

Die nuwe Veyron GT

bekendgestel. Hulle noem hom die GT en hy ontwikkel nou 980 Kw. Ja, 980, jy het reg gelees. Dit is meer as ‘n derde meer krag as die vorige Veyron.

Lees verder: Bugatti Veyron GT, nuwe monster in die buurt

Indi? wil mag ver buite sy grense projekteer

Indië is nie meer die gekoloniseerde mag nie, maar die koloniale mag om mee rekening te hou. Deesdae oefen Indiese vlootsoldate hoe om 'n ander land se vaartuie op see te beset en is Ghandi se gedagte van geweldloosheid iets van die verlede. 'n Defensiewe militêre doktrine het plek gemaak vir 'n meer uitwaartse blik.

Lees verder: Indi? wil mag ver buite sy grense projekteer