praag.co.za

Indi? wil mag ver buite sy grense projekteer

Indië is vandag bereid om nie net hulle olie- en handelsroetes te beskerm nie, maar selfs hulle groot diasporabevolking in die Midde-Ooste. Amerikaanse wapenhandelaars het beslis kennis geneem van die nuwe wending in hoe die land homself voortaan gaan definieer en die soort toerusting wat hulle te koop aanbied val in die smaak van 'n opkomende mag wat ver van sy basis sal moet optree.

Hulle het onlangs enorme C-130J vragvliegtuie en lugbrandstofhervullers aangekoop. Indië het sy eerste moderne militêre lugbasis buite die land op vreemde grongebied in Tajikistan onlangs voltooi. Dié land lê baie strategies tussen Afghanistan en China.

Kennelik wil die land die Indiese Oseaan domineer vanaf Afrika se kus tot dié van Australië en verder suid tot by Antarktika. met die soort wapentuig wat hulle aankoop Die Carnegie Endowment for International Peace in Washington meen dat Indië die watergebied se veiligheid sal verseker. Hulle kan met die VSA saamwerk om die Arabiese Golfgebied asook Sentraal-Asië te beskerm, sê 'n navorser van die CEIP.

Die dae toe die land moes toekyk dat Indiërs elders bedreig word, is verby. In 2006 het vier Indiese oorlogskepe inderhaas na die Meditereense See vertrek toe die konflik in Lebanon tussen Hizbollah en Israel Indiese inwoners in die spervuur geplaas het. Tydens die Tsumani het die Indiese vloot 16 000 troepe, 32 oorlogskepe, 41 vliegtuie en 'n hospitaalboot na die geteisterde gebied gestuur.

Terwyl China nog geen openbare aanduiding gegee het dat die militêre opbou in Indië vir hulle 'n bekommernis inhou nie, is Pakistan nie so onbesorg nie. Om olieroetes tussen Indië en Iran, Irak, Libië, Rusland, Soedan, Syrië en Viëtnam te beveilig, mag een rede wees waarom Indië daarin belangstel om mag te projekteer, maar dit is sekerlik nie belangrikste nie. China se indrukwekkende militêre opbou is 'n kopseer vir die Indiërs. Hulle bestee sewe keer meer aan wapens as hulle Indiese bure.

Bo en behalwe die Chinese se kwistige wapenbesteding is hulle bande met Gwadar, Pakistan, Chittagong, Bangladesh en Myanmar nog 'n verdere rede tot kommer.

камни для банилобановский харьков класс

Comments

Leave a Reply