Daar is vroe?r vandag berig dat Manuel sou bedank het. Sy bedanking is as negatief deur die markte gesien en het die Johannesburgse aandelebeurs en die rand onder druk geplaas.
Manuel het egter laat blyk dat daar beleidsbesprekings “onder die radar” plaasvind wat moontlike veranderinge in die huidige mag teweegbring. Sodanige veranderinge sou ooreenkomstig die besluite wat by die ANC se Pietersburgkongres geneem is, geskied.
Blykbaar het Manuel reeds Saterdag sy bedanking ingedien, maar hy is sedertdien deur Zuma gevra om aan te bly.
