
Die (SAGMJ) het op Donderdag 18 Maart die VW Golf VI 1.4 TSI 90 kW Comfortline aangewys as 2010 Suid-Afrikaanse Motor van die Jaar tydens ’n glansgeleentheid by die Gallagher-konferensiesentrum in Midrand. Met die kompetisie-borg WesBank as gasheer, het welbekende verteenwoordigers van die plaaslike motorbedryf die funksie bygewoon.
Agt finaliste vir hierdie kompetisie is aan die einde van verlede jaar gekies ná ’n dieptepeiling van alle volle lede van die SAGMJ en ’n gevolglike tweede stemming van lede van die MVDJ-jurie. Die MVDJ-jurie, wat saamgestel is uit die land se top motorjoernaliste, het die finaliste vir twee dae in Februarie vanjaar deur hul passies gesit en aan ’n streng puntetoekenningsproses onderwerp.

Die finale, geouditeerde puntetelling wys duidelik dat die VW Golf VI 1.4 TSI 90 kW Comfortline die uiteindelike wenner van hierdie gesogte toekenning, die hoogste toekenning van sy soort in die motorbedryf, is. Die SAGMJ, ’n professionele bedryfsliggaam van gekwalifiseerde motorjoernaliste, ken hierdie prys elke jaar vir die afgelope 25 jaar toe.
Die VW Golf VI 1.4 TSI 90 kW Comfortline het strawwe mededingers in die vorm van Alfa Romeo MiTo 1.4 TBi, Audi Q5 2.0T FSI® quattro® S tronic, Chevrolet Cruze 1.8 LS, Hyundai i20 1.6 GLS, Suzuki Alto 1.0 GLS, Toyota Prius 1.8 ECVT Advanced and Volvo XC60 3.0T Geartronic uitgestof. Al hierdie motors was finaliste wat meegeding het vir die hoogste toekenning in die land se top motorbyeenkoms.
’n Groot gedeelte van die toetswerk waaraan die finaliste onderwerp is, is gedoen by die wereldbekende Gerotek-voertuigtoetsterrein buite Pretoria. Dit maak die Suid-Afrikaanse Motor van die Jaar-kompetisie uniek tussen soortgelyke toetse elders ter wêreld, aangesien omvattende toetse op alle finaliste binne ’n beheerde toetsomgewing gedoen word. Die finaliste se direkte mededingers in die motormark is natuurlik ook in berekening gebring en hulle is dus in hul segmente, eerder as direk teen mekaar, getoets.
Die SA Motor van die Jaar hoort, by definisie, harte warm te laat klop as ’n werklik uitmuntende motor in sy klas, maar ook in die mark as geheel.
Die MVDJ-kompetisie is immers ’n maatstaf van voertuiguitnemendheid en die wenmotor moet hoë punte haal in ’n rits kategorieë wat onder meer waarde vir geld, veiligheid, dinamika, tegnologie en estetika in ag neem.
Die wenner moet ook duidelik strewe om innovasie en vindingrykheid ten opsigte van bemarking en ingenieurswerk in sy klas te verteenwoordig en as sulks moet hy die verpersoonliking wees van ’n brawe sprong vorentoe vir motorwese as geheel. Die wenner moet verkieslik nuwe standaarde in sy klas stel. Kortom, moet die wenner in alle opsigte ’n waardige draer wees van die eksklusiewe en gesogte titel as die “Suid-Afrikaanse Motor van die Jaar”.
Die SAGMJ bied die Suid-Afrikaanse Motor van die Jaar-kompetisie reeds sedert 1986 aan.
- WesBank het die kompetisie reeds sedert sy totstandkoming geborg.
Vorige Titel wenners was:
- 1986 Toyota Corolla Twin Cam
- 1987 Mercedes 260
- 1988 BMW 735i
- 1989 Toyota Corolla GLi Executive
- 1990 BMW 525i
- 1991 Opel Monza 160 Gsi
- 1992 Nissan Maxima 300 SE
- 1993 BMW 316i
- 1994 Opel Kadett 140
- 1995 Opel Astra 160iS
- 1996 Audi A4 1,8
- 1997 BMW 528i
- 1998 Ford Fiesta Fun
- 1999 Alfa Romeo 156 T-Spark
- 2000 Renault Clio 1.4 RT
- 2001 BMW 320d
- 2002 Audi A4 1.9 TDI
- 2003 Polo TDI
- 2004 Renault Megane 1.9 dCi
- 2005 Volvo S40 2.4i
- 2006 Audi A3 Sportback 2.0T
- 2007 Honda Civic 1.8VXi Sedan
- 2008 Mazda2 1.5 Individual
- 2009 Honda Accord 2.4 Executive
Baie geluk Volkswagen, vanjaar is julle werklik die volks se wagen!

Audi AG het onlangs hulle splinternuwe A8 in Miami, VSA bekendgestel. Die motor lyk nou nog meer soos ‘n groot A4, of dit nou goed of sleg is weet ek nie, maar die feit dat hulle dit reggekry het dat ‘n groot motor nou soos ‘n medium sedan vertoon, is ongelooflik.
Die nuwe A8 wemel van die tegnologie en ‘n mens kon sweer jy kyk na die nuwe Merc S-klas se spesifikasie lys as jy deur die nuwe geite gaan. Daar is volle LED-hoofligte, nagsig wat spesifiek uitkyk vir voetgangers, ‘n handskrifherkennende raakskerm vir die navigasiestelsel, Bang en Olufsen-klankstelsel; so gaan die lys aan.
Die onlangse Duitse motorskou is die hoogtepunt van elke Europese vervaardiger se uitstalkas.
Audi het hulle A5 Sportback hier vrygestel. Dit is eintlik n vierdeursedan met n koepeetipe daklyn soos in die Mercedes CLS. Die Sportback is langer as die A4 en groter as die A5-koepee. Hy het ook ‘n luikdeur met n geweldige groot begasieruim. Sy kopruimte binne is slegs 5 mm minder as dié in die A4. Die motor is dan ook eintlik n viersitplek en nie soos die A4 ‘n vyfsitplek nie. Enjins in die Sportback is dieselfde as in die A4; ons weet egter nog nie watter van hulle plaaslik beskikbaar sal wees nie. Audi het insgelyks hulle R8 Spyder bekendgestel. Die motor is toegerus met dieselfde V10 5,2-literenjin as die koepee. Die materiaaldak kan binne 19 sekondes afslaan en jy kan tot 50 km/u ry terwyl die die dak op- of afgeslaan word. Audi het ook ‘nn elektriese weergawe van die R8 aan die skougangers gewys. Die motor is nog net ‘n konsep maar met die pole wat so smelt kan die R8 gouer sonder sy V10-enjin wees as wat ons dink.
Bentley het ook n “kleiner” model bekendgestel. Die Mulsanne is nou wel meer kompak as die Brooklands en die Corniches waaraan ons gewoond geraak het, maar die motor is nog steeds een van die grootstes op die pad. Sy enjin is ‘n 6,75-liter V8 en die onderstel is effens korter as 5m. Oor die 600 ingeneurs het aan die ontwikkeling van die Mulsanne gewerk en Bentley sê dat hulle die uitlaatgasse met nog 40% oor die volgende drie jaar wil verminder. Die motor het snaakse lyne, maar is tog herkenbaar as ‘n egte Bentley.
BMW het soos gewoonlik die kluts weer heeltemal kwyt geraak. Hulle het die oplossing vir ‘n probleem wat nie daar was nie gaan uitdink. Die 5-reeks GT of Gran Turismo is bekendgestel. Wel wat kan ons sê, dit is net soos die X6 baie lelik en heeltemal onnodig. Die 5 GT is nou wel ‘n 5-reeks, maar sy onderstel is eintlik van die nuwe 7-reeks afkomstig. Binne is die motor pure BMW-weelde met ‘nn klein bietjie praktiese ondernemingsgees. Buite is die nuwe motor egter uit verhouding uit lank en lyk dit kompleet of dit ‘n liefdeskind tussen ‘n 1-reeks en ‘n 7-reeks is. Dit is amper iets soos Mercedes se R-klas. Wat wel onthullend aangaande die 5 GT is, is die feit dat dit waarskynlik ‘n goeie idee gee van hoe die 5-reeks gaan lyk, net sonder die groot luikrugdeur agter. Waaraan BMW nie gedink het nie, is om die motor net die GT of 8-reeks te genoem het. Dit verteenwoordig n mengesel tussen ‘n sportsedan, luikrug, veeldoelwa, stasiewa en ‘n limo… Ai tog BMW! Die X1 is net so vreemd. Nie dat die motor enigsins vreemd lyk nie; dit is n waardige, sagte veldvoertuig. Maar hoekom die X1? Die ding is net so groot soos die huidige X3, hoekom hom nie gewoon die X3 noem nie? Hy gaan net so duur wees soos die X3 en is ook nie regtig ‘n veldvoertuig nie. Die motor is boonop gebaseer op die huidige 3-reeks en nie die 1-reeks nie. Iemand by BMW rook iets.
Die Franse het nou maar eenmaal styl en oorspronklikheid. Citroën het hulle splinternuwe DS3 bekendgestel. Die DS-kenteken sal aan die bopunt van elke modelgroep staan, so met ander woorde die DS3 is aan die bopunt van die C3, die DS4 sal bo-aan die C4-modelreeks wees en die DS5 bo die C5. Citroën sê hulle wil die Mini en die Fiat 500 met dié outjie aanvat. Wel een ding is seker, die Citroën is heelwat groter as beide daardie retronommertjies. Die DS3 sal in petrol- en dieselweergawes beskikbaar wees. Net onder die DS3 is die splinternuwe C3. Dié nuweling is nie net langer en breër nie maar bied ook heelwat meer spasie in die binneruim. Sagter lyne as sy voorganger en meer moderne rondings maak die nuwe C3 nog meer aantreklik vir sy teikenmark. Nou is die C3 in dieselfde klas as sy naaste teenstander, die Ford Fiesta.
Sekerlik een van Ferrari se heel belangrikste motors is die F430, maar nou het die manne van Maranello die 458 Italia bekendgestel. Die 458 vervang die F430 en dit op sigself vertel die storie van hoe belangrik die motor is. Dit is die brood-en-botter-model van die Ferraristal, die goedkoopste Ferrari wat geld kan koop. Die enjin is ‘n 4,5-liter V8 met 413 KW en hope wringkrag. Trouens, die 458 beskik oor ‘n kwart meer wringkrag by 6000 toere as die F430 Scuderia. Die 458 gebruik ook die dubbelkoppelaar uit die Calafornia. Danksy die hulp van ‘n sekere mnr Schumacher is daar 140 kg afwaartse druk by 200 km/u. Die 458 Italia kan die 100km/u-merk binne 3,4 sekondes haal en sy asem sal eers by 323km/u opraak.
Soos ons nou al met die Koriane geleer het, doen hulle dinge baie vinnig. Die Hyundai Tuscon wat baie goed vir Hyundai oor die wêreld heen vaar, is so pas met die ix35 vervang. Dit sit die naamsveranderings van die i10, i20 en i30 voort, ix staan natuurlike vir 4×4-aandrywing. Nou ja, al die modelle in die ix35 reeks is darem nie 4×4 nie, daar is 4×2-modelle ook. Twee enjins word gebruik: ‘n 1,6-liter petrol met turbokrag wat 125 KW lewer en ‘n 2,0-liter turbodieseleenheid. Ons verwag die ix35 aan die begin van 2010 op plaaslike bodem.

aanhang voor jy jou Bentley of Maserati bestel, hier kom ‘n ding!
onder die Taurus sterreteken gebore – is Estoque die naam van die 90m swaard wat deur 'n stiervegter gebruik word. 