Bestuurshoof Stephan Winkelman het in Parys gesê hulle is vandag suksesvol en winsgewend en dit is hulle basis vir die twee-model strategie. Die volgende logiese stap sal 'n splinternuwe derde model wees. Hy sê hulle het die totale mark in oënskou geneem en besef dat 'n elegante maar baie sportiewe limousine ontbreek.
Anders as Lamborghini se twee bestaande modelle wat lae mylafstand, mooiweer naweek-motors is, sal die Estoque daagliks gebruik kan word. Met 'n kinkel in Lamborghini se tradisie om sy motors na vegtende bulle te vernoem – stigter Ferruccio Lamborghini is
onder die Taurus sterreteken gebore – is Estoque die naam van die 90m swaard wat deur 'n stiervegter gebruik word.
Die motorvervaardiger beleef dié eeu 'n kragtige opgroei. Nadat ongeveer 250 motors per jaar oor die afgelope 40 jaar verkoop is, het die maatskappy in 2003 meer as 1000 verkoop en vir die eerste keer, 2000 in 2006. In 2007 was daar 2406 verkope wat 'n styging van 15% teenoor 2006 was. Verkope is tans 40% vir Europa, 40% vir Noord-Amerika terwyl die res elders in die wêreld is.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.