praag.co.za

Moenie Mamma Mbeki bysleep, s? Zanu-PF

Written by

in

Patrick Chinamasa het oproepe van die MDC verwerp dat President Mbeki tussenbeide moet tree om die dooiepunt oor verdeling van kabinetsposte op te los.

Mbeki, wat die magsdelingsooreenkoms beding het, is SAOG se onderhandelaar in Zimbabwe, en SAOG verwag van hom om steeds betrokke te wees in die proses om vrede in dié land te probeer bewerkstellig. Dit is selfs nadat hy op 21 September 2008 bedank het as die president van Suid-Afrika.

"Ek dink nie dat die verdeling van ministeries 'n saak is wat na die fasiliteerder (Mbeki) verwys kan word nie. Ons kan nie elke keer as daar verskille in opinies ontstaan iemand van buite af inroep om te help met bemiddeling nie," het Chinamasa in die Herald-koerant gesê.

"Selfs as mens 'n getroude paartjie is, kan mens nie die situasie hê waar die vrou elke keer na haar ma toe hardloop as daar 'n probleem is nie. Indien daar denke in dié rigting is, moet dit staak, in belang van die harmonie van die verhouding," het hy verder bygevoeg.

Dinsdag het Mugabe en Tsvangirai weer verder onderhandel, maar daar is steeds geen finale planne omtrent die samestelling van die kabinet nie.

Volgens die ooreenkoms wat die eertydse vyande op 15 September geteken het, moet Mugabe se party 15 van die 31 poste in die kabinet kry, Tsvangirai se MDC moet 13 poste kry en 'n wegbreekfaksie van die MDC onder leiding van Arthur Mutambara moet 3 poste kry.

Die MDC blameer Mugabe dat hy al die sleutelposte vir Zanu-PF wil hê, byvoorbeeld buitelande sake, binnelandse sake en finansies. Westerse regerings wil weer hê dat die MDC die sleutelposte moet beklee en sodoende die sterker posisie in die regering moet inneem.

Die MDC-woordvoerder, Nelson Chamisa, het Dinsdag aan die Deutsche Presse-Agentur gesê dat hulle by SAOG gekla het oor dié toedrag van sake. "Ons het die Maartverkiesing gewen, maar nou wil hulle (Zanu-PF) hê dat ons tweede viool moet speel," het Chamisa gesê.

"Ons hoop dat hulle (SAOG en die AU) gou tussenbeide sal tree om die dooiepunt te help oplos," het hy verder bygevoeg. 'n Regering van nasionale eenheid wat hulp en investering die land inbring, word gesien as die enigste oplossing vir Zimbabwe se finansiële ineenstorting. Die September-ooreenkoms het Mugabe se 28 jaar van regering beëindig, maar noudat die euforie verby is, is daar van Mugabe se ondersteuners wat vasskop teen die magsdeling met die MDC.

Ná sy terugkeer van die VN se algemene vergadering in New York, het Mugabe gesê dat die regering teen die einde van die week opgestel sal wees.

Tsvangirai het oor die naweek gesê dat 'n nuwe regering dringend nodig was om hongersnood in die land af te weer. Die land se voedselproduksiekapasiteit is uitgewis deur 'n voorafgaande dekade van rampspoedige beleidsbesluite.

пробурить артезианскую скважину ценаФильчаков прокурор харькова

Comments

Leave a Reply