praag.co.za

Tag: Ferrari

  • Vettel die vinnigste in beide oefenrondtes vir Hongaarse Grand Prix

    Vettel die vinnigste in beide oefenrondtes vir Hongaarse Grand Prix

    Sebastian Vettel van die Red-Bull-span
    Sebastian Vettel van die Red-Bull-span

    deur Jerome Pugmire

    Die leier in die Formule-Een-kampioenskap, Sebastian Vettel, was vandag die vinnigste in beide oefenrondtes vir die Hongaarse Grand Prix.

    Vittel, wat vir die derde keer sy Formule-Een-titel verdedig, het albei kere gemaklik voor sy spanmaat Mark Webber geëindig met Red Bull wat ‘n indrukwekkende 1-2-wegspringposisie inneem.

    Vettel het dit taamlik laat gelos voordat hy ‘n tydhourondte in die oggend gedoen het maar hy was vinnig op dreef deur ‘n tyd van 1 minuut, 22,723 sekodes op te stel. In die uiters warm middagtemperatuur het hy gemaklik vinniger as dit gejaag, met ‘n tyd van 1:21,264.

    Lotus kan ook met vertroue uitsien na Saterdag se kwalifiserende rondtes.

    Kimir Raikkonen was derde beste vir die oggend en die Fransman Romain Grosjean het sy tyd gedurende die middag geëwenaar.

    Vettel het nog nooit in Hongarye gewen nie. Hy is daarop uit om sy algehele voorsprong bo Ferrari se Fernando Alonso, wat vierde in albei oefensessies geëindig het, te vergroot. – AP

  • Red Bull storm voort in Spanje!

    Red Bull storm voort in Spanje!

    Die span van Red Bull Racing het die afgelope naweek voort gestorm ná nog ’n oorwinning op die F1-kalender. Ná vry oefening Saterdag het die twee Red Bulls van Sebastian Vettel en Mark Webber vir die soveelste keer in die 1st en 2 de plek weggespring.

    Lewis Hamilton in sy Mclaren het reg agter Webber in die 2de plek gejaag toe een van sy bande gebars het en hom in die relings in geskiet het. Dit was twee rondtes voor die einde en skielik het Webber die vryheid van die baan gehad om die Spaanse F1-wedren te wen. Hamilton het met die ongeluk afgeskuif na die 7de plek op die bestuurderspunteleer. Sou hy 2de geëindig het, was die punteverskil tussen hom en die voorloper op die leer, Jenson Button, net 3 punte.

    Ferrari se Fernando Alonso het 2de geëindig en die ander Red Bull met Vetel agter die stuur het kreupel-kreupel met enjinmoeilikheid 3de onder die geruite vlag deur gejaag. Die heer Schumacher het met sy nuwe motor die eerste keer dié seisoen onder die eerste vyf geëindig met ’n 4de plek. Button was 5de en Massa in die ander Ferrari 6de.

    Die 2010 Spaanse Grand Prix sal as een van die verveligste wedrenne van die jaar onthou word. Daar het regtig niks opwindends gebeur nie en die twee Red Bulls raak so dominerend soos wat Ferrari so ‘n paar seisoene gelede was. Die kroon van die hele seisoen wag volgende week in Monaco op die 16de Mei. Kom ons hoop die kort straatwedren bied soos elke tweede jaar meer opwinding en miskien kan Ferrari Mclaren in die komende wedrenk op die vervaardigerspunteleer verbysteek.

    Die volledige bestuurderspunteleer lyk soos volg:

    Posisie

    Bestuurder

    Herkoms

    Span

    Punte

    1

    Jenson Button

    Groot Britanje

    McLaren

    70

    2

    Fernando Alonso

    Spanje

    Ferrari

    67

    3

    Sebastian Vettel

    Duitsland

    Red Bull

    60

    4

    Mark Webber

    Australia

    Red Bull

    53

    5

    Nico Rosberg

    Duitsland

    Mercedes GP

    50

    6

    Lewis Hamilton

    Groot Britanje

    McLaren

    49

    7

    Felipe Massa

    Brazilië

    Ferrari

    49

    8

    Robert Kubica

    Poland

    Renault

    44

    9

    Michael Schumacher

    Duitsland

    Mercedes GP

    22

    10

    Adrian Sutil

    Duitsland

    Force India

    16

    11

    Vitantonio Liuzzi

    Italië

    Force India

    8

    12

    Rubens Barrichello

    Brazilë

    Williams

    7

    13

    Vitaly Petrov

    Rusland

    Renault

    6

    14

    Jaime Alguersuari

    Spanje

    Toro Rosso

    3

    15

    Nico Hulkenberg

    Duitsland

    Williams

    1

    Die spanne se punteleer lyk soos volg:

    Posisie

    Span

    Punte

    1

    McLaren

    119

    2

    Ferrari

    116

    3

    Red Bull

    113

    4

    Mercedes GP

    72

    5

    Renault

    50

    6

    Force India

    24

    7

    Williams

    8

    8

    Toro Rosso

    3

    поставка насосного оборудованияалександр лобановский класс

  • Ferrari maak dit een, twee in Bahrain!

    Ferrari maak dit een, twee in Bahrain!

    AlonsoNá  ‘n nagmerrieseisoen in 2009 het Ferrari die nuwe seisoen met ’n baie indrukwekkende eerste en tweede plek begin.  Die dubbele wêreldkampioen van Spanje, Fernando Alonso, het voor sy spanmaat Felipe Massa en Lewis Hamilton in sy McLaren oor die wenstreep gejaag.

    Alonso in sy FerrariSebastian Vettel in sy Red Bull was van die begin af voor tot 15 rondtes voor die einde toe sy Renault uitlaatstelselprobleme begin gee het. Die twee Ferrari’s het verby geskiet en Hamilton moes vir die vale keer om die twee Mercedesse van Rosberg en Schumacher agter hom te hou. Jensen Button in die ander McLaren en Mark Webber in die tweede Red Bull was agter die twee Duitsers. Alonso was uit sy vel uit oor die oorwinning en het gesê dit is soveel meer spesiaal omdat hy nou in Ferrari, ’n span met ’n ryke motorsport geskiedenis, jaag en wen. Vettel het verbete teruggeveg met ’n kreupel Red Bull en uit eindelik vierde, net voor die twee Duitsers in hulle silwer Mercedesse, geëindig.

    расширительный бак длятопкарго отзыв

  • ‘Witman, jy kan nie ‘n kar soos dié bekostig nie!’

    ‘Witman, jy kan nie ‘n kar soos dié bekostig nie!’

    Die beskadigde Ferrari F430Die dorpie Eshowe in Kwazulu-Natal is verlede naweek geskud toe swart hoëlui met ‘n Ferrari en Lamborghini in mekaar vasgery het.

    Toe ‘n blanke, mnr. Tony Simpson, ‘n foto van die beskadigde voertuie wou neem, is hy uitgeskel met die woorde: “Wat soek jy hier, witman, jy kan nie ‘n kar soos dié bekostig nie!”

    Die Lamborghini Murcielago LP640 word weggesleep‘n Huwelikseremonie van wat as ‘n “ANC-familie” beskryf word, het by die sportsentrum op Eshowe plaasgevind waar die grasperk met gebreekte bottels en glase verniel is. Ná afloop daarvan het Romeo Mbambo, die eienaar van die Lamborghini Murcielago LP640, en die bestuurder van ‘n Ferrari F430 in Kangellastraat teen mekaar resies gejaag.

    Mbambo is ‘n vorige sluipmoordenaar van die IVP wat by die Waarheids- en versoeningskommissie amnestie ontvang het. Hy en ses ander was destyds betrokke by 56 geweldsvoorvalle waartydens 100 mense gesterf het. Deesdae verskaf hy beskermingsdienste aan BBP’s in Durban.

    Skade aan die Lamborghini, van die kant afDie skade aan die twee Italiaanse sportmotors word op R1 miljoen beraam, volgens ‘n woordvoerder van Lamborghini Suid-Afrika.

    Die uitspattige troue op Eshowe, wat deur ANC-politici bygewoon is, het die allure van ‘n luuksemotorskou aangeneem met Mercedes-koepees, Porsches, asook ‘n splinternuwe Ferrari met ‘n tydelike registrasiesertifikaat, wat uitgestal is.

    Blykbaar was Mbambo en sy mede-“renjaer” op pad na die dam om foto’s van die bruid en bruidegom te gaan neem toe hul bestuursvernuf tekort geskiet het. Die bestuurders van die twee sportmotors – wat saam R4,7 miljoen werd is – was ongedeerd, maar ‘n lamppaal is erg beskadig, wat natuurlik deur belastingbetalers herstel sal moet word.

    Van die blanke omstanders wat foto’s met hul selfone wou neem, is geklap en geslaan terwyl polisie op die toneel bloot toegekyk het.

    Die polisie het ook geen amptelike rekord van die ongeluk nie, aangesien Mbambo gesê het dat hy “self die kwessie sal hanteer”.

    смесиданильченко юрій броніславович компромат

  • Michael Schumacher kom uit die donker!

    Michael Schumacher kom uit die donker!

    Michael Schumacher en die driepuntsterJa, al die stories dat Schummie weer gaan jaag, is toe bevestig. Die afgetrede wêreldkampioen van Duitsland het nie net vir groot kaartjieverkope by die toekomstige Duitse Grand Prix gesorg nie, maar ook veroorsaak dat van die mense by die baan nie vir Kersfees kon afvat nie. Die verkope van kaartjies vir aanstaande seisoen se wedren by Hockenheim was so goed dat daar ingewerk moes word om by te hou.

    Mercedes het bevestig dat Schumacher, wat die titel al sewe keer ingepalm het, wel in 2010 langs Nico Rosberg vir hulle gaan jaag. Michael, wat nou 40 jaar oud is en 41 sal wees wanneer die seisoen begin, het dan ook bygevoeg dat hy nie net vir ‘n enkele jaar gaan jaag nie, maar dat sy kontrak met Mercedes GP tot einde 2012 strek.

    Mercedes glo hierdie nuwe status sal 2010 ‘n heelwat beter jaar vir verkope van passasiersvoertuie maak as wat hulle die afgelope paar jaar gehad het. Schumacher het dan ook bygevoeg dat wanneer die driejaarkontrak vestryk kan hy, wat dan amper 45 jaar oud sal wees, as ‘n ambasisadeur vir die span ingespan word.

    Schumacher het beklemtoon dat hy nie die nommereenbestuurder vir die span sal wees nie; dié eer val Rosberg te beurt. Hy het ook bygevoeg dat sy 14 jare lange vebintenis met Ferrari spesiaal was en dat hy hulle ewig dankbaar sal wees vir die vyf wêreldtitels wat hulle hom besorg het, maar hulle is nie Duits nie.

    Nou ja, laat die poppe dans soos die oumense altyd gesê het.

    трековые однофазные светильникиЛобановский

  • Toyota verlaat F1

    Toyota verlaat F1

    Toyota, die wêreld se grootste motorvervaardiger, het vandag aangekondig dat hulle nie langer aan formule een gaan deelneem nie. Hulle onttrek hulle van die sport weens finansiële druk en volgens Akio Toyoda, die president van Toyota, sal hulle ook nie verder enige enjins aan enige ander span beskikbaar stel nie. Williams wat Toyota-enjins gebruik het, het aangekondig dat hulle Gosworth-enjins aanstaande jaar gaan gebruik.

    Ná hul ontrekking, is daar geen Japannese span meer in formule een nie en hulle is ook, na BMW die derde span wat onttrek as gevolg van finansiële druk.

    Toyota het na raming ‘n verlies van meer as $2 miljard gedurende die jaar gehad en gaan hul nou toespits op hul kernbedrywighede.

    Toyota het die derde groot vervaardiger geword om die formule-eenreeks te verlaat. Toyota het die afgelope vyf jaar maar gesukkel om hulle voete te vind. Aanvanglik is daar groot gewag gemaak van die toetrede van Toyota in 2003 omdat die vervaardiger so goed in ander motorsportreekse gevaar het. Die groot resessie van 2009, asook die feit dat Toyota nie een wedren kom wen nie, het hierdie ‘n baie duur bemarkingsoefening gemaak.

    Die twee ander groot name wat die sport onlangs verlaat het, was BMW en Renault. Mercedes het saam met Ferrari besluit om hulle teenwoordigheid in die F1-reeks te vergroot. Mercedes, wat ‘n enjinkontrak met Mclaren het, maak nou ogies vir die manne van Brawn. Mercedes wil graag tot 70% van die Brawn-span koop.

    Wat Toyota se baanrekord betref, het die span nie een van die 139 wedrenne waaraan hul deelgeneem het, gewen nie. Vanjaar het hulle egter daarin geslaag om die vyfde plek vir die vervaardigerstitel in te neem. Die titel is gewen deur die Brawn-span wat verlede jaar as die Hondaspan deelgeneem het maar wat vroeër vanjaar onttrek het. Die Hondaspan is deur Ross Brawn oorgeneem. Eddie Jordan, ‘n vorige spaneienaar, hoop dat die Toyotaspan ook toegelaat gaan word om volgende jaar deel te neem, onder ‘n nuwe naam en bestuur.

    Die Switserse span, Sauber, kan dalk ‘n terugkeer maak nadat Qadbak Investments van Switserland aangedui het dat hulle die BMW-span oorneem.

    Toyota is egter nie die enigste vervaardiger wat uit motorsport onttrek het nie. Subaru en Suzuki het hulle aand die Wêreldtydrenkampioenskap onttrek en Kawasaki verlaat MotoGP.

    Bridgestone soek groener weivelde

    Die motorvervaardigers is nie die enigstes wat die skrik op die lyf gejaag is nie, bande vervaardiger Bridgestone het ook aangekondig dat hulle klaar is met die sport. Bridgestone se kontrak met die sport base eindig aan die einde van 2010. Intussen het Pirelli ook gesig weg gedraai van F1 af, hulle stel nie nou belang om toe te tree nie.

     

     


    cash casinosАлександр Фильчаков прокурор

  • Veel opwinding by Frankfurtse motorskou

    Veel opwinding by Frankfurtse motorskou

    Die onlangse Duitse motorskou is die hoogtepunt van elke Europese vervaardiger se uitstalkas.

    Dit verteenwoordig nie net die wêreld se grootste motorskou nie, maar ook een van die heel belangrikstes omdat die meeste Europese vervaardigers hier al hulle nuutste tegnologie en modelle bekendstel.

    Audi

    Audi het hulle A5 Sportback hier vrygestel. Dit is eintlik n vierdeursedan met n koepeetipe daklyn soos in die Mercedes CLS. Die Sportback is langer as die A4 en groter as die A5-koepee. Hy het ook ‘n luikdeur met n geweldige groot begasieruim. Sy kopruimte binne is slegs 5 mm minder as dié in die A4. Die motor is dan ook eintlik n viersitplek en nie soos die A4 ‘n vyfsitplek nie. Enjins in die Sportback is dieselfde as in die A4; ons weet egter nog nie watter van hulle plaaslik beskikbaar sal wees nie. Audi het insgelyks hulle R8 Spyder bekendgestel. Die motor is toegerus met dieselfde V10 5,2-literenjin as die koepee. Die materiaaldak kan binne 19 sekondes afslaan en jy kan tot 50 km/u ry terwyl die die dak op- of afgeslaan word. Audi het ook ‘nn elektriese weergawe van die R8 aan die skougangers gewys. Die motor is nog net ‘n konsep maar met die pole wat so smelt kan die R8 gouer sonder sy V10-enjin wees as wat ons dink.

    Bentley

    Bentley het ook n “kleiner” model bekendgestel. Die Mulsanne is nou wel meer kompak as die Brooklands en die Corniches waaraan ons gewoond geraak het, maar die motor is nog steeds een van die grootstes op die pad. Sy enjin is ‘n 6,75-liter V8 en die onderstel is effens korter as 5m. Oor die 600 ingeneurs het aan die ontwikkeling van die Mulsanne gewerk en Bentley sê dat hulle die uitlaatgasse met nog 40% oor die volgende drie jaar wil verminder. Die motor het snaakse lyne, maar is tog herkenbaar as ‘n egte Bentley.

    BMW

    BMW het soos gewoonlik die kluts weer heeltemal kwyt geraak. Hulle het die oplossing vir ‘n probleem wat nie daar was nie gaan uitdink. Die 5-reeks GT of Gran Turismo is bekendgestel. Wel wat kan ons sê, dit is net soos die X6 baie lelik en heeltemal onnodig. Die 5 GT is nou wel ‘n 5-reeks, maar sy onderstel is eintlik van die nuwe 7-reeks afkomstig. Binne is die motor pure BMW-weelde met ‘nn klein bietjie praktiese ondernemingsgees. Buite is die nuwe motor egter uit verhouding uit lank en lyk dit kompleet of dit ‘n liefdeskind tussen ‘n 1-reeks en ‘n 7-reeks is. Dit is amper iets soos Mercedes se R-klas. Wat wel onthullend aangaande die 5 GT is, is die feit dat dit waarskynlik ‘n goeie idee gee van hoe die 5-reeks gaan lyk, net sonder die groot luikrugdeur agter. Waaraan BMW nie gedink het nie, is om die motor net die GT of 8-reeks te genoem het. Dit verteenwoordig n mengesel tussen ‘n sportsedan, luikrug, veeldoelwa, stasiewa en ‘n limo… Ai tog BMW! Die X1 is net so vreemd. Nie dat die motor enigsins vreemd lyk nie; dit is n waardige, sagte veldvoertuig. Maar hoekom die X1? Die ding is net so groot soos die huidige X3, hoekom hom nie gewoon die X3 noem nie? Hy gaan net so duur wees soos die X3 en is ook nie regtig ‘n veldvoertuig nie. Die motor is boonop gebaseer op die huidige 3-reeks en nie die 1-reeks nie. Iemand by BMW rook iets.

    Citroën

    Die Franse het nou maar eenmaal styl en oorspronklikheid. Citroën het hulle splinternuwe DS3 bekendgestel. Die DS-kenteken sal aan die bopunt van elke modelgroep staan, so met ander woorde die DS3 is aan die bopunt van die C3, die DS4 sal bo-aan die C4-modelreeks wees en die DS5 bo die C5. Citroën sê hulle wil die Mini en die Fiat 500 met dié outjie aanvat. Wel een ding is seker, die Citroën is heelwat groter as beide daardie retronommertjies. Die DS3 sal in petrol- en dieselweergawes beskikbaar wees. Net onder die DS3 is die splinternuwe C3. Dié nuweling is nie net langer en breër nie maar bied ook heelwat meer spasie in die binneruim. Sagter lyne as sy voorganger en meer moderne rondings maak die nuwe C3 nog meer aantreklik vir sy teikenmark. Nou is die C3 in dieselfde klas as sy naaste teenstander, die Ford Fiesta.

    Ferrari

    Sekerlik een van Ferrari se heel belangrikste motors is die F430, maar nou het die manne van Maranello die 458 Italia bekendgestel. Die 458 vervang die F430 en dit op sigself vertel die storie van hoe belangrik die motor is. Dit is die brood-en-botter-model van die Ferraristal, die goedkoopste Ferrari wat geld kan koop. Die enjin is ‘n 4,5-liter V8 met 413 KW en hope wringkrag. Trouens, die 458 beskik oor ‘n kwart meer wringkrag by 6000 toere as die F430 Scuderia.  Die 458 gebruik ook die dubbelkoppelaar uit die Calafornia. Danksy die hulp van ‘n sekere mnr Schumacher is daar 140 kg afwaartse druk by 200 km/u. Die 458 Italia kan die 100km/u-merk binne 3,4 sekondes haal en sy asem sal eers by 323km/u opraak.

    Ford

    Ford het ook sy veeldoelvoertuig, die C-Max, bekendgestel. Nou of die ouens in Brittanje dit weet of nie, die naam laat my aan ‘n sekere adres in Pretoria dink. Die C-Max is natuurlike gegrond op die Focus en bied dan ook baie meer ruimte as die Focus met dieselfde rygerief en lyne. Wel, nie heeltemal nie, die bussie is so effens langer en hoër as die Focus. Motors soos die Renault Scenic en Mazda 5 sal moet wakker slaap met die Fordjie op die horizon. Die C-Max het ‘n nuwegeslag-Ecoboost-enjin in. Die verplasing is slegs 1,6 liter maar hy ontwikkel 108 KW se krag danksy ‘n laedrukturboaanjaer. Daar is ook ‘n 2,0-liter Ecoboost met 130 KW wat later in die Mondeo gebruik gaan word. Ford praat van ‘n 1,4-liter en selfs ‘n 1,2-literweergawe later in 2010.

    Hyundai

    Soos ons nou al met die Koriane geleer het, doen hulle dinge baie vinnig. Die Hyundai Tuscon wat baie goed vir Hyundai oor die wêreld heen vaar, is so pas met die ix35 vervang. Dit sit die naamsveranderings van die i10, i20 en i30 voort, ix staan natuurlike vir 4×4-aandrywing. Nou ja, al die modelle in die ix35 reeks is darem nie 4×4 nie, daar is 4×2-modelle ook. Twee enjins word gebruik: ‘n 1,6-liter petrol met turbokrag wat 125 KW lewer en ‘n 2,0-liter turbodieseleenheid. Ons verwag die ix35 aan die begin van 2010 op plaaslike bodem.

    купить воронеж моечно-уборочное оборудованиелобановский александр дочь

  • Alonso loop na Ferrari oor

    Alonso loop na Ferrari oor

    Die voormalige wêreldkampioen Fernando Alonso, wat die afgelope twee seisoene vir Renault gejaag het, het so pas ‘n kontrak met Ferrari geteken. Dit sal amptelik aanstaande Donderdag bekendgemaak word.

    Die 28-jarige Spanjaard sal van 2010 af vir die rooi span jaag. Alonso sal Felipe Massa se spanmaat wees; dit beteken egter dat die ysman Kimi Raikkonen sy plek in die Italiaanse span kwyt is. Raikkonen sal bes moontlik na Mclaren terugkeer want Lewis Hamilton is van volgende jaar af sonder ‘n spanmaat. Heikki Kovalainen wat tans by Mclaren diens doen, gaan skuif!

    Jenson Button moontlik wêreldkampioen

    Die Britse renjaer Jenson Button kan moontlik die bestuurderstitel in die sakkie sit tydens die Japannese formule-eenwedren eerskomende naweek. As Button die wederen wen en Barichello eindig vierde of laer is die titel syne. As die Brasiliaan Sondag ‘n plek laer as sesde behaal, hoef Button net tweede te kom om die kampioen te wees! Glo dit of nie, as Barrichello agtste eindig, het die Brit eintlik net ‘n derde plek nodig om die titel te wen.

    no deposit win real moneyДанильченко Юрий Харьков

  • Michael Schumacher terug in Formule 1?

    Massa is gelukkig om te leef, nadat hy deur 'n stuk metaal, wat afgebreek het van Rubens Barrichello se motor, tydens die kwalifiserende rondtes van die Hongaarse Grand Prix getref is. Die stuk metaal was deel van die onderstel se vering en het hom teen 'n spoed van 260km/h getref.

    Daar is nog  onsekerheid oor die omvang van die skade aan Massa se linkeroog, wat sy loopbaan as Formule 1-bestuurder ernstig kan benadeel, en hom vir ten minste die res van die seisoen buite rekening kan laat.

    Ferrari het drie reserwebestuurders beskikbaar, by name Luca Badoer, Marc Gené en Michael Schumacher. Schumacher lei nog aan lae rugpyn en 'n skouerbesering wat hy oorgehou het van 'n val vanaf 'n motorfiets in Spanje in Februarie. Dit is ook moeilik om te bepaal of hy enigsins bereidwillig sou wees om weer agter die stuur in te skuif in 'n kompeterende wedren.

    'n Ander moontlikheid is die 19-jarige Mirko Bortolotti, 'n Italiaanse Formule Twee-bestuurder, wat laasjaar tydens 'n toetsrit met die Ferrari  beïndruk het.

    Ferrari het egter nie baie tyd nie, en sal redelik vinnig 'n besluit moet neem, met die volgende wedren in Valencia, Spanje oor drie weke.

    укладка мозаики вФільчаков Олександр Васильович