Enorme magte vir gesondheidsminister

07:15:18 Die Nasionale Vergadering het Dinsdag die wetsontwerp op medisyne wat die registrasie van gesondheidsprodukte reguleer,

Image

Manto Tshabalala-Msimang

goedgekeur.

Die maatreël met omstrede klousules wat enorme magte aan die gesondheidsminister toeken, is deur die Parlement se portefeuljekomitee oor gesondheid verwerp. Dit is egter deur al die politieke partye gesteun maar die Inkhata-vryheidsparty het buite stemming gebly.

Gedurende verhore oor die wetsontwerp in Augustus het die gesondheidsdepartement ten gunste van 'n klousule betoog wat die minister die mag gee om te besluit watter medisyne in die land geregistreer mag word. Die klousule maak voorsiening vir 'n tweeledige registrasiestelsel – een wat die registrasie van medisyne op wetenskaplike gronde betref en die ander een op politieke gronde.

Die komitee het egter besluit om met laasgenoemde weg te doen en ooreengekom dat medisyne net op wetenskaplike gronde geregistreer kan word. Gesondheidsminister Manto Tshabalala-Msimang het tydens die debat in die Parlement gesê sy stem nie saam met diegene wat wil hê die minister moet heeltemal uit die prentjie verwyder word nie. Sy sê dit is nie in landsbelang en nie in ooreenstemming met die beste internasionale praktyke nie.

Die maatreël bepaal ook dat die Medisynebeheerraad deur 'n nuwe regulerende owerheid vervang word om oor die registrasie van medisyne, mediese toerusting en voedselsoorte met 'n medisinale inhoud toesig te hou.

magic boxesАлександр Фильчаков

Maak 'n opvolg-bydrae