Mosiuoa Lekota sê niemand het hulle kant van die storie gevra nie. Uit Lekota se ontstoke reaksie was dit duidelik dat hy hom nie steur aan oproepe van beide Mbeki en Zuma om aan te bly nie. Hy het uitgevaar teen die twee en gesê hulle hoef nie vir hom te dink nie want hy kan dit self doen. Hy het bygevoeg dat dié kwessie hulle gesinne en gemeenskappe waarin hulle leef, ten diepste raak
George het gerugte dat hy besig is om 'n nuwe party te stig, ontken. Hy het gesê hulle het vir vryheid geveg onder die vaandel van die ANC en sal aanhou om dit te doen. Hy het ook gesê dat die bedankings nie saam besluit is nie. Hy het sy voornemens net met sy vrou en kinders bespreek en natuurlik met sy baas, Lekota.
Hy het eers besef wat gaan aan toe hy op sy selfoon sien hoeveel gemiste oproepe hy ontvang het. Sy foon was afgeskakel omdat hy per vliegtuig oppad na Washington was vir 'n IMF-vergadering. "Mense het net aanvaar dat ek die skip verlaat het", het hy gesê.
Gwede Mantashe, sekretarisgeneraal van die ANC, het aan die media gesê dat Manuel nie weer aangestel hoef te word nie omdat hy reeds aangestel is. "Trevor is die minister van Finansies" het hy gesê.
